Netbal: Mini Worldcup day o.13A, o.12A en o.13B
Geagte Ouers / Voogde
Hartlik welkom terug by die skool. Groot opwinding met hoë energievlakke het op Woensdagoggend, 18 Januarie 2023, tydens die opening van die skool na die heerlike somervakansie geheers. Ons graad 1’s is spesiaal met ope arms deur die leerderraad ontvang en na hul onderskeie klaskamers vergesel. Dit was so lekker om ook al ons ouers te verwelkom, blad te skud en sommer net lekker te gesels oor die vakansie en die jaar wat voorlê. Ek hoop en vertrou almal het ‘n heerlike vakansie en ‘n geseënde Kerstyd saam met familie en vriende geniet. Ek glo almal se spreekwoordelike batterye is ten volle herlaai en slaggereed om die nuwe jaar aan te pak. Sterkte ook met al die nuwe jaar voornemens! Graag rapporteer ek dat al ons personeel veilig terug is na die lang vakansie, uitgerus en gereed om jul kinders te onderrig en te ondersteun om seker te maak dat elke Jannie sy/haar skooljaar sal geniet. Ons streef daarna dat elke leerder sy/haar volle potensiaal bereik teen die tempo waarteen elke leerder individueel ontwikkel. Laat my ook toe om die volgende nuwe personeel hartlik by die JvR-familie te verwelkom: Naomi Uys (Gr. 2) Ilse-Marie Holtshauzen (Gr. 4) Erick Snyman (Gr. 5) Suné Swanepoel (Kodering en Robotika) Jua-Mari Strehler (GF-klasassistent) Charmlynn Hendricks (GF-klasassistent) Maak asseblief seker dat jy volgende week op Dinsdagaand, 24 Januarie 2023, vanaf 18:00 die bekendstellingsfunksie en inligtingsaand by die skool bywoon sodat julle ook al die nuwe personeel kan ontmoet. Die program vir die aand werk as volg: 18:00 – Inligtingsgesprek met klasonderwyser in klaskamer soos deur onderwysers gereël. Benut assseblief dié geleentheid om jou kind...
Aanvaarbare gebruikbeleid
Leerders ontvang vandag 'n Aanvaarbare Gebruikbeleid hardekopie dokument wat ouers asb. saam met hul kinders moet deurlees, bespreek en onderteken. Dit handel oor die aanvaarbare gebruik van tegnologie en die internet by die skool en dus is dit baie belangrik om die kort beleid met jou kind te bespreek. Indien jou kind sy/haar dokument verloor of julle dalk verkies om dit elektronies in te vul en te stuur, kliek HIER vir die dokument en stuur dit aan suzaan@jvrprim.co.za. Hardekopieë kan by registeronderwysers ingehandig...
Ouerhandleiding 2023
Ons het hierdie jaar slegs vir graad 1-leerders en nuwe ouers 'n hardekopie ouerhandleiding uitgedeel. Kliek HIER of op die foto hier onder vir die elektroniese weergawe. Kliek op die opskrifte in die inhoudsopgawe om te navigeer na die regte bladsy en kliek aan die onderkant van bladsye op Terug na Inhoudsopgawe om terug na die begin te gaan. Die Ouerhandleiding is ook beskikbaar op die webtuiste onder SKOOL, RIGLYNE EN...
Ouer- en kindsportdag
Saterdag, 28 Januarie, hou ons ‘n ouer- en kindsportdag op die Conradieveld. Dit is ‘n geleentheid waar ouers en kinders aan aktiwiteite saam kan deelneem terwyl ons sosiaal verkeer. Daar is 6 aktiwteite wat op die dag aangebied word: Sokker, Tag-rugby, Mini-krieket(sagte bal), netbal-doelkompetisie en 2 grasnetbalbane vir netbal. Verloop van die dag: Registrasie begin om 07:30. ‘n Tydgleuf word volgens registrasie aan spanne toegeken. Eerste rondte begin om 08:15. Elke rondte is ongeveer 30 min. lank. Laaste rondte begin om 11:45. Algemene reëlings: Toegang is gratis. Spanne bestaan uit 6 spelers, ongeag die aktiwiteit. Die spanne bestaan uit 3 ouers (volwassenes) en 3 kinders van dieselfde ouderdom/graad. Spanne is welkom om op ‘n kreatiewe manier aan te trek. Indien jy nie vooraf by ‘n span betrokke is nie, mag jy enige gemaklike sportdrag dra. Spanne kan aan enige hoeveelheid aktiwiteite deelneem. Alle aktiwiteite word kaalvoet of met tekkies gespeel. Geen tokse (sokker/rugby) word toegelaat nie. Daar sal nie ‘n wenspan per aktiwiteit wees of ‘n wenner vir die dag aangedui word nie. Aangepaste reëls sal op die dag vir alle aktiwiteite gevolg word. Alle toerusting word deur die skool voorsien. (bv. balle, kolwe en bibs) Noodhulp sal beskikbaar wees. Daar sal verversings op die dag te koop wees bv. pizza, koffie, tjipstokkies en snoepie. Braaidromme en hout sal na afloop van die dag beskikbaar wees vir almal wat iets op die kole wil gooi. Bring gerus kampstoele en komberse saam. Daar sal geen parkering binne die veld beskikbaar wees nie. Daar is ook beperkte parkering in die strate. Maak asseblief sover moontlik van rygeleenthede gebruik. Indien enige iemand...
Skooldrag 2023
Die proses om skooldrag aan te pas is voorwaar opwindend! Die meeste van ons graad 1’s dra reeds hul nuwe skooldrag en hulle lyk pragtig. Baie dankie aan elkeen se geduld en ondersteuning met hierdie proses. Ons moet altyd onthou dat verandering nie maklik is nie, maar wel nodig is om vooruit te gaan. Iets waarna ons konstant streef. Wees asseblief gemaklik om jou kind enige van die skooldrag wat nog pas, te laat dra. Dit beteken dat hulle wel LO-drag mag dra. Sodra al die nuwe klere versprei is, sal dit verpligtend vir almal wees om dieselfde te lyk. Ons het van die begin af geweet dat dit deel van hierdie jaar se skooldrag sal wees. Die dra van die donkerblou feeshempies word eintlik nie meer toegelaat nie. Indien jou kind se ander skooldrag te klein is en die feeshempie die enigste hempie is wat pas, dra dit gerus. Wees asb. egter net bewus dat daar nie meer ‘n spesiale drag vir Vrydae sal wees soos ons tydens 2021 en 2022 met die dra van die feeshempie gehad het nie. Sivvies sal steeds op die laaste Vrydag van elke maand gratis gedra mag word. Loer dan ook na jou kind se haarbykomstighede. Dit moet donkerblou wees. Oorbelle: klein, dun ringetjies met fyn knobbels (studs). Geen steentjies of ander patroontjies nie. Geen ander juweliersware mag gedra word...
Nuwe kommunikasietoep
Ons is opgewonde om by Dinsdagaand se inligtingsessie ons nuwe kommunikasietoep, genaamd Skooler, aan julle bekend te stel. Dit word die primêre kommunikasiekanaal tussen die skool en ouers en gaan julle ook toegang tot die skool se kalender en jul kinders se huiswerk en opdragte gee. Dus is dit baie belangrik dat julle die aand bywoon om meer inligting daaroor te ontvang. Die toep sal tydens die inligtingsessie afgelaai kan...
Seniorkoor
Die Seniorkoor oefen Saterdag, 18 Februarie, vanaf 09:00 - 13:00 by die skool. Hou asb. die datum oop.
Somer Buitemuurse Sportprogram 2023
Geagte Ouers / Voogde
Die tweede laaste week van die akademiese jaar is op Vrydag, 09 Desember 2022, met ‘n suksesvolle kleure-atletiekbyeenkoms (Baanitems) te HS Kampsbaai afgesluit. Die weer het wonderlik saam gespeel en met die pragtige Atlantiese Oseaan in die agtergrond kon ons atlete nie anders as om hul beste te lewer nie. Die kleurhuise het hul onderskeie gedeeltes van die pawiljoen pragtig verfraai en die gees het hoog geloop met die dirigente wat hul huise se energievlakke en vokale teenwoordigheid luidkeels aangemoedig het. Verblywend was die deelname aan vanjaar se byeenkoms en volgens rekords, was dit die hoogste deelname in ‘n baie lang tyd. Baie dankie aan al die ouers/voogde wat gehelp het met die voorbereiding van die pawiljoene asook almal wat die dag tot aan die einde ondersteun het. Baie geluk aan die Blouspan wat vanjaar as wenners aangekondig is. Hulle het as die super trotse span weggestap deur ook die geesbeker te verower. Geluk aan die Oranjespan wat die aflosbeker gewen het. Baie dankie aan ons atletiese ouers wat aan die gewilde aflositem deelgeneem het, maar (on)gelukkig was die onderwyserspan weer die dag op hul stukke. Gelukkig was daar geen beserings na afloop van die item nie. Baie geluk aan die volgende atlete wat die spesifieke trofees verwerf het: Junior Victrix Ludorum: Cato Terblanché Junior Victor Ludorum: Rafa Lamprecht Senior Victrix Ludorum: Klara Steyn Senior Victor Ludorum: Dawid-Wiese Viljoen Gister het ons ook ‘n informele swemgala vir al ons swemmers wat deur die jaar ons swemoefeninge getrou bygewoon het, aangebied. Die swemmers het dit terdeë geniet en dit was heerlik om tydens skooltyd tyd in die swembad deur te...
2023 CT (ou WP) Tennisspanne
Verskeie van ons tennisspelers het reeds in September aan die onderskeie proewe rondes / toernooie begin deelneem om dan uiteindelik vir die Cape Town Schools Tennis spanne vir 2023 gekies te word. Baie geluk aan al ons spelers en hul ouers. Dit het baie ure se opoffering en rondry geverg. o.11-Seuns: Nils le Roux Rafa Lamprecht o.11-Dogters: Stella Pansegrouw Jeanne van Heerden o.12-Seuns Adriaan Wessels Gustav van der Linde o.13-Seuns Dawid-Wiese Viljoen o.13-Dogters Stella Lamprecht Vier van ons oud-leerders is ook vir hul onderskeie spanne gekies. Baie geluk aan Fredrich Erasmus (o.15), Sebastian Maree (o.15), Mia Symington (o.15) en Peet Karsten (o.17 + o.19...
Buitemuurse program vir 2023
Daar is heelwat veranderinge wat beplan word vir die nuwe program as gevolg van gr. 1 - 3 se aangepaste uitkomtye en nuwe onderwysers wat by ons aansluit. Ons sal die program 'n bietjie later op die webtuiste laai en ouers in kennis stel sodra dit beskikbaar is. Gaan loer gerus solank na die kalender met al die datums vir toernooie en sportdae wat reeds gelaai...
Die Suidooster 2022: Kwartaal 4
Atletiekuitslae van 7 & 9 Desember 2022
Ons was weer bevoorreg om hierdie jaar twee ongelooflike lekker dae se atletiek te hê. Die weer het fantasties saamgespeel op beide dae. Die Blouspan het as algehele wenners vir die dag weggestap met 1789 punte. Die Oranjespan was nie ver agter nie en het 1783 punte vir die dag aangeteken. Die Oranjespan het wel die aflosbeker vir die dag gewen. Baie geluk ook aan die Blouspan wat die geesbeker gewen het. Die volgende leerders is aangewys as die Victor en Victrix Ludorums vir die byeenkoms: Junior seun: Rafa Lamprecht (o.10) Junior dogter: Cato Terblanche (o.10) Senior seun: Dawid-Wiese Viljoen (o.13) Senior dogter: Klara Steyn (o.13) Ons glo dat Sophia Liebeneberg se prestasies vir die dag en haar jare by die skool spesiale meelding verdien. Sy het vir oulaas 4 rekords by hierdie jaar se byeenkoms aangeteken en spog nou met 13 rekords op ons Kleurebyeenkomslys. Atlete wat in die top 2 posisies vir baanitems en eerste posisie vir velditems geëindig het, kwalifiseer nou om deel van die Interskolespan vir 2023 te vorm. Die uitslae is ongelukkig te groot vir een PDF dokument. Let daarop dat daar twee dokumente is. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2022/12/Des-2022-Finale-uitslae-2.pdf" title="Des 2022-Finale uitslae...
Eerste twee weke van Kwartaal 1 2023
18 Jan. 2023 07:45 Skool open vir leerders *Leerderraad ontvang gr. 1's Nasorg begin 14:15 Somersport (atletiek) begin Leerders ontvang boeke 19 Jan. 2023 Klasse begin ruil 21 Jan. 2023 Leerderraad: Lead4Life Atletiekkliniek (tuis) 23 Jan. 2023 Snoepie open vir etes Somer buitemuurse program 24 Jan. 202 18:00 Ouerinligtingsvergadering 27 Jan. 2023 Sivvies 28 Jan. 2023 08:00 Ouer- en kindsportdag *Mnr. Beets...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026