o.11 en o.13 Westman-tennistoernooi
Op Vrydag, 21 Oktober, het die Jannies-bus vroegoggend na Ceres vertrek met die o.11-seuns en -dogters tennisspan vir die jaarlikse Westman-tennistoernooi. Ons het almal by ‘n gastehuis oorgebly. Beide seuns- en dogtersspanne is in die A-liga ingeskryf. Ons het elkeen 10 wedstryde gespeel oor die twee dae. Dit was maar ‘n moeilike paar wedstryde vir die dogters, maar ons het deur die hitte ons beste gegee en ‘n hele paar wedstryde gewen. Die seuns het egter skoonskip gemaak en 2de plek behaal. Hulle het met net ‘n punt of twee eerste plek gemis, so ons is vreeslik trots op hulle! Die naweek was vet pret! Ons tennis Jannies het vreeslik baie gees gehad en ons naam hoog gehou! Baie, baie dankie aan die onderwysers en ouers wat hierdie naweek moontlik gemaak het. ‘n Spesiale dankie aan juffrou Anja wat so mooi na ons gekyk het en ons ondersteun het. Geskryf deur Stella Pansegrouw Ons het 'n baie lekker naweek in Ceres gehad. Vrydagaand het ons Spur toe gegaan en daarna het ons in die koshuis geslaap. Die meisies het deur die loop van die naweek 9 wedstryde gespeel en die seuns 10. Tussendeur al die kuier het ons ook die geleentheid gehad om baie van mekaar te leer. Ons is ook baie trots op beide van ons spanne wat tweede in die onderskeie B-ligas geëindig het. Geskryf deur Katia van...
Moderne Dans prestasies
Baie geluk aan die dansers wat hul Moderne Dans Assessering gedoen het!
Storieskip, 24 November
Storieskip gaan op 24 November 'n toneel vir alle graad 1-3-leerders in die saal kom opvoer. Hierdie opvoering vind tydens skooltyd plaas. Die kostes beloop R10 p.p. en ouers kan dit op die Karri-toep betaal. Maak asb. die betaling voor 18 November om 14:00.
Dramaklasse
Volgende week Vrydag, 11 November, is daar ongelukkig geen dramaklasse nie. Die saal word ongelukkig deur dansmaats beset. Die dramamaats kan Maandag en Woensdag kom inhaal. Graad 1 - 3 Maandag en Woensdag 14:10 - 15:10 Graad 4 - 7 Maandag en Woensdag 15:10 - 16:20 Baie dankie! Groete,...
Nuwe skoolklere bestellings
Ons het in verlede week se nuusbrief die nuwe skooldrag aangekondig. Sien gerus die volgende inligting vir bestellings: Nuwe hemde vevang beide die LO- en skoolhemp met die wapen. Graad 1-7-leerders se hempies lyk presies dieselfde. Dit mag nie saam met grys skoolbroeke gedra word nie. Leerders kan huidige skoolklere of die nuwe kombinasie dra. Sportbroek/skort/formele kortbroek Gr. 1 - 3 Seuns en Dogters: Slegs sportbroek/skort Bestellings Gr. 4 - 7 Seuns: Dra sportbroek op LO-dae, andersins die skool se nuwe donkerblou formele kortbroek en donkerblou strepieskouse. Bestellings Gr. 4 - 7 Dogters: Dra sportbroek/skort op LO-dae, andersins die skool se nuwe formele kortbroek/huidige skoolromp, slegs tot geruite romp beskikbaar is....
o.13 Krieketwedstryd: 3 November 2022
Ons wedstrydbepalings wat ons ontvang het, het bepaal dat ons teen Reddam House Atlantic Seaboard moes speel. Hulle het ongelukkig nie 'n span vir ons nie. Kampsbaai het ook 'n span gehad wat gekanselleer het so ons gaan dus Donderdag, 3 November, teen hulle 'n wedstryd speel. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. SPANNE: o.13 A vs. Kampsbaai PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:00 GOOGLE...
Redenaars 2023
Daar is hierdie week briewe uitgedeel rakende redenaarsdeelname vir 2023. Indien enige iemand belangstel en nie ‘n brief ontvang het nie, kontak asseblief vir Andri de Villiers (andri@jvrprim.co.za) of kliek HIER vir die brief en e-pos die nodige inligting na Andri. Alle voorlopige deelnemers moet teen Maandag, 21 November, bevestig...
Nuwe Skooldrag: Somer (kw.1) 2023
Tegnologie Vraelys
Baie dankie vir almal wat reeds die tegnologie vraelys voltooi het. Indien die vraelys nog nie namens julle gesin voltooi is nie, voltooi dit asseblief vandag, 28 Oktober, voor 20:00. SKAKEL NA VRAELYS Ons sal binnekort ‘n skrywe uitstuur wat verduidelik hoe ons tegnologie gebruik om dit wat ons reeds in leer en onderrig doen, uit te brei en te verryk. Wees gerus dat ons tegnologie as hulpmiddel aanwend om ons tradisionele benadering tot onderrig aan te vul, nie om dit te vervang...
Konsert: Video-opname en foto’s
Die konsertvideo-opname se bestellings op Karri sluit volgende week Woensdag. Sodra dit gesluit het, sal die skakel aan die gesinne wat 'n bestelling geplaas het, gestuur word. Die foto's behoort binnekort gereed te wees en sal ook dan met ouers wat dit bestel het, gedeel...
Geagte Ouers / Voogde
Die spreekwoordelike mooiste, mooiste maand van 2022 is stadig maar seker besig om plek vir die vrolike Novembermaand te maak soos tyd ongesiens en onverpoos verby snel. Kwartaal 4 mag dalk kort wees, maar sluit heelwat opwindende aktiwiteite asook finale eksamens en assesseringsweke in. Ons toegewyde opvoeders en die RO-opvoeders is tans hard aan die werk om ons leerders deeglik voor te berei en te bemagtig om die uitdagings van die finale assesserings met gemak te hanteer. Ons skool het sommer vinnig na die Oktober-vakansie sy operasionele ritme gevind en ons leerders het aan verskeie sportwedstryde, ‘n swemgala en kultuuraktiwiteite deelgeneem. Baie geluk aan ons senior koor met hul puik optrede laasweek tydens die Weskus Koorfees te Laerskool Sunningdale. Onder leiding van die Helecia en Ben het hulle as ware ambassadeurs vir ons spogskool opgetree en ons senior- en junior koor eenvoudig van krag-tot-krag geneem. Maak asseblief ‘n nota in jou dagboek om op Sondag, 27 November 2022, die Kerssangdiens by die NG Kerk, Tamboerskloof vanaf 19:00 by te woon. Meer inligting sal binnekort volg. Ek wil nie graag ‘n leerder spesifiek uitsonder nie, maar ek sal my plig versuim indien ek nie vir Karu Rademeyer hartlik gelukwens met haar merkwaardige prestasie nie. Karu het vanaf 21 – 22 Oktober 2022 aan die nasionale Radikale Redenaarskompetisie in Boksburg deelgeneem. Sy is as nasionale wenner in die Engelse afdeling aangewys en het ‘n tweede plek in die Afrikaanse afdeling behaal. Welgedaan, Karu. Jy maak ons baie trots. Ons o.11-tennisspelers het ook oor die naweek van 21 – 22 Oktober 2022 tydens die Ceres-Tennistoernooi puik presteer. Hierdie gewilde tennistoernooi word deur...
Oud-Jannies tot leiers verkies
Ons is baie trots op die volgende Jannies wat tot hul skole se leerderraad verkies is. Laat weet ons gerus indien julle van nog oud-Jannies weet wat by ander skole verkies is (marinda@jvrprim.co.za).
Krieketuitslae: 26 Oktober 2022
Ons o.11 A-krieketspan het Woensdag, 26 Oktober, teen Herzlia Highlands met 22 lopies gewen. Die o.11 B-span het teen Groote Schuur tuis gespeel en met 3 lopies gewen. Stephan Holtzhausen het 45 lopies vir die B-span aangeteken. Baie geluk aan hierdie leerders!
Sportfotodag, 8 November
Neem kennis van die volgende kleredrag vir die sportfotodag op 8 November.
Swemgala: 4 November 2022
Ons het in verlede week se nuusbrief ons voorlopige span vir hierdie aflosgala geplaas. Baie dankie aan almal wat reeds vir ons in kennis gestel het dat hul kind/ers nie beskikbaar sal wees nie. Ongelukkig het ons nie genoeg swemmers by al die slae om 'n span vol te maak nie. Die volgende oplossing is om jonger spelers te gebruik om spanne vol te maak. Sommige swemmers sal dus meer as een keer dieselfde slag swem. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form teen Maandag, 31 Oktober, om 09:00. Ons sal daarna besluit of ons steeds gaan voortgaan met ons deelname aan die gala. OUDERDOMME: o.10 o.11 o.12 o.14 PLEK: Laerskool Kenridge VERTREKTYD 13:15 TERUG BY SKOOL: ±17:30 ITEMS: Vryslag / Freestyle relays (4 x 50m) Borsslag / Breaststroke relays (4 x 50m) Vlinderslag / Butterfly relays (4 x 25m) Wisselslag / Medley relays (back, breast, fly, free) (4 x 50m) Leertjieaflos / Ladder relay (U/10-U/14) (4 x 50m) GOOGLE FORM ...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026