Netbal:

Saterdag, 19 Aug., was dit weer tyd vir ons jaarlikse interskole teen Laerskool Dirkie Uys. Die kompetisie was nie maklik nie, veral nie met passievolle ouers langs die baan nie, maar ons dogters het nie dat dit hulle onderkry nie. Alle spanne het baie goed gevaar. Volgende jaar is ons weer reg vir hulle!

o.7A verloor 1-6
0.7B verloor 0-2
0.7C wen 2-1
o.8A wen 7-4
0.8B wen 2-1
0.8C verloor 1-2
o.9A verloor 7-4
0.9B verloor 7-2
o.10A verloor 6-10
0.10B wen 7-2
o.11A wen 17-10
0.11B verloor 3-9 
o.11C verloor 1-5
o.12A verloor 14-15
0.12B wen 21-5
o.13A wen 28-15
0.13B wen 11-5
0.13C wen 5-4

Hokkie:

Ons hokkiespanne het Vrydag teen Dirkie Uys te staan gekom vir ons jaarlikse Interskole en het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Baie dankie aan al ons ouers en ondersteuners wat langs die veld was om ons aan te moedig. Hier volg ons uitslae:

Hokkie Seuns:

o.7 verloor 0-8
o.8 verloor 1 – 16
o.9A verloor 2-5
o.9B verloor 0-1
o.10A 2-2
o.10B wen 6-0
o.11 wen 2-1
o.13 wen 4-0

Hokkie Dogters:

o.7 verloor 2-3
o.8 verloor 0-6
o.9 verloor 2-3
o.10 4-4
o.11 wen 3-2
o.13 wen 6-0

Rugby:

Saterdag, 19 Augustus, het ons rugbyspanne gewys dat rugby nie net in die platteland gespeel word nie. Die o.7 – o.9-spanne kon ongelukkig nie hulle wedstryde wen nie, maar het deurgans goeie rugby gespeel waarop hul afrigters ongelooflik trots was. Die o.11A-span het toe die bordjies verhang en die o.13A-span kon die dag afsluit deur geskiedenis te maak en vir die eerste keer op Dirkie Uys se tuisveld te wen.

Baie dankie vir al die ondersteuning wat die ouers aan die rugbyprogram bied deur te sorg dat die leerders betrokke en toegewyd is. Ons sien uit na JvR se rugbytoekoms.

o.7B wen 5-1
o.7A verloor 0-8
o.8B verloor 0-7
o.8A verloor o-4
o.9B verloor 0-6
o.9A verloor 2-5
o.11A wen 19-14
o.13A wen 27-14