Ons 0.9-Blouspan het Dinsdag teen Reddam te staan gekom. Ons spelers het eerste geboul en Reddam het 24 lopies gekry. Ons het gaan kolf en kon slegs 23 lopies kry. Ons verloor dus met 1 lopie, maar die spelers het hul gate uit geniet.

Ons hou duimvas vir die volgende wedstryd!

Ons 0.11A ‘s het Maandag teen Turfhall te staan gekom. Ons het eerste gekolf en 153 lopies aangeteken in die 15 boulbeurte. Ben Esterhuyse teken 56 aan, nie uit nie en Nils le Roux 34, nie uit nie.

Jack Dawes en Nils le Roux het ook baie mooi geboul en vinnig die eerste paaltjies geneem met Rudi Badenhorst wat ‘n puik vangskoot geneem het.  Ben is aangewys as speler van die wedstryd en ons wen die wedstryd met 55 lopies. Baie geluk met ‘n puik vertoning!

Ons 0.13A’s het Maandag teen Rondebosch East gespeel. Ons het eerste gekolf en het 74 lopies aangeteken. Ruben Eksteen het 19 lopies aangeteken.  Rondebosch het gaan kolf en neem ons telling verby in die 12de boulbeurt. Hulle wen die wedstryd met 8 paaltjies.