Jannies deel van Tosca-produksie

Drie Jannies, Jacob Venter, Karu Rademeyer en Abigail Fourie, is deel van die produksie, Tosca, by die Kunstekaap Opera Huis. Die produksie is van 12 tot 17 September op die planke en kaartjies is op Computicket beskikbaar. Baie geluk aan hierdie drie Jannies!

Skaakuitslae: 8 September 2023

Die o.13-span het hul laaste ligawedstryd teen Houtbaai Internasionale skool  op Vrydag, 8 September, gespeel. Ons is trots om te noem dat die span 5-1 gewen het. Ons het goed in die liga gevaar en sien uit daarna om volgende jaar weer deel te neem.

MathArt Kunskompetisie 2023

Die Nelson Mandela Universiteit bied die afgelope vyf jaar ‘n nasionale kunskompetisie aan vir leerders van gr. 7 tot gr. 12. Hierdie jaar se tema was MATHEMATICS IN AFRICA: PAST, PRESENT, FUTURE (‘n uitdagende een!). Leerders moes ‘n kunswerk maak wat die tema uitbeeld en wat wys hoe Wiskunde en Kuns bymekaar aansluit. Hulle moes dan daarby ‘n geskrewe deel inhandig oor watter tipe Wiskunde hulle gebruik het en hoe dit by die tema aansluit. Die eerste paar rondtes van beoordeling vind aanlyn plaas, waarna die finaliste se fisiese werke na die NMU gestuur word vir die finale beoordeling. Voor die pryswenners aangekondig word, word die werk deur verskeie wiskundiges en kunskenners beoordeel. Hierdie jaar was daar ‘n rekordgetal inskrywings landwyd en ons is ongelooflik trots op die volgende leerders se prestasie: Silwer: Neil Heyns en Katia van Wyk Brons: Zuletha Ferreira, Mieke Huysamen en Eddie Quixley Neil beeld die Groot Vyf uit en lewer kommentaar op stropery: die afname in getalle van diere soos renosters en die gevolglike styging in waarde van renosterhorings. Katia se werk fokus op die Wiskunde in finansies en handeldryf: van ‘cowrie’ skulpe en goud in Timbuktu tot die uitbeelding van ‘apps’ wat kriptogeld beheer. Zuletha ondersoek afstande: Sterrekunde en die Sutherland teleskoop (SALT) Eddie se werk verwys onder andere na die Egiptiese piramiedes, Sterrekunde en MeerKAT in die Noord-Kaap. Mieke sien Wiskunde in die heksagone van byekorwe en verbind dit met die potensiële gevaar wat die ‘Africanised bee’ inhou vir die getalle van gewone bye. Danksy hierdie leerders se talent en toegewydheid, ontvang Laerskool Jan van Riebeeck ‘n toekenning vir die skool met...

Dapper Stappers: 15 September 2023

Volgende Vrydag na skool gaan ons 'n lekker vinnige stappie op Tafelberg inwerk. Ouers is welkom om saam te stap of om hul kinders saam te stuur en hulle later weer by die skool op te laai.  Roete: Beginpunt is onder die kabelkarretjie, die beginpunt van Indiavenster. Ons gaan 'n ent daarmee op en dan op 'n kontoerpad. Die plan is om na die grot - Andy's Cave - te stap. Tyd: Ons vertrek 14:10 van die skool af. Die duur van die stap sal later bevestig word, maar sal nie lank wees nie. Moeilikheidsgraad: Die eerste deel is opdraend, maar omdat dit nie ver is nie, sal beginners dit steeds kan doen, ons kan dit stadig vat. Vorm   Ek sal binnekort 'n Skoolergroep maak met al die ouers wat die vorm ingevul...

Geagte Ouers / Voogde – 8 Sept. 2023

Vandag vier ons "#Bok-Friday" en versoek ons al ons leerders, personeel en ouers/voogde om elke Vrydag vanaf 08 September tot die einde van die kwartaal ‘n springboktrui, of ‘n springbok t-hemp of iets groen en goud aan te trek as ‘n kollektiewe poging om die Bokke tydens die 2023 Rugby Wêreldbeker in Frankryk te ondersteun. Soos ons Springbokkaptein, Siya Kolisi sê: "We are in it together and together we are stronger". Ons wil deel van die nasionale inisiatief wees om bankvas agter die Bokke te staan in ‘n poging om hul titel van 2019 te verdedig en geskiedenis te maak as die eerste land wat vier wêreldbekers verower het. Ek glo almal sien daarna uit om te sien hoe twintig internasionale spanne sake gaan uitspook om vanjaar as die wêreldkampioene bekroon te word. Op Vrydag, 01 September, is ons akademiese week op ‘n hoogtepunt afgesluit met die gewilde kaskarresies wat op die mini-sportveld agter die skool plaasgevind het. Ons leerders het omtrent die akademiese week terdeë saam met die personeel geniet en ons het leerders die geleenthede gebied om op ander kreatiewe maniere te leer terwyl hulle hope pret het. Ek glo dat die KUNS om ‘n Jannie te wees na afloop van die spesiale week bemeester is. Ons eerste sportnaweek teen LS Welgemoed het vanaf 01 – 02 September weg plaasgevind. Alhoewel ons dit net as ‘n einde van die seisoen-sportdag gesien het, het dit wel as ‘n interskole-naweek vir die Blessies gedien. Op Vrydag, 01 September, het ons hokkiespanne teen hulle deelgeneem en bietjie "houe gevat", maar opvallend was die manier hoe ons Jannies, die afrigters en...

Sport teen Welgemoed 1 & 2 September: Uitslae

Netbal: Dit was 'n nat en koue dag, maar die reën het nie die Jannies gekeer op die netbalbaan nie. Elke Jannie het karakter gewys en deurgedruk op die gladde baan. Ons is trots op elke liewe Jannie. Geluk met die puik uitslae.  o.7A verloor 0-5 0.7B verloor 012 0.7C verloor 1-3 o.8A verloor (nie telling gehou) 0.8B verloor (nie telling gehou) 0.8C verloor (nie telling gehou) o.9A verloor 3-15 0.9B verloor 0-1 0.9C verloor 0-6 o.10A verloor 7-8 0.10B wen 5-3 0.10C verloor 1-10 o.11A wen 18-5 0.11B verloor 6-14 0.11C verloor 0-15 o.12A wen 17-8 0.12B wen 8-3 o.13A wen 18-10 0.13B verloor 9-12 0.13C verloor 1-8 Rugby: Op die 2de September speel die Jannies teen Laerskool Welgemoed. Ons was gegroet met 'n snerpende koue wind en nat gras in Belville. Die o.7, o.8 en o.9-spanne het eerste die Blessies die stryd aangesê en moes ongelukkig die knie buig teen baie talentvolle spanne. Die o.11A-span wen 'n naelbytstryd 10-8, met Carter Schoeman wat 'n strafskop oorskop nadat tyd reeds verstreke was. Dit was 'n ongelooflike vertoning deur die hele span. Die span sluit die jaar af met slegs 3 verlore op hul kerfstok. Die o.13A-span, wat swaargetrek het onder beserings in kritiese posisies, het toe op die veld gedraf. Na 50 uiters fisiese en senuwee-belaaide, minute het hulle as oorwinnaars uit die stryd getree. Hulle eindtelling was 22-14. Hierdie wen sluit dan 'n seisoen af waarin hulle net 4 van hulle 24 wedstryde verloor het. Ons is ook trots op die wenne behaal teen Kenridge, Welgemoed en Dirkie Uys. Dankie aan die ouers en leerders se toewyding...

Barbara Schreuder Dansskool: Cape Studio Exams 2023

Barbara Schreuder Dansskool bied aan 'n pragtige Moderne Dans-program: "Modern Assessments" Cape Studio Exams 2023 Datum: Sat., 16 Sept. 2023 Tyd: 11vm @JvR saal (Deure open 10.30vm) Kaartjies: Te koop by deur Kostes: R60 volwassenes R40 kinders Beoordelaar: Anene Engelbrecht van Dance@studio 15 Hermanus Ouers en familie en vriende is almal welkom om ons oulike dansers te kom ondersteun. Elke ouderdoms groep demonstreer 'n verskeidenheid van nuwe Barre werk, (CentreWork) Arm en vloerwerk en (Jetes) Spronge en (Pirouettes turns) draaie. Daarna volg twee danse insluitende 'n karakter dans uit Blyspele en 'n voorgeskrewe Eisteddfod 2023 dans. Die volgende dansers neem deel: Gr. 1: Deidre Louw, Michaela Lawson, Klara Pfeiffer, Katherine de Korte, Anya Greeff, Petronella Gouws, Mika Ohloff, Ciera February, Kacey Coulson, Iris Caldeira, Sienna Kruger, Elia Zwane Gr. 2: Christa-Bella Swart, Mika vd Walt, Lucy le Roux, Alayne Brink, Isla Jooste Gr. 3: Natalie Lawson, Skylar-Blake Ables, Heidi v Heerden Gr. 4: Solange Stevens, Jana v Gijsen Gr. 5: Ella Grey, Gabriella Buckenham, Danielle Fourie Gr. 6: Larah Opperman, Jessica Schincariol, Michaan Naylor, Isabella Marais, Daniella Boshoff Gr. 7: Kerala Allewell, Karlien vd Walt Gr. 8/9: Lara Basson, Lumarie Fourie, Emma Liebenberg Lekker dans, break a leg!! Ons is trots op elkeen!...

The World Needs a Father CT: 13 – 15 Oct 2023

You may have been touched by the pain of Fatherlessness in this world.  Statistics right across the globe are currently off the charts concerning fatherlessness.    We want to restore fatherhood in a fatherless generation. Since the family is the cornerstone of society, the solution for societal transformation should start there.   Throughout this weekend fathers are trained in understanding the essence of holistic development, and how each year of a child's development reveals the need for new investments into his/her life. Once that groundwork is laid, the fathers are trained in the four primary roles of fatherhood, namely: To establish moral authority; to confer identity; to provide emotional security and to affirm potential. By the completion of the training, the fathers who engaged in the training should be well equipped to know exactly how to father children, as well as being empowered to be better leaders in general.   The World Needs A Father is truly a global movement, with over 100 countries actively engaging fatherlessness under our banner. As leaders prepare to run with the vision of bringing heaven home in their country, we provide them with support, resources and a network of experience to draw on.   See more on www.theworldneedsafather.com   The training will be presented by Cassie Carstens of The World Needs a Father and will stretch the full weekend, Friday evening and the whole Saturday and Sunday.   The training is free, however some fee will be asked for venue hire and food.   The venue will be at Jan van Riebeeck Primary School, 52 Kloof St, CBD, Cape Town, 8000.    Click here or on the poster to fill out the form, and complete the form to RSVP!   Looking...

Boekverkope: 11 & 12 Sept. 2023

Dit is weer tyd vir ons kwartaallikse boekverkope! Dit sal eerskomende Maandag en Dinsdag (op die 11de en 12de September) in die biblioteek plaasvind. Stuur asseblief 'n geldjie saam indien leerders belangstel om 'n boek te koop. Ons sien baie uit!  Maandag, 11 Sept., 09:30 - 15:30 Dinsdag, 12 Sept., 07:15 - 15:30 Betaal met kontant, kaart of...

Koorfees: 17 Oktober 2023

Albei ons kore tree 17 Oktober om 19:00 by die Weskus Koorfees op. Onthou om kaartjies op Karri te koop! Dit word hierdie jaar by Laerskool Table View aangebied. Kaartjies is op die Karri-toep teen R80 te koop. Kinders onder 3 wat op hul ouers se skote sit, kry gratis toegang. Ons skool kry slegs 'n beperkte aantal kaartjies, so gou spring!! Die afsnydatum vir kaartjie-aankope is 27...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor