Ons het in verlede week se nuusbrief die nuwe skooldrag aangekondig. Sien gerus die volgende inligting vir bestellings:

Nuwe hemde vevang beide die LO- en skoolhemp met die wapen.  Graad 1-7-leerders se hempies lyk presies dieselfde.  Dit mag nie saam met grys skoolbroeke gedra word nie.
Leerders kan huidige skoolklere of die nuwe kombinasie dra.

Sportbroek/skort/formele kortbroek

  • Gr. 1 – 3 Seuns en Dogters: Slegs sportbroek/skort
    Bestellings
  • Gr. 4 – 7 Seuns: Dra sportbroek op LO-dae, andersins die skool se nuwe donkerblou formele kortbroek en donkerblou strepieskouse.
    Bestellings
  • Gr. 4 – 7 Dogters: Dra sportbroek/skort op LO-dae, andersins die skool se nuwe formele kortbroek/huidige skoolromp, slegs tot geruite romp beskikbaar is.
    Bestellings