Op Vrydag, 21 Oktober, het die Jannies-bus vroegoggend na Ceres vertrek met die o.11-seuns en -dogters tennisspan vir die jaarlikse Westman-tennistoernooi. Ons het almal by ‘n gastehuis oorgebly. Beide seuns- en dogtersspanne is in die A-liga ingeskryf. Ons het elkeen 10 wedstryde gespeel oor die twee dae. Dit was maar ‘n moeilike paar wedstryde vir die dogters, maar ons het deur die hitte ons beste gegee en ‘n hele paar wedstryde gewen. Die seuns het egter skoonskip gemaak en 2de plek behaal. Hulle het met net ‘n punt of twee eerste plek gemis, so ons is vreeslik trots op hulle!

Die naweek was vet pret! Ons tennis Jannies het vreeslik baie gees gehad en ons naam hoog gehou! Baie, baie dankie aan die onderwysers en ouers wat hierdie naweek moontlik gemaak het. ‘n Spesiale dankie aan juffrou Anja wat so mooi na ons gekyk het en ons ondersteun het.

Geskryf deur Stella Pansegrouw

Ons het ‘n baie lekker naweek in Ceres gehad. Vrydagaand het ons Spur toe gegaan en daarna het ons in die koshuis geslaap. Die meisies het deur die loop van die naweek 9 wedstryde gespeel en die seuns 10. Tussendeur al die kuier het ons ook die geleentheid gehad om baie van mekaar te leer. Ons is ook baie trots op beide van ons spanne wat tweede in die onderskeie B-ligas geëindig het.

Geskryf deur Katia van Wyk