Die proses om skooldrag aan te pas is voorwaar opwindend! Die meeste van ons graad 1’s dra reeds hul nuwe skooldrag en hulle lyk pragtig. Baie dankie aan elkeen se geduld en ondersteuning met hierdie proses. Ons moet altyd onthou dat verandering nie maklik is nie, maar wel nodig is om vooruit te gaan. Iets waarna ons konstant streef.

Wees asseblief gemaklik om jou kind enige van die skooldrag wat nog pas, te laat dra. Dit beteken dat hulle wel LO-drag mag dra. Sodra al die nuwe klere versprei is, sal dit verpligtend vir almal wees om dieselfde te lyk. Ons het van die begin af geweet dat dit deel van hierdie jaar se skooldrag sal wees.

Die dra van die donkerblou feeshempies word eintlik nie meer toegelaat nie. Indien jou kind se ander skooldrag te klein is en die feeshempie die enigste hempie is wat pas, dra dit gerus. Wees asb. egter net bewus dat daar nie meer ‘n spesiale drag vir Vrydae sal wees soos ons tydens 2021 en 2022 met die dra van die feeshempie gehad het nie.

Sivvies sal steeds op die laaste Vrydag van elke maand gratis gedra mag word.

Loer dan ook na jou kind se haarbykomstighede. Dit moet donkerblou wees.
Oorbelle: klein, dun ringetjies met fyn knobbels (studs). Geen steentjies of ander patroontjies nie.
Geen ander juweliersware mag gedra word nie.