Saterdag, 28 Januarie, hou ons ‘n ouer- en kindsportdag op die Conradieveld. Dit is ‘n geleentheid waar ouers en kinders aan aktiwiteite saam kan deelneem terwyl ons sosiaal verkeer. Daar is 6 aktiwteite wat op die dag aangebied word: Sokker, Tag-rugby, Mini-krieket(sagte bal), netbal-doelkompetisie en 2 grasnetbalbane vir netbal.

Verloop van die dag:

  • Registrasie begin om 07:30.
  • ‘n Tydgleuf word volgens registrasie aan spanne toegeken.
  • Eerste rondte begin om 08:15.
  • Elke rondte is ongeveer 30 min. lank.
  • Laaste rondte begin om 11:45.

Algemene reëlings:

  • Toegang is gratis.
  • Spanne bestaan uit 6 spelers, ongeag die aktiwiteit. Die spanne bestaan uit 3 ouers (volwassenes) en 3 kinders van dieselfde ouderdom/graad.
  • Spanne is welkom om op ‘n kreatiewe manier aan te trek. Indien jy nie vooraf by ‘n span betrokke is nie, mag jy enige gemaklike sportdrag dra.
  • Spanne kan aan enige hoeveelheid aktiwiteite deelneem.
  • Alle aktiwiteite word kaalvoet of met tekkies gespeel. Geen tokse (sokker/rugby) word toegelaat nie.
  • Daar sal nie ‘n wenspan per aktiwiteit wees of ‘n wenner vir die dag aangedui word nie.
  • Aangepaste reëls sal op die dag vir alle aktiwiteite gevolg word.
  • Alle toerusting word deur die skool voorsien. (bv. balle, kolwe en bibs)
  • Noodhulp sal beskikbaar wees.
  • Daar sal verversings op die dag te koop wees bv. pizza, koffie, tjipstokkies en snoepie.
  • Braaidromme en hout sal na afloop van die dag beskikbaar wees vir almal wat iets op die kole wil gooi.
  • Bring gerus kampstoele en komberse saam.
  • Daar sal geen parkering binne die veld beskikbaar wees nie. Daar is ook beperkte parkering in die strate. Maak asseblief sover moontlik van rygeleenthede gebruik.

Indien enige iemand pryse vir gelukkige trekkings wil borg, kan hulle die sportkantoor kontak.

Ons sien uit om die dag saam met almal te spandeer.