Skrywer: Megan Zondagh

Karate Kyle!

Kyle het die naweek aan die Suid Afrikaanse JKA kampioenskappe en All Africa JKA kampioenskappe in die novice afdeling in Johannesburg deelgeneem. Hy het 2de plek vir sy kumite behaal en so sy SA kleure vir karate verdien.    Jy maak ons trots Kyle! Baie geluk....

Lees Verder

Sophia Liebenberg presteer in Netbal

Baie geluk aan Sophia Liebenberg (oud-Jannie) wat op geneem is in die Willows 0.16 Weskaap netbalspan.    Die nasionale All Ages(AA) vind tydens die Junie/Julie vakansie plaas in Boksburg. Ons is ongelooflik trots op jou, Sophia. ...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 30 Mei 2025

Die wintersportprogram vir kwartaal 2 kom die week ongelukkig tot ‘n einde met die laaste sportnaweek vir die kwartaal tuis teen Laerskool Milnerton. Aprilmaand, met al sy ‘vakansiedae-meevallertjies’, het ons nie toegelaat om enige sportwedstryde of sportdae te hou nie, dus moes Meimaand spreekwoordelik instaan met ‘n besige sport- en kultuurprogram. Met die buitemuurse program wat vir eers op ys geplaas gaan word, glo ek dat elke gesin nou ‘n bietjie begin asem skep, maar in die proses vir die gr. 4 – 7 Junie-eksamen voorberei wat volgende week gaan afskop. Ons het op Vrydag, 23 Mei, weer ons jaarlikse netbaltoernooi vir o.10 – o.13 B- tot F-spanne aangebied. Tien skole, 70 spanne en 490 dogters het aan die gewilde netbaldag deelgeneem en in die proses meer as een wedstryd op die dag gespeel. Opvallend was die goeie ‘gees’ waartydens die wedstryde geskied het met besoekende ouers, -onderwysers en -afrigters wat nie uitgepraat kon raak oor die ongelooflike sportervaring en gasvryheid nie. Dit was dan ook ‘n ideale vertoonvenster-geleentheid om ons trotse skool te bemark. ‘n Netbaltoernooi van dié kaliber kan net geskied as dit gepaard gaan met puik reëlings, en daarvoor is ons mnre. Rashard en Leon, asook die ondersteunende personeel, baie dankbaar. Dit is vir ons as skool net so belangrik dat daar ook op ons B- tot D-spanne gefokus moet word deur vir hierdie spelers die...

Lees Verder

Aiyana verwerf WP Kleure

Dit is met groot trots dat ons met julle deel dat Aiyana Alfredo, Gr. 6DV, WP Kleure in akrobatiese dans-sport verwerf het. Sy het vanaf Donderdag, 15 Mei tot Saterdag, 17 Mei deelgeneem aan die Akrobatiese Solo-dans Sport Assosiasie se WP proewe en het die 3de plek behaal in beide die distrik en inter-distrik kompetisies vir ”Level 5 u/13″. Sy het toe ook gekwalifiseer vir WP en sal in Julie deelneem aan die Nasionale Kampioenskappe in...

Lees Verder

Oud-Jannie kan redeneer!

Karu Rademeyer het onlangs in Die Burger verskyn, waar daar gespog is met haar uitstekende vordering in die nasionale ATKV-redenaarskompetisie. Sy het deurgedring na die halfeindrondte saam met 30 ander graad 8- en 9-leerders. Welgedaan, Karu! Jy maak ons baie...

Lees Verder

 Geagte Ouers / Voogde – 23 Mei 2025  

Moeder Natuur het die afgelope paar weke die heerlikste weer gestuur en kon ons verskeie wintersportwedstryde en -oefeninge buitemuurs terdeë geniet. Sy het egter die afgelope week besluit, genoeg is genoeg, en vir ons tipiese Kaapse winterweer gestuur. Hierdie skielike veranderinge in weersomstandighede en temperature lei ongelukkig dikwels tot wintersiektes onder leerders, en dit kan maklik die hele gesin plattrek. Maak dus seker jou kind/ers is gepantser vir die koue weer deur onder andere reg aan te trek om die koue weer buite te trotseer terwyl hulle buite sport beoefen en/of kerjakker. Gesonde eetgewoontes en die neem van ‘n multivitamien kan ook moontlik help om jou kind/ers se immuunstelsel te versterk. Gelukkig word die winterseisoen nie net met siekword geassosieer nie, want winter het tog sy eie bekoring. Die kraakvars oggende en wintergeure is vir baie mense idillies. Die winter bied haar eie knusheid en bring dikwels mense bymekaar om heerlik saam te kuier met ‘n kaggelvuur wat die vertrek warmhou. Mag ons almal warm en gesond bly die komende wintermaande, veral met die eksamens om die draai. Die afgelope naweek het ons tuis vanaf 16–17 Mei nog ‘n suksesvolle sportnaweek suksesvol by ons skool aangebied. Hokkiewedstryde is op Vrydagmiddag, 16 Mei, afgelê en die volgende dag is al die rugby- en netbalwedstryde voltooi. Ons sportspanne het puik gevaar en graag sonder ek ons eerstespanne (o/13A’s) uit met hul...

Lees Verder

Oudleerling Katja presteer in raakrugby

Een van ons oudskoliere, Katja de Villiers (tans Graad 11 in Hoër Meisieskool Bloemhof) speel tans vir WP se o/17 en o/21 raakrugby (“touch rugby”) spanne. Sy is onlangs as “Touch Bok” gekies om Suid-Afrika by die “Atlantic Youth Touch Cup” in Limerick, Ierland te verteenwoordig. Die toernooi vind vanaf 31 Julie tot 3 Augustus 2025 plaas waar sy vir die o/18 span gaan uitdraf. Poppy Frames is besig met ‘n promosie op blokmontering (sien meegaande advertensie) ten bate van Katja se fondsinsameling om in Ierland te...

Lees Verder

Jan Kas gesluit vir voorraadopname: 20 – 23 Mei 2025

Liewe ouers, Jan Kas moet ongelukkig dringend ‘n voorraadopname doen en sal dus volgende week gesluit wees. Geen items sal tydens hierdie paar dae aanlyn, of in die winkel, gekoop kan word nie. Maak asseblief seker dat jou kind alle nodige sport en winterklere het voor Dinsdag. Die laaste bestellings vir die week sal Dinsdagoggend afgelewer word. Voorraadopname vind plaas: Dinsdag, 20 Mei @ 08:00 – Vrydag, 23 Mei @ 10:00 Ons vra omverskoning vir enige ongerief. Groete, Jan Kas...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 16 Mei 2025

Dit is twee weke na die lekker meevallertjie van ’n ekstra vakansieweek en alles by die skool en Huppelland loop alweer klopdisselboom. Die tempo het egter drasties toegeneem met skoolwerk, kultuur en sport wat spreekwoordelik hul pond vleis eis. Vir seker is besige kinders nie ’n nuwe tendens nie. Vir generasies neem kinders aan verskeie aktiwiteite deel. Ek glo waar daar geleenthede deur ’n skool vir sy leerders geskep word, sal daar altyd ’n groepie leerders wees wat elke moontlike geleentheid aangryp. In ons geval laat ’n Jannie nie sommer toe om enige geleentheid by die skool mis te loop nie. Dit is vir my ’n riem onder die hart, want nie net ondersteun hulle hul skool nie, maar ek weet dat leerders wat konstruktief met skoolaktiwiteite besig gehou word, waardevolle vaardighede aanleer wat hulle nie altyd tussen die vier mure van ’n klaskamer geleer kan word nie. Die voordele van emosionele en fisiese ontwikkeling wat daarmee gepaardgaan, is ook kardinaal. Dus sien ek buitemuurse aktiwiteite as verrykingsgeleenthede. Dit moedig leerders aan om onafhanklik te dink. Ouers/voogde moet dus self besluit wat die balans vir jou spesifieke kind/ers is, m.a.w. aan hoeveel van die aktiwiteite jou kind/ers moet/kan deelneem. As skool gaan ons voort om geleenthede vir ons leerders te ondersoek en te skep, sodat hul potensiaal ontsluit kan word. Op Vrydag, 09 Mei, was ons as onderwysers baie...

Lees Verder

Kristi Snyman presteer in hoogspring

Kristi Perez-Snyman het onlangs ’n merkwaardige mylpaal in haar hoogspringloopbaan bereik. Tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe het sy die vroue-hoogspringtitel verower met ’n sprong van 1.88 meter – haar persoonlike beste én ’n nuwe skoolrekord. Haar deurlopende verbetering en onlangse nasionale titel getuig van haar toewyding en talent in hoogspring. Baie geluk aan Kristi Perez-Snyman met hierdie uitstaande prestasie!   Foto uit:...

Lees Verder

Nini soek ’n verewig huis!

Nini, ’n oulike twee maande oue Fox Terrier-hondjie, is op soek na ’n liefdevolle vir altyd-huis. Sy word tans met groot sorg ge’foster’ deur die gesin van Annabel Brink (Graad 5). Sy is regtig ’n oulike hondjie – speels, vol liefde, en altyd lus vir geselskap! Nini is ’n uitstekende stap- en drafmaat, maar verkies ’n skoot wanneer sy nie speel nie. Sy is mal oor mense en sal met haar sagte persoonlikheid enige hart vinnig steel. As jy of iemand wat jy ken vir Nini ’n warm, veilige huis kan bied, kontak asseblief Deane Brink by brinkdeane@gmail.com of 0764558002. Help ons om hierdie spesiale hondjie haar perfekte tuiste te gee!...

Lees Verder

Trofees terugbring

Ons is tans besig om al die trofees wat die leerders verlede jaar tydens die prysuitdeling ontvang het, te dokumenteer. Indien u kind verlede jaar ’n trofee ontvang het, stuur dit asseblief na die Mediasentrum, aan Juffrou Marecia van Zyl. Baie dankie vir u hulp hiermee. Groete, Juffrou...

Lees Verder

Lawwe Lappe: JVR se Naaldwerkklub

Tydens verlede week se vakansie het tien ywerige dogters skool toe gekom om te leer hoe om op ’n naaldwerkmasjien te stik. Gedurende hierdie vierdag-kursus het elke leerder geleer hoe om lap te kies, te meet en te knip, en dan ook hoe om haar eie masjien te ryg en te gebruik. Die leerders het vinnig besef dat naaldwerk nie net kreatiwiteit verg nie, maar ook veerkragtigheid en hope geduld. Na die vier dae kon hulle spog met unieke lapprodukte wat hulle weer en weer sal kan maak – linte-‘scrunchies’, groot vloerkussings, pennesakkies en rygsakke (‘string bags’). Oor die jare het al 28 Jannies hierdie beginnerskursus bygewoon. My onderwyserhart bars van trots wanneer ek foto’s ontvang van ons leerders wat steeds tuis aanhou bou aan hulle naaldwerkvaardighede. My wens is dat hulle hierdie talent nog vir baie jare sal koester. Naaldwerkgroete Juf. Marianne...

Lees Verder