Beste Huppelland- & Graad 1 & 2-ouers

Ons eerste ouerpraatjie dié jaar geskied 17 Augustus deur Dr. Jenny Rose. Sy is ‘n Kliniese Sielkundige wat in kinders spesialiseer. Gaan lees gerus meer deur die volgende skakel te volg.

Die praatjie kan ongelukkig weens die bouery nie in die klubhuis plaasvind nie. Hierdie jaar sal dit in die Laerskool se skoolsaal wees. Die kaartjies sal op Karri teen R100 pp te koop wees en sluit ‘n glasie wyn in. Die praatjie sal stiptelik om 18:30 begin. Ouers kan van 17:45 by die skoolsaal vergader, ‘n glasie wyn drink en sosialiseer.

Dr. Jenny Rose se praatjie sal oor die volgende handel:
– Emosionele ontwikkeling
– Hoe om jou kind se gedrag te verstaan
– Dissipline tuis

Ons sien almal geweldig uit om na haar te luister en wag al lank om haar by Huppelland te verwelkom!

Groete
Die Huppellandspan