Netbal:

Dit was ‘n nat en koue dag, maar die reën het nie die Jannies gekeer op die netbalbaan nie. Elke Jannie het karakter gewys en deurgedruk op die gladde baan. Ons is trots op elke liewe Jannie. Geluk met die puik uitslae. 

o.7A verloor 0-5
0.7B verloor 012
0.7C verloor 1-3
o.8A verloor (nie telling gehou)
0.8B verloor (nie telling gehou)
0.8C verloor (nie telling gehou)
o.9A verloor 3-15
0.9B verloor 0-1
0.9C verloor 0-6
o.10A verloor 7-8
0.10B wen 5-3
0.10C verloor 1-10
o.11A wen 18-5
0.11B verloor 6-14
0.11C verloor 0-15
o.12A wen 17-8
0.12B wen 8-3
o.13A wen 18-10
0.13B verloor 9-12
0.13C verloor 1-8

Rugby:

Op die 2de September speel die Jannies teen Laerskool Welgemoed. Ons was gegroet met ‘n snerpende koue wind en nat gras in Belville. Die o.7, o.8 en o.9-spanne het eerste die Blessies die stryd aangesê en moes ongelukkig die knie buig teen baie talentvolle spanne.

Die o.11A-span wen ‘n naelbytstryd 10-8, met Carter Schoeman wat ‘n strafskop oorskop nadat tyd reeds verstreke was. Dit was ‘n ongelooflike vertoning deur die hele span. Die span sluit die jaar af met slegs 3 verlore op hul kerfstok.

Die o.13A-span, wat swaargetrek het onder beserings in kritiese posisies, het toe op die veld gedraf. Na 50 uiters fisiese en senuwee-belaaide, minute het hulle as oorwinnaars uit die stryd getree. Hulle eindtelling was 22-14. Hierdie wen sluit dan ‘n seisoen af waarin hulle net 4 van hulle 24 wedstryde verloor het. Ons is ook trots op die wenne behaal teen Kenridge, Welgemoed en Dirkie Uys.

Dankie aan die ouers en leerders se toewyding deur die jaar. Dit dra by tot ‘n suksesvolle rugbyprogram waarin deelname die kernpunt is.

Nou is dit tyd vir die Springbokke!