Maak skoon, maak leeg en skenk als vir Hoërskool Jan van Riebeeck se Plezier Markt wat vir 23 September beplan word!

Ons versoek dat ouers enige van die onderstaande produkte wat in ‘n goeie toestand is, vir die Hoërskool sal skenk. Produkte wat ons ontvang, sal gedurende die mark ten bate van die Hoërskool by hul Thrifting-stalletjie verkoop word.

meubels
juweliersware
handsakke / sakke
klere (volwassenes en kinders)
boeke
legkaarte
lap
wol

Enige produkte wat ons nie verkoop nie, sal aan ander liefdadigheidsorganisasies geskenk word. Alle skenkings kan by die Hoërskool se sekuriteit afgelaai word. Indien enige items by u opgelaai moet word, kontak asseblief vir Jana Rademeyer (navonjane@gmail.com of 083 459 9965) om reëlings te tref. Dankie by voorbaat vir u ondersteuning!