Frank van der Walt presteer in Rugby
Ons het Woensdag die nuus gekry dat Frank van der Walt opgeneem is in die WP o.12-oefengroep. Hierdie groep bestaan uit die twee spanne wat die WP o.12 A en B spanne gaan verteenwoordig in Riversdal by die kustoernooi tydens die eerskomende skoolvakansie. Frank raak dan ook die skool se eerste WP-verteenwoordiger in rugby sedert 2013. Baie geluk Frank! Jou harde werk is beloon. Baie geluk ook aan die trotse ouers, naamlik Franci en Nel, ons is saam met julle trots op sy...
Skooltye 28 Aug. – 4 Sept. 2023
Leerders gaan tydens Akademiese Week sport in skooltyd beoefen. Daar sal dus geen sport na skool wees nie. Maandag, 4 Sept, verdaag die skool vroeër a.g.v. 'n personeelopleiding. Maandag, 28 Aug.: Netbal / Rugby 12:00 - 13:00 o.7 - o.9 Dinsdag, 29 Aug.: Hokkie 11:30 - 12:30 (o.7 - o.9) 13:00 - 14:00 (o.10 - o.13) Woensdag, 30 Aug.: Netbal / Rugby 11:30 - 12:30 (o.7 - o.9) 13:00 - 14:00 (o.10 - o.13) Maandag, 4 Sept.: Skool verdaag vroeër 12:45 (graad 1 - 3) 13:00 (graad 4 -...
Jannies Talent 2023 is hier!
Dis hier! Het jy al jou kaartjie op Karri bespreek?? Wanneer: Woensdagaand, 30 Augustus, om 18:30 Opwindende talent! Lekker eet- en drinkgoed te koop Bring die hele gesin! Sien jou daar!
Toets van Vrydag, 1 Sept., uitgestel
Die Geskiedenistoets wat geskeduleer is vir gr. 4 - 6 vir Vrydag, 1 September, sal met een week uitgestel word a.g.v. die akademiese week. Hierdie toets sal nou op Vrydag, 8 September, geskryf word. Die gr. 7's se Geskiedenistoets word ook uitgestel, maar daar sal aan hulle gekommunikeer word wanneer hulle dit sal skryf aangesien hulle 'n Tegnologietoets op Vrydag, 8 September,...
Interskole 2023: Uitslae
Netbal: Saterdag, 19 Aug., was dit weer tyd vir ons jaarlikse interskole teen Laerskool Dirkie Uys. Die kompetisie was nie maklik nie, veral nie met passievolle ouers langs die baan nie, maar ons dogters het nie dat dit hulle onderkry nie. Alle spanne het baie goed gevaar. Volgende jaar is ons weer reg vir hulle! o.7A verloor 1-6 0.7B verloor 0-2 0.7C wen 2-1 o.8A wen 7-4 0.8B wen 2-1 0.8C verloor 1-2 o.9A verloor 7-4 0.9B verloor 7-2 o.10A verloor 6-10 0.10B wen 7-2 o.11A wen 17-10 0.11B verloor 3-9 o.11C verloor 1-5 o.12A verloor 14-15 0.12B wen 21-5 o.13A wen 28-15 0.13B wen 11-5 0.13C wen 5-4 Hokkie: Ons hokkiespanne het Vrydag teen Dirkie Uys te staan gekom vir ons jaarlikse Interskole en het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Baie dankie aan al ons ouers en ondersteuners wat langs die veld was om ons aan te moedig. Hier volg ons uitslae: Hokkie Seuns: o.7 verloor 0-8 o.8 verloor 1 - 16 o.9A verloor 2-5 o.9B verloor 0-1 o.10A 2-2 o.10B wen 6-0 o.11 wen 2-1 o.13 wen 4-0 Hokkie Dogters: o.7 verloor 2-3 o.8 verloor 0-6 o.9 verloor 2-3 o.10 4-4 o.11 wen 3-2 o.13 wen 6-0 Rugby: Saterdag, 19 Augustus, het ons rugbyspanne gewys dat rugby nie net in die platteland gespeel word nie. Die o.7 - o.9-spanne kon ongelukkig nie hulle wedstryde wen nie, maar het deurgans goeie rugby gespeel waarop hul afrigters ongelooflik trots was. Die o.11A-span het toe die bordjies verhang en die o.13A-span kon die dag afsluit deur geskiedenis te maak en vir die eerste keer op Dirkie Uys se tuisveld...
Klerebanknuus 2023
Aangesien die skooldrag aangepas is vir ‘n meer moderne, interaktiewe Laerskool Jan van Riebeeck is daar ook besluit dat die skool die bedryf van die klerebank sal oorneem. Hierdie oordrag sal vanaf 1 Oktober in werking tree. Soos met die skooldrag is daar ook ‘n oorgangsproses met die klerebank. Ons het onder meer reeds ‘n groot bestelling van verskeie skooldrag items geplaas om aan ons ouers/leerders se onmiddellike behoefte te voldoen. Baie dankie vir diegene wat reeds klere bestel het om vir die eerste skooldag van 2024 gereed te wees. Gaan gerus voort met aanlyn bestellings sodat jy met sekerheid jou kind Jan. 2024 skool toe kan stuur. Die nuwe bedryfstye en -organisasie sal later aan almal gekommunikeer word. Tot tyd en wyl staan Eda steeds aan die stuur van die klerebank en alle vrae kan nog aan haar gerig word. Klere wat reeds by Eda bestel is, sal steeds hanteer word soos afgespreek. Sodra die klere beskikbaar is, sal dit gekommunikeer word. Met hierdie skrywe poog ons om meer gereelde kommunikasie betreffende skooldrag en klerebankreëlings te sirkuleer. Ons wil graag ook rustigheid aan almal bied dat die skool werklik luister en die beste vir ons skoolgemeenskap probeer doen. Ons leerders lyk werklik mooi en netjies met die nuwe skooldrag wat gedra word. Ons sien uit na die gr. 4-7-geruite rompies wat binnekort ook beskikbaar sal wees. Graag wil ons ook vir Eda bedank vir 8 jaar se toegewyde diens en die moeite wat sy ingesit het om boonop die skooldrag bekostigbaar te hou. 2024 is ‘n MOOI jaar waarna ons almal kan uitsien. Laerskool Jan van Riebeeck...
Abigail Fourie presteer in Gimnastiek
Abigail Fourie het op 12 Augustus aan WP se distrikskompetisie vir Ritmiese Gimnastiek deelgeneem. Sy het onderskeidelik 'n podium posisie vir "freehand" en "lint" verwerf en sy het op die dag algeheel 3de geëindig. Sy neem op 26 Augustus aan WP-proewe deel. Baie geluk, Abigail. Ons hou duimvas vir die...
JvR-Kiek
Die skool het 'n platform waarop ons foto's van skoolaktiwiteite deel. Indien jy nog nie daarop ingeteken het nie, of graag 'n e-poskennisgewing wil ontvang wanneer ons iets geplaas het, volg gerus hierdie skakel vir instruksies: JvR-Kiek
Geagte Ouers / Voogde – 18 Augustus 2023
Die afgelope week is daar sommer behoorlik gees gevang vir die afskop van die interskole vandag met hokkie teen LS Dirkie Uys te Moorreesburg. Die Geesweek het met groot opwinding op Maandag, 14 Augustus, afgeskop met die volgende temas en aktiwiteite vir elke dag: Maandag: Bloudag Dinsdag: Barbiedag Woensdag: ‘’Mismatch’’ dag asook onderwysers wat teen die ouers netbal en raakrugby gespeel het. Die leerders het luidkeels hul ouers asook die onniespanne aangemoedig, maar dit tog moeilik gevind vir watter span hulle nou eintlik moes ondersteun. Dit was groot pret en graag wil ek al die ouers hartlik bedank wat die tyd gemaak het om aan die wedstryde deel te neem en in die proses dit baie spesiaal vir die leerders te maak. Baie geluk aan ons pappas wat die raakrugby teen ons manspersoneel gewen het, maar ongelukkig moes ons mammas tweede viool teen ons netbaljuffies speel. Donderdag: "Crazy Hat" dag Vrydag: Oranjedag asook die "Big Brag" Verder versier die leerders hul klaskamerdeure vir die interskole en daar is daagliks pryse uitgedeel vir die leerders met die mees oorspronklike kleredag om die onderskeidelike temas uit te beeld. Op Vrydagaand, 11 Augustus, het die jaarlikse Quiz-aand alias die Bring-en-Raai-aand plaasgevind. Hierdie gewilde, sosiale geleentheid op die skoolkalender was weer vanjaar die spreekwoordelike wenner. Daar was nie plek vir ‘n muis of sal ek eerder sê vir ‘n rot in die saal nie en die bekende akteur, Beer Adriaanse, was aan die stuur van sake. Hy het hom uitstekend van sy taak gekwyt. Ek het die voorreg gehad om self die vasvrae-aand by te woon en opvallend was die opwinding en ongelooflike...
Rugby, Netbal, Hokkie EN KUNS!
Terwyl die Interskole-gees ons gange gevul het, het die gr. 7’s gesorg vir balans deur die kunsuitstalling by die Welgemeend se jaarlikse "Maand van Kuns" op Dinsdag, 15 Augustus, te besoek (weliswaar as kleurvolle Barbies en Kens!). Die titel van hierdie jaar se uitstalling is ‘Kaapse oomblikke’ en is moontlik gemaak deur die samewerking tussen Strauss & Co, die Kilbourn-familie en genooide versamelaars. Die uitstalling bestaan uit ‘n wye verskeidenheid van historiese en kontemporêre werke wat die geografie, karakter en geskiedenis van die Wes-Kaap uitbeeld. Dit was ‘n groot voorreg om werke deur kunstenaars soos, onder andere, Irma Stern, Pierneef, Gwelo Goodman, Peter Clarke, George Hallet en David Goldblatt saam te sien. Elmarie van Straten (Strauss & Co) het die leerders begelei en hulle vrae beantwoord. ‘n Hoogtepunt was die ‘kunsskattejag’. Die leerders het bladsye gekry met blokkies wat gedeeltes van sekere kunswerke wys. Hulle moes die werke fyn ondersoek om die gedeeltes te identifiseer en dan die name van die kunstenaars by die ooreenstemmende blokkie te skryf. Die uitstalling duur tot 31 Augustus en is beslis ‘n besoek werd! Foto 2: Ruben Oosthuizen voor Goldblatt se ‘Dethroning of Cecil John Rhodes’ - wonder of hy die standbeeld van Rhodes sien as die voorland van Dirkie Uys hierdie...
Drama: 18 Aug. 2023
Liewe Drama-Ouers, As gevolg van die sportnaweek is drama vir gr. 1 - 3 vandag 11:45 - 12:35 en daar is ongelukkig geen drama vir gr. 4 - 7 nie. Baie dankie en lekker naweek!
Jannies Talent Aanbieders gekies
Baie geluk aan ons vier aanbieders wat uitstekende oudisies geslaag het. Ongelukkig het nie een van die ander kandidate opgedaag vir oudisies nie, maar hierdie vier gaan styl en luister aan die aand verleen: Kerala en Ashlyn Mieke en Carmen Onthou om julle kaartjies op die Karri-toep te...
Dr. Jenny Rose Praatjie – 17 Augustus
Beste Huppelland- & Graad 1 & 2-ouers Ons eerste ouerpraatjie dié jaar geskied 17 Augustus deur Dr. Jenny Rose. Sy is ‘n Kliniese Sielkundige wat in kinders spesialiseer. Gaan lees gerus meer deur die volgende skakel te volg. Die praatjie kan ongelukkig weens die bouery nie in die klubhuis plaasvind nie. Hierdie jaar sal dit in die Laerskool se skoolsaal wees. Die kaartjies sal op Karri teen R100 pp te koop wees en sluit ‘n glasie wyn in. Die praatjie sal stiptelik om 18:30 begin. Ouers kan van 17:45 by die skoolsaal vergader, ‘n glasie wyn drink en sosialiseer. Dr. Jenny Rose se praatjie sal oor die volgende handel: - Emosionele ontwikkeling - Hoe om jou kind se gedrag te verstaan - Dissipline tuis Ons sien almal geweldig uit om na haar te luister en wag al lank om haar by Huppelland te verwelkom! Groete Die...
Geesweek: 14 – 18 Augustus 2023
Volgende week is Geesweek! Leerders kan volgende week volgens die volgende temas aantrek: Maandag: Bloudag Dinsdag: Barbiedag Woensdag: Mismatch-dag Donderdag: "Crazy hat"-dag Vrydag: Oranjedag
Hoërskool Jan van Riebeeck thrift
Maak skoon, maak leeg en skenk als vir Hoërskool Jan van Riebeeck se Plezier Markt wat vir 23 September beplan word! Ons versoek dat ouers enige van die onderstaande produkte wat in 'n goeie toestand is, vir die Hoërskool sal skenk. Produkte wat ons ontvang, sal gedurende die mark ten bate van die Hoërskool by hul Thrifting-stalletjie verkoop word. meubels juweliersware handsakke / sakke klere (volwassenes en kinders) boeke legkaarte lap wol Enige produkte wat ons nie verkoop nie, sal aan ander liefdadigheidsorganisasies geskenk word. Alle skenkings kan by die Hoërskool se sekuriteit afgelaai word. Indien enige items by u opgelaai moet word, kontak asseblief vir Jana Rademeyer (navonjane@gmail.com of 083 459 9965) om reëlings te tref. Dankie by voorbaat vir u...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026