Hokkie: o.13-Dogters Hokkieproewe

Vrydag, 10 Maart, sal daar proewe vir die 0.13-dogters aangebied word.  Alle 0.12 en 0.13-dogters is welkom om dit by te woon. Ons begin om 14:30 op die Conradieveld. Ons sien uit om almal daar te sien!

Tennisuitslae: 27 Febr.

Die week het twee van ons spanne gespeel: In die Noord-Liga het ons Dogters A teen Welgemoed te staan gekom. Hulle het pragtig gespeel en Stella Lamprecht het Welgemoed se no. 1 met 6-1 gewen. Ongelukkig het ons 2-4 verloor, maar die dogters kan trots op hul spel wees. In die Table View-Liga het ons Seuns A teen Sunningdale te staan gekom. Ons manne was te sterk en wen die wedstryd gemaklik met 6-0. Baie geluk aan al ons...

Tennis: Synergy Cup

Verlede naweek het van ons tennisspelers aan die Synergy Cup te Kimberley en George deelgeneem. Stella Pansegrouw en Jeanne van Heerden het in die A-toernooi te George deelgeneem terwyl Stella Lamprecht, Rafa Lamprecht, Gustav van der Linde en Ané Swanepoel aan die B-toernooi te Kimberley deelgeneem het. Alle spanne het uitstekend gevaar en hier is die uitslae: o.11 B-seuns, Rafa Lamprecht (goud) 0.11 A-meisies, Stella Pansegrouw, Jeanne van Heerden (goud) 0.12 B-seuns, Gustav van der Linde (goud) 0.12 B-meisies, Ané Swanepoel (goud) 0.13 B-meisies, Stella Lamprecht (goud) Alle spelers het goud verower in hulle onderskeie ouderdomsgroepe. Dit is puik prestasies....

Krieketuitslae

Ons 0.9-Blouspan het Dinsdag teen Reddam te staan gekom. Ons spelers het eerste geboul en Reddam het 24 lopies gekry. Ons het gaan kolf en kon slegs 23 lopies kry. Ons verloor dus met 1 lopie, maar die spelers het hul gate uit geniet. Ons hou duimvas vir die volgende wedstryd! Ons 0.11A 's het Maandag teen Turfhall te staan gekom. Ons het eerste gekolf en 153 lopies aangeteken in die 15 boulbeurte. Ben Esterhuyse teken 56 aan, nie uit nie en Nils le Roux 34, nie uit nie. Jack Dawes en Nils le Roux het ook baie mooi geboul en vinnig die eerste paaltjies geneem met Rudi Badenhorst wat 'n puik vangskoot geneem het.  Ben is aangewys as speler van die wedstryd en ons wen die wedstryd met 55 lopies. Baie geluk met 'n puik vertoning! Ons 0.13A's het Maandag teen Rondebosch East gespeel. Ons het eerste gekolf en het 74 lopies aangeteken. Ruben Eksteen het 19 lopies aangeteken.  Rondebosch het gaan kolf en neem ons telling verby in die 12de boulbeurt. Hulle wen die wedstryd met 8...

WP-Atletiekbyeenkoms terugvoer

Saterdag, 25 Februarie, het 13 van ons atlete aan die Zone-Kampioenskappe by Vygieskraal deelgeneem. Dit is 'n wonderlike prestasie om hier deel te neem, aangesien daar meer as 87 skole se top atlete deelgeneem het. Die volgende atlete is deur na die WP-Proewe wat vandag in die Paarl plaasvind: Delmar Benecke, 1ste 1200m en 150m hekkies Cato Terblanche, 3de 1200m Sofia Newton, 1ste 200m hekkies en 3de 75m hekkies. Klara Steyn, 2de 200m hekkies en 1ste hoogspring Dawid-Wiese Viljoen, 3de 200m hekkies Jana Olivier, 2de diskus Mieke Bremer, 1ste diskus Ons wens vir al die atlete sterkte toe met vandag se...

Delmar presteer in Tweekamp

Delmar het weereens 'n pragtige prestasie behaal! Hy het Sondag aan die WP-tweekampbyeenkoms deelgeneem en 'n goue medalje vir seuns 0.13 verower. Hy verkry ook sy WP-kleure in tweekamp. Die WP-span gaan op 1 April aan die SA-tweekampbyeenkoms te Stellenbosch deelneem. Baie geluk met hierdie uitmuntende...

Dapper Stappers, 4 Maart 2023: Elephant’s Eye

Ek beplan om volgende Saterdag met leerders en ouers wat belangstel na die Elephant's Eye grot in Silvermine te stap. Waar: Parkeer voertuie by Silvermine Natuurreservaat parkeerarea Wanneer: 4 Maart 2023 Tyd: 07:00 - ongeveer 11:30 (die roete kan nogal besig raak, so ons wil graag stiptelik 07:00 begin stap) Afstand: 5.3km altesaam Moeilikheidsgraad: Gemiddeld Kostes: R38 per persoon vir die permit, by die hek beskikbaar - SLEGS KONTANT Bring saam: Hoed, sonbrandroom, water, eetgoed, swembroek en handdoek (op pad terug is daar 'n dam by Silvermine waarin ons na die stap kan swem). Wie kan saam stap? Alle kinders en ouers (kinders jonger as 10 moes minstens al 'n soortgelyke stap gedoen het) Indien jy belangstel, vul die vorm in. Ek sal in kontak wees op Skooler op die Algemeen-groep met almal wat inskryf. Julle is welkom om ook op die Algemeen-groep vir my 'n boodskap te stuur indien jy vrae het. Groete Suzaan...

Ouergids: Teams en Skooler

Ons deel graag ‘n kort gids vir ouers wat verduidelik hoe ons in die klas met Teams gaan werk, hoe kinders en ouers tuis by die skoolwerk kan uitkom, en wat Skooler se rol is. INTERSENFASE: 1. TEAMS Elke vak het 'n Team met 'n Class Notebook wat beskikbaar is in die Team se menu. Die Class Notebook is leerders se aanlyn klaskamer en dit bestaan uit 3 afdelings: Collaboration Space: Hierdie spasie word in die klaskamer gebruik vir  interaktiewe aktiwiteite waaraan die klas as ‘n groep deelneem, asook vir groepwerk. Content Library: Hierdie spasie word deur die onderwyser gebruik om die skoolwerk aan leerders beskibaar te stel. Die Content Library het verskeie sub-afdelings: Handboek Aanvullende inligting oor ‘n tema word hier beskikbaar gestel. Leerders gebruik egter steeds ook die hardekopie handboeke in die klas. Beplanning en Huiswerk Die werk wat daagliks in die klas behandel word, word hier beskikbaar gestel. Dit sluit ook die huiswerk wat voltooi moet word, in. *Om die proses te vereenvoudig word beplanning nie meer in Skooler se Planning-afdeling gepubliseer nie. Afbakening FA (Formele Assessering) Enige formele assessering waarvoor punte toegeken word, word hier gelys as ‘n bladsy met ‘n skakel na die Assignment soos via Skooler aan leerders en ouers versprei. Verryking Addisionele, verrykende werk wat leerders kan doen. Punte word nie hiervoor toegeken nie en dit vorm nie deel van die leerwerk vir formele assesserings nie.  Leerders se persoonlike spasie: My Werk Die onderwyser laai klaswerk wat leerders aanlyn moet voltooi in hierdie afdeling. Soos altyd, sal die onderwyser sê of werk wat nie in die klas voltooi is nie huiswerk is of...

Geagte Ouers / Voogde

Baie dankie aan die graad 1-onderwysers wat my genooi het om Vrydagoggend, 17 Februarie 2023, ‘Vlooi se verjaardag’ in die biblioteek by te woon. Ek wens ek kon al die graad 1-ouers nooi om die spesiale geleentheid by te woon. Hierdie geleentheid geskied om die graad 1’s se voltooiing van hul eerste leesboek, naamlik Vlooi se verjaarsdag, te vier. Die graad 1-onderwysers het die interessante koekresep uit Vlooi se boek gevolg en dit aan hulle gedemonstreer. Die graad 1’s het so gelag, want bestanddele soos tamatiesous, sousboontjies, graanvlokkies saam met eiers en melk het ook nie vir hulle sin gemaak nie. Dit was groot pret terwyl hulle gelukkig lekker gesmul het aan hul eie eetgoed wat hul ouers/voogde vir hulle ingepak het. Daar het wel ‘n paar graad 1’s kans gesien om die unieke koekmengsel te proe. Ons het week 5 van kwartaal 1 afgesluit met mini-krieket by Laerskool Hugo Rust op Vrydagmiddag/aand, 17 Februarie 2023, en op Saterdagoggend vanaf 09:00 –13:00 het ons koorleerders ‘n heerlike koordag onder leiding van juf. Helecia en mnr. Ben by die skool geniet. Hulle het nie net op die dag gesing nie, maar ook aan ander lekker pretaktiwitiete deelgeneem. Op Dinsdag, 21 Februarie 2023, was die hartseer begrafnis van juf. Raché se man, Calvin. Die gedenkdiens is by Mcpherson’s te Table View gehou. Die pastoor se preek het meer daarop gefokus dat ons Calvin se lewe eerder moet vier as om oor sy dood te treur. Dit was hartverskeurend om Raché en Calvin se ouers na die diens te vertroos. Hulle is verpletterd. Raché en Calvin was maar 10 maande getroud. Hulle...

Krieketuitslae

Die graad 1's het 17 Februarie aan hul eerste kriekettoernooi by Hugo Rust deelgeneem. Dit was ‘n ongelooflike dag en die graad 1's het dit vreeslik geniet. Hulle het beslis die gees gebring. Welgedaan graad 1! Dinsdag het ons 0.9-krieketspanne teen Weizmann en Kampsbaai te staan gekom. Die 0.9-Blouspan wen teen Weizmann gemaklik en die 0.9-Groenspan verloor ongelukkig in die laaste boulbeurt teen Kampsbaai. Beide ons 0.11-spanne het Woensdag teen Herzlia Highlands  en Golden Grove te staan gekom. Krieket o.11A wen met 72 lopies teen Herzlia Highlands. Ons het 148 aangeteken na 16 beurte. Ben Esterhuyse - 54 lopies Alexander Weidemann - 24 lopies Vincent Oosthuizen - 2 paaltjies vir 5 lopies na 2 beurte Luke Willows - 2 paaltjies vir 13 lopies na 3 beurte Alexander Weidemann - 2 paaltjies vir 11 lopies na 2 beurte Nicolas Marais - 2 paaltjies vir 11 lopies na 2 beurte Baie geluk, manne! 0.11B het weggespeel teen Golden Grove.  Hier het ons manne al hulle staal gewys en vir Golden Grove vir 46 lopies uitgeboul.  Ons kolwers het gemaklik die teiken behaal en wen die wedstryd met 10 paaltjies.  Ons 0.13-span het teen Curro-Durbanville te staan gekom. Curro het eerste gekolf en 'n baie groot telling van 213 aangeteken in slegs 15 boulbeurte.  Ons manne het hard probeer, maar kon ongelukkig nie die telling bereik nie. 'n Baie suksesvolle week op die krieketveld.  Baie geluk aan elke span wat net hul beste gegee...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor