Pieter Rademeyer het in Februarie die geleentheid gehad om, as deel van die Alma Nel-drama-ateljee-groep, in die RSG-program, Kiskenades, op te tree. Hy het die rol van ’n avontuurlustige seun in dié episode, wat eersdaags uitgesaai word, gespeel. 
 
Pieter het vandeesweek die goeie nuus ontvang dat RSG nou vir hom ’n permanente kontrak aangebied het om verder as ‘stemkunstenaar’-akteur interessante rolle op dié Afrikaanse radiostasie te vertolk. 
 
Jy maak ons baie trots Pieter. Welgedaan!