Skrywer: Megan Zondagh

Boodskap van Merwe Scholtz, Beheerraadvoorsitter

Beste JvR-ouers,   Koöpteer van beheerraadslede   Ek glo dat dit goed met julle en jul kinders gaan en dat julle die skool geniet.    Daar is van ons beheerraadslede wie se termyn in die komende maande tot ‘n einde kom. Daar is vele strategiese kwessies op die horison, insluitend ingrypende wysigings tot die skolewet. Ter selfde tyd moet ons vir Naas en sy span die nodige ruimte skep om voort te gaan met die uitstekende werk wat hulle doen en ons unieke skoolomgewing met sy wees jouself-manier van doen te handhaaf en verder uit te bou. Dit midde die toenemende finansiële voetwerk wat nodig is om in ‘n openbare skool die boeke te laat klop.   Ek doen ‘n beroep op minstens twee van ons ouers wat volgende jaar kinders in graad R, 1, 2 of 3 het wat belangstel en bereid is om betrokke te raak. Kontak my (mscholtz@genfin.co.za). Ons het spesifiek ‘n behoefte aan finansiële kundigheid en breër bestuursvaardighede.   Dit is nodig om ouers wat kinders het wat minstens nog 5 jaar by ons op skool is tot die beheerraad te verkies, sodat hulle twee termyne kan dien en so die nodige kontinuïteit kan verskaf.   Stuur asseblief ook aan ander ouers wat julle voel kan help.   Groetnis,   Merwe 082 783...

Lees Verder

Ouersportdag 2025 – Slegs 1 span oor!

Maak reg vir pret, spanpoging en sportgees! Saterdag, 29 November 2025, van 08:30 tot 17:30 bied ons die opwindende Ouersportdag aan. Kom wys jou vaardighede in: Netbal 7’s Raakrugby 8’s Hokkie Aflosswem Tennis Skaak Daar is nog slegs plek vir 1 span, bestaande uit 16–20 lede. Moenie uitmis nie – dit beloof ’n dag vol lag, kompetisie en lekker saamwees. ???? Skakel of WhatsApp Danielle le Clus-Rossouw by 082 923 5903 om meer inligting te kry en jou span se plek te...

Lees Verder

Skoollied

Waar Suidoos se spierwit pluime oor ou Tafelberg afval, en teen Vlaeberg se hange die kanonskoot twaalfuur knal: waar die see se blinkblou branders teen ou Tafelbaai aanspoel, staan ons skool, die Jan van Riebeeck, met ‘n groot en edel doel. Vas en stewig soos die berge is ons moedertaal geplant, liefde daarvoor sal ons uitdra oor ons hele vaderland. In ons werk en in ons lewe streef ons al wat goed is na, want ons skool sal van ons altyd net die allerbeste vra. Woorde: Alba Bouwer Musiek: H. Pieter v.d....

Lees Verder

Jannies blink uit by wiskundeolimpiade

Baie geluk aan die volgende Jannies wat die Top 100 in die land tydens die Horizon wiskundeolimpiade behaal het! Hier volg hul posisies uit 25 000 inskrywings.  Jamie Jordaan (Gr.6) – 28ste Ruben de Ridder (Gr.7) – 70ste Katryn Silvis (Gr.7) – 5de Welgedaan Jannies! Ons is vreeslik trots op...

Lees Verder

Ondersteun die skool deur jou MySchool-kaart te gebruik

Wat is ‘n MySchool-kaart? Die MySchool-kaart is ’n maklike manier om jou skool te ondersteun sonder dat dit jou iets ekstra kos. Elke keer as jy met jou kaart by deelnemende winkels betaal, skenk die winkel ’n persentasie van jou aankoop direk aan ons skool. Jy dra dus by tot waardevolle projekte en hulpbronne, eenvoudig deur jou alledaagse inkopies te doen. Registreer by hierdie skakel: Registreer:...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 22 Augustus 2025

Week 5 van kwartaal 3 kom tot ’n einde met die interskole-deelname van die afgelope naweek teen Laerskool Dirkie Uys wat nog vars in ons geheue is. Ons sportspanne het vanjaar weereens deur die bank puik gevaar met die skaakwedstryde wat op Dinsdag, 12 Augustus, hokkiewedstryde wat op Vrydag, 15 Augustus, en die rugby- en netbalwedstryde wat op Saterdag, 16 Augustus, te Moorreesburg plaasgevind het. Laat my toe om al ons eerstespanne (skaak, dogtershokkie, seunshokkie, netbal en rugby) hartlik geluk te wens met hul onderskeie uitslae asook onoorwonne status vir die derde agtereenvolgende jaar: Skaak A-span wen 5 – 1 Dogtershokkie (o/13A) wen 3 – 0 Seunshokkie (o/13A) speel gelykop 1 – 1 Netbal (o/13A) wen 15 – 11 Rugby (o/13A) wen 36 – 28 Gunstige tellingborde is beslis nie al waaroor interskole vir my gaan nie, maar eerder oor sportmanskap, deursettingsvermoë, spanwerk, karakterbou en die geleentheid vir ons leerders om ook nuwe vriende te maak. Ek wil nie graag ’n span uitsonder nie, maar wil spesiale melding van die o/13A-rugbyspan maak. Om tydens halftyd, tydens ’n moeilike en fisieke interskolewedstryd, 10 – 28 agter te wees en dinge werk eenvoudig nie volgens wedstrydplan nie, kon dit vir seker so maklik vir ons seuns gewees het om net eenvoudig op te gee en toe te laat dat die spreekwoordelike God se water oor God se akker loop. Die meeste...

Lees Verder

Senior Koortoer na George: 9-11 Augustus

Die senior koor het die afgelope naweek na George getoer om aan die Cantamus Nasionale Skole Koorfees en -kompetisie deel te neem. Die koor het vroeg Saterdagoggend uit Kaapstad vertrek en reeds Saterdagmiddag by ’n konsert in die George Burgersentrum gesing. Deel van die opwinding en spesiale belewenis was die geleentheid om na ander kore van regoor die land te luister. Die kompetisie het Sondagmiddag plaasgevind, en die koor het deelgeneem in die kategorie vir laerskoolkore. Ons senior koor het vier liedere gesing, waaronder die bekende Afrikaanse kunslied “Malie, die slaaf, se lied” van S. le Roux Marais. Die aand is afgesluit met ’n prysuitdelingseremonie waar ons aangewys is as die wenners in die kategorie vir laerskoolkore. Ons het ook ’n algehele derde plek behaal, met ’n gemiddelde persentasie van 85%. Ons is ongelooflik dankbaar vir die positiewe uitslag en verheug dat die leerders se harde werk en toewyding op hierdie manier beloon is. Dit was ’n trotse oomblik wat die koor vir altyd sal bybly. ’n Besonderse woord van dank gaan aan mnr. Leon Starker vir sy leiding en geloof in die koor. Ons koormammas verdien ook elk ’n massiewe “dankie” vir hul ondersteuning en hulp met die organisering en bestuur van die toer: Joanita du Toit, Thelma Janse van Rensburg, Louiza Rademan, Coreen Scholtz, Suzanne Jacobsz, Samantha le Roux en Catherine Lawson. Dankie ook aan al die...

Lees Verder

Hoërskool JvR Eisteddfod

Baie geluk aan die volgende leerders wat puik gevaar het by die hoërskool se kunstefees se voordrag-afdeling! Christa-Bella Swart: A+ Elisabet Marais: A+ Chris Derksen: A+ Heike Louw: A+ Petronella Gouws: A+ Mika van der Walt: A+ Frannie Samuel: A+ Cornelia Opperman: A++ Jean-Jacques Rossouw: A++ Antjie Samuel:...

Lees Verder

Skaakspanne trap Interskole af met oorwinning!

Ons o.13-skaakspan het Dinsdag die Interskole afgeskop en meegeding teen Laerskool Dirkie Uys. Die A-span het 5–1 gewen, en die B-span het ook weggestap met ’n wen van 3,5 teen 2,5. Hulle het die Tiere gewys wie baas is, en ons is ongelooflik trots op hierdie span wat aanhou hard werk en...

Lees Verder