Graag gee ons erkenning aan een van ons oud-Jannes, naamlik Christiaan Boshoff, wat onlangs sy SA-klere vir “bass”-hengel verwerf het. Die kompetisie het in Witbank onder gure weersomstandighede plaasgevind.
Christiaan is tans ‘n matriekleerling by Paul Roos Gimnasium, en ons is saam met sy ouers, Louis en Esna, baie trots op sy merkwaardige prestasie.