Volgende Vrydag na skool gaan ons ‘n lekker vinnige stappie op Tafelberg inwerk. Ouers is welkom om saam te stap of om hul kinders saam te stuur en hulle later weer by die skool op te laai. 

Roete: Beginpunt is onder die kabelkarretjie, die beginpunt van Indiavenster. Ons gaan ‘n ent daarmee op en dan op ‘n kontoerpad. Die plan is om na die grot – Andy’s Cave – te stap.

Tyd: Ons vertrek 14:10 van die skool af. Die duur van die stap sal later bevestig word, maar sal nie lank wees nie.

Moeilikheidsgraad: Die eerste deel is opdraend, maar omdat dit nie ver is nie, sal beginners dit steeds kan doen, ons kan dit stadig vat.

 
Ek sal binnekort ‘n Skoolergroep maak met al die ouers wat die vorm ingevul het.