Geagte Ouers / Voogde – 05 Februarie 2025
Ek vertrou dat week 4 van die akademiese jaar vir julle vreugde gebring het en min uitdagings. In my nuusbrief van verlede week het ek kortliks na die konsep van tyd verwys en hoe vinnig dit verby snel. Dit het my verder laat dink dat in vandag se moderne, gejaagde lewe, dit vir ouers/voogde moeilik moet wees om al die balle in die lug te hou en dan boonop tyd te maak vir hul kinders, lewensmaat en hulself. Die beste belegging wat jy in jou kind se toekoms kan maak, is om tyd vir jou kind/ers te maak. Dit gee dikwels jou kind/ers die geleentheid om dieper gesprekke te voer, indien hulle dit nodig sou vind, wat tot sterker bande lei. Ek weet dat ons almal net die beste vir ons kinders wil hê, maar dikwels val ons in die strik dat ons deur ons eie oë en ervarings na ons kinders se probleme en uitdagings kyk en vergeet dat kindwees vandag nie meer dieselfde is as toe ons op skool was nie. Die ondersteuning wat kinders vandag by ons skool kry, is ook heelwat beter as toe ons op skool was. Ek dink ook dat ons baie versigtig moet wees om kritiek teenoor onsself en ons kinders uit te spreek sonder nadenke. Dit mag dalk net die vrymoedigheid van ‘n oop verhouding kelder. Ek glo dat doeltreffende kommunikasie...
Lees Verder