Ek beplan om volgende Saterdag met leerders en ouers wat belangstel na die Elephant’s Eye grot in Silvermine te stap.

  • Waar: Parkeer voertuie by Silvermine Natuurreservaat parkeerarea
  • Wanneer: 4 Maart 2023
  • Tyd: 07:00 – ongeveer 11:30 (die roete kan nogal besig raak, so ons wil graag stiptelik 07:00 begin stap)
  • Afstand: 5.3km altesaam
  • Moeilikheidsgraad: Gemiddeld
  • Kostes: R38 per persoon vir die permit, by die hek beskikbaar – SLEGS KONTANT
  • Bring saam: Hoed, sonbrandroom, water, eetgoed, swembroek en handdoek (op pad terug is daar ‘n dam by Silvermine waarin ons na die stap kan swem).
  • Wie kan saam stap? Alle kinders en ouers (kinders jonger as 10 moes minstens al ‘n soortgelyke stap gedoen het)

Indien jy belangstel, vul die vorm in. Ek sal in kontak wees op Skooler op die Algemeen-groep met almal wat inskryf. Julle is welkom om ook op die Algemeen-groep vir my ‘n boodskap te stuur indien jy vrae het.

Groete
Suzaan Burger