Ons het in verlede week se nuusbrief ons voorlopige span vir hierdie aflosgala geplaas. Baie dankie aan almal wat reeds vir ons in kennis gestel het dat hul kind/ers nie beskikbaar sal wees nie. Ongelukkig het ons nie genoeg swemmers by al die slae om ‘n span vol te maak nie. Die volgende oplossing is om jonger spelers te gebruik om spanne vol te maak. Sommige swemmers sal dus meer as een keer dieselfde slag swem. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form teen Maandag, 31 Oktober, om 09:00. Ons sal daarna besluit of ons steeds gaan voortgaan met ons deelname aan die gala. 

OUDERDOMME:

  • o.10
  • o.11
  • o.12
  • o.14

PLEK: Laerskool Kenridge
VERTREKTYD 13:15
TERUG BY SKOOL: ±17:30
ITEMS: 

  • Vryslag / Freestyle relays (4 x 50m)

  • Borsslag / Breaststroke relays (4 x 50m)

  • Vlinderslag / Butterfly relays (4 x 25m)

  • Wisselslag / Medley relays (back, breast, fly, free) (4 x 50m)

  • Leertjieaflos / Ladder relay (U/10-U/14) (4 x 50m)

GOOGLE FORM