Kooroptrede Drieankerbaai NG Kerk: 3 Desember 2023

Onthou asb. van ons laaste kooroptrede hierdie Sondagaand, 3 Desember, om 19:00 by Drieankerbaai NG Kerk (Hoofweg, Drieankerbaai). Albei kore tree op. Wees so 18:45 daar. Koorlede dra weer WIT en sit by hul ouers. Verlede week was pragtig, kom ons maak weer so! Dit is my laaste kooroptrede by Laerskool Jan van Riebeeck na 41 jaar, nogal 'n hartseer gedagte vir my! Dankie vir julle getroue ondersteuning al die jare. Helecia...

Ou skooldrag

Baie dankie aan elkeen wat ou skooldrag skool toe gestuur het. Ons geleentheid neem volgende week ‘n klomp klere na die skool aan wie ons die skenking maak. Dit wat ons nie hierdie jaar kan vervoer nie, stoor ons tot volgende jaar wanneer daar weer ‘n geleentheid sal wees. Ons sal dus iewers in die nuwe jaar weer ‘n insamelingsgeleentheid bied indien jy dalk hierdie een misgeloop het. Hou asb. alle ou skooldrag iewers veilig by die huis totdat ons weer ‘n geleentheid...

Louis Hofmeyr en John Gillmer presteer in Rugby

Louis Hofmeyr en John Gillmer het Saterdag die Hamiltons Rugbyklub se toekenningseremonie bygewoon. Louis is as die o.8 speler van die jaar aangewys en John die beste o.13 agterlynspeler van die jaar. Baie geluk, manne! Ons is trots op hierdie wonderlike prestasies van...

Delmar presteer in Swem

Delmar Benecke het die naweek van 25-26 November aan die Cape Town Aquatics (CTA) se WP-kampioenskap as lid van die Vineyard Swemklub deelgeneem. Delmar het baie goed gevaar en wen die volgende: 100m rugslag - goud seuns o.12 100m vryslag - silwer seuns o.12 Hy swem persoonlike beste tye vir albei sy items. Baie geluk, Delmar! Dis 'n wonderlike...

Geagte Ouers / Voogde – 24 November 2023

Ons gr. 4 – 6-leerders het die afgelope week op Dinsdag, 21 November, ook met hul finale eksamens begin en dit eindig op Donderdag, 30 November. Die grondslagfase se finale assesserings vir die jaar is gedurende die afgelope twee weke afgehandel, gemodereer en punte is verwerk. Hiermee wil ek ons toegewyde grondslagfase opvoeders en hul klasassistente hartlik bedank vir hul leeue-aandeel in die suksesvolle afhandeling van die akademiese jaar. Die jaarlikse prysuitdelings vir die Grondslagfase het op Donderdag, 23 November, plaasgevind. Baie geluk aan al ons wonderlike grondslagfase leerders wat op die dag die nodige erkenning vir hul harde werk, toewyding en puik prestasies ontvang het. Julle is almal presteerders wat ons baie trots maak! Baie dankie aan al die ouers/voogde wat in groot getalle die onderskeie prysuitdelings bygewoon het en in die proses dit baie spesiaal vir hul kind/ers gemaak het. Prysuitdelings vir gr. 4 en 5 geskied op Dinsdag, 05 Desember, en vir gr. 6 en 7 op Donderdag, 07 Desember. Op Donderdagaand, 16 November, om 18:00 het die inligtingsaand vir gr. 7-ouers van 2024 in die saal plaasgevind. Graag wil ek juf. Charlene (gr. 7-Graadhoof) en haar span hartlik bedank vir die puik aanbieding waartydens die onderskeie vakonderwysers aan die ouers voorgestel is, die gr. 7-kurrikulum met nuwe vakke is verduidelik, besprekings rakende kampe, sokkies, roomysverkope, fondsinsamelingsprojekte, konsert, afskeid aan die einde van die jaar, ens. is in detail hanteer. Ons ouers/voogde het die sessie baie insiggewend ervaar en met geruste harte uit die saal gestap met die wete dat hul kinders volgende jaar vir hul laaste laerskooljaar weer in goeie hande sal wees. Baie geluk...

Graad 4 – 7 Prysuitdeling 2023

Prysuitdelings is ‘n kontroversiële onderwerp wat ons met die grootste respek by ons skool probeer hanteer. Ons neem dit baie ernstig op om vir elke leerder in die skool erkenning d.m.v. ‘n sertifikaat te gee. Ons poog om wel deurdagte besluite te neem deur leerders aan te moedig terwyl ons ook toekennings wil gee. Net soos by Sport en Kultuur wil ons ook graag spesiale erkenning aan ons leerders gee wat daagliks hul bes doen om ons skool se kernbesigheid, Akademie, ernstig op te neem en op hierdie gebied te presteer. Dis vir leerders belangrik dat ouers hulle ondersteun afgesien van jou eie ervaring van prysuitdelings, daarom nooi ons alle ouers uit om die onderskeie gr. 4 – 7-prysuitdelingsgeleenthede soos hier onder uiteengesit, by te woon. Tydens hierdie geleenthede word die Top 10 Akademiese prestasies per graad aangekondig saam met die eerste drie plekke in Tale en Wiskunde. Hiermee probeer ons motiveer en aanmoedig. Ons weet ook dat dit uiters belangrik is dat die leerders in klasverband aanwys wie hulle dink die maat was wat die jaar hul deel gedoen het, daarom dat daar drie baie spesiale, geliefde toekennings toegeken word nl. Klasburger van die jaar - klas stem Mees vasberade leerder - klas stem Onderwyserstoekenning - onderwyserskeuse Prysuitdelings: Graad 4 – Dinsdag, 5 Des., 9:00 Graad 5 – Dinsdag, 5 Des., 11:00 Graad 6 – Donderdag, 7 Des., 9:00 Graad 7 – Donderdagaand, 7 Des., 18:00 Dankie vir die ondersteuning. Ons sien uit om jou by hierdie spoggeleentheid te...

Jannies neem deel aan Nippers

Hierdie jaar se Nippers-seisoen het in Oktober begin en daar is 'n hele paar Jannies wat vir die eerste keer by Clifton Surf Lifesaving Club aangesluit het. Sondag was die seisoen se eerste geleentheid om vir kompetisies te kwalifiseer. Kwalifikasie sluit 'n swembad swemtoets, asook 'n mondelinge eksamen oor waterveiligheid en noodhulp in en daarna 'n hardloop/swem/hardloop aktiwiteit (tye en afstand volgens vlak). Dit behels 'n 300m swemtoets (onder 8 min) vir vlak 1 (onder 9 en 10), 'n 400m swemtoets (onder 10 min) vir vlak 2 en 'n 400m swemtoets (onder 9 min) vir vlak 3. Die volgende leerders het Sondag nuut gekwalifiseer op nuwe vlakke (Lea en Lukas vir die eerste keer): Vlak 1: Lukas Loubser Vlak 2: Lea Loubser Vlak 3: Dax Liversage, Delmar Benecke en Bailey Thomson. Daar is ander Jannies wat ook steeds deelneem/oefen wat nog nie vir kompetisies gekwalifiseer het nie. Ons is baie trots om die uithouvermoë en spangees te sien wat alreeds met hierdie maand se betrokkenheid by hulle gekweek het. Sondag is die seisoen se eerste kompetisie teen ander klubs. Nippers fokus ook op gemeenskapdiens (strandskoonmaak en lewensreddingvaardighede). Sterkte aan al die Jannies wat...

Swemuitslae: 17 November 2023

Vrydag, 17 November, het ons deelgeneem aan ‘n individuele swemgala te Laerskool Kampsbaai. Dit was ‘n wonderlike manier om die somerseisoen af te sluit en ons swemmers het fantasties gevaar. Daar was 6 skole wat teen mekaar deelgeneem het in 49 items. Die uitslae was as volg: 1ste: 14 2de: 14 3de: 16 4de: 2 5de: 3 6de: 0 Ons seunspan het vir die eerste keer die leeraflos gewen waar een swemmer per ouderdomsgroep vanaf o.7 - o.13 deelgeneem het. Ons het op die dag algeheel tweede geeïndig , slegs 11 punte agter Kampsbaai. Ons is trots op al ons...

Atletiek: 6 & 8 Desember 2023

Volgende week, 6 en 8 Desember, vind ons jaarlikse kleure-atletiek op Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde plaas. Sien alle inligting rakende die twee dae in die program. Opgewondenheid heers aangesien die blou- en oranjespan reeds vir twee weke hul verskeie liedjies oefen om die ander span lekker gas te gee. Ouers/voogde, julle word uitgenooi om solank aflosspanne bymekaar te maak sodat die middag op 'n lekker hoë noot kan afsluit. Kom geniet twee fantastiese atletiekbyeenkomstes saam met ons. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2023/11/FINAL-PROGRAM-2023-Kleure-atletiek-1.pdf" title="FINAL PROGRAM - 2023 Kleure-atletiek...

Barbara Schreuder Dansskool – Uitslae van AAB Ballet

Op Sondag, 12 Nov 2023, het ons dansers hul AAB Ballet met oorgawe gedans. Baie geluk aan almal wat deelgeneem het. Die twee beoordelaars was baie beïndruk. Elke danser ontvang 'n pragtige sertifikaat en medalje. Gradering: Bronze Recognition of Participation Bronze Distinction Recognition of Achievement Bronze Double Distinction Very Satisvactory Silver Good Silver Distinction Very Good Silver Double Distinction Almost Excellent Gold Excellent (From Level 3 and higher) Gr. 1 Iris Caldeira: Silver Double Distinction Klara Pfeiffer: Silver Double Distinction Sienna Kruger: Silver Double Distinction Elia Zwane: Silver Double Distinction Mika Ohloff: Silver Double Distinction Gr. 2 Christa-Bella Swart: Silver Double Distinction Mika vd Walt: Silver Double Distinction Isla Jooste: Silver Double Distinction Gr. 3 Natalie Lawson: Silver Double Distinction Heidi v Heerden: Gold Gr. 4 Solange Stevens: Gold Jana v Gijsen: Silver Double Distinction Gr. 5 Ella Grey: Silver Distinction Gabriella Buckenham: Gold Danielle Fourie: Silver Distinction Gr. 6 Larah Opperman: Silver Distinction Jessica Schincariol: Silver Double Distinction Michaan Naylor: Silver Distinction Isabella Marais: Silver Daniella Boshoff: Silver Distinction Gr. 7 Kerala Allewell: Gold Karlien v d Walt: Gold Gr. 8/9 Emma Liebenberg: Silver Double Distinction Lara Basson: Silver Double Distinction Lumarie Fourie: Silver Double...

Vakansiesorg Des 2023 / Jan 2024

Sien gerus die vorm vir meer inligting en vul jou besonderhede in indien jy daarvan gebruik wil maak. Vakansiesorg is die volgende datums beskikbaar: 13 en 14 Desember 2023 18 - 22 Desember 2023 8 - 16 Januarie 2024 [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2023/11/VAKANSIESORG-JAN-VAN-RIEBEECK-Desember-2023.pdf" title="VAKANSIESORG JAN VAN RIEBEECK Desember...

Dringende Kennisgewing: Datum wat skool sluit & Program

Neem asseblief kennis dat die skool op Dinsdag, 12 Desember, sluit en nie soos beplan op Woensdag, 13 Desember, nie. Die amptelike vakansiedag wat op 15 Desember is, veroorsaak dat skole genoodsaak word om een dag vroeër te sluit aangesien daar van onderwyspersoneel verwag word om twee dae nadat die skool gesluit het, admin te voltooi. Nasorg sal soos normaal tot op 17:15 plaasvind. Geen skool of nasorg op/vanaf Woensdag, 13 Des. nie. Organisasie van laaste twee weke van skool: Dinsdag, 5 Desember Gr. 4-Prysuitdeling 09:00 Gr. 5-Prysuitdeling 11:00 Skool verdaag 13:00 (Gr. 1-3) & 13:15 (gr. 4-7) Woensdag, 6 Desember Atletiek o.10 - Ope (Velditems) 07:45 - 14:00 Bus sal beskikbaar wees om leerders na veld te vervoer Bus sal leerders weer terugbring Sien atletiekprogram in Vrydag, 24 Nov., se nuusbrief Donderdag, 7 Desember Gr. 6-Prysuitdeling 11:00 Skool verdaag 13:00 (gr. 1-3) & 13:15 (gr. 4-7) Gr. 7-Prysuitdeling 18:00 Vrydag, 8 Desember Atletiek gr. 1-7 (Baanitems) 06:45 - 15:00 Sien atletiekprogram in Vrydag, 24 Nov., se nuusbrief Geen formele skooldag nie Maandag, 11 Desember Gr. 7-afskeidsaal 07:45 - 09:00 Gr. 7-ouers welkom Gr. 2-7 woon saal by Gr. 7-rapporte uitdeel Gr. 7's versier saal vir sokkie 11:00 Skool verdaag 13:00 (gr. 1-3) & 13:15 (gr. 4-7) Gr. 7-sokkie 18:00 - 21:00 Dinsdag, 12 Desember Gr. 1 – 7-saalbyeenkoms – laaste saal vir jaar 08:30 - 10:00 Sertifikate uitdeel, Dansoptredes Leerderraad aankondig Afskeid: Helecia Groenewald, Liezel Theron en Suné Alberts Gr. 1-6-rapporte uitdeel Gr. 7-afskeid (nie by skool nie) 10:00 - 12:00 Skool sluit vir vakansie: vir almal 10:30 As gevolg van vakansiedag, 15 Des., moet skool een dag...

Graad 1-3 Prysuitdelings 2023

Prysuitdeling vir graad 1-3-leerders vind Donderdag, 23 November 2023, in die skoolsaal plaas. Graad 1 – 08:30 Graad 2 – 10:00 Graad 3 – 12:00 Netjiese skooldrag is ‘n vereiste. Ouers is baie welkom om die spesiale geleenthede by te woon.

Geagte Ouers / Voogde – 17 November 2023

So kom week 6 van die laaste kwartaal tot ‘n einde met die gr. 7’s wat vandag met hul finale eksamen by die laerskool afskop met die skryf van Wiskunde. Die jaar het besonders vinnig verby gesnel en as ‘n mens vinnig daaroor wil reflekteer, wonder ek dadelik hoe is dit moontlik dat dit al amper weer Kersfees kan wees. Die jaar was besonders besig, maar tog was dit ‘n suksesvolle jaar met hope opwinding en sukses. Die somersportbuitemuurse program maak ook vandag klaar met die aflosgala wat by Laerskool Kampsbaai plaasvind. Gedurende die eksamen gaan ons voort met sportoefeninge, maar dit geskied in skooltyd. Ons leerders geniet dit terdeë om tydens die eksamen en veral na afloop van die skryf van ‘n vraestel ‘n bietjie uit die klas te kom om aan ‘n sportaktiwtiteit deel te neem. Dit help ongelooflik baie vir die leerders om die onnodige eksamenangs dikwels onbewustelik onder beheer te kry asook om die eksamenervaring in ‘n positiewe lig te sien. Ons leerders se merkwaardige deelname en prestasie op kulturele- en sportgebied hierdie afgelope jaar staan uit soos ‘n paal bo water en dit terwyl hul ‘arme’ ouers/voogde onder druk was om al die logistieke reëlings uit te werk en seker te maak hul kinders daag betyds by al die verskillende geleenthede op. Daarvoor salueer ek julle as ouers/voogde asook al die personeel en afrigters wat instrumenteel was tot die suksesvolle skepping van ‘n gesonde sportkultuur by ons skool binne ‘n relatiewe kort tydjie. Daardeur sê ek nie dat ons nou ‘n sportskool wil word nie, maar eerder dat ons onderneem om in die toekoms...

Kommunikasie 2024

Dit is vir ons belangrik om op ‘n tydige en gerieflike wyse met ouers te kan kommunikeer, daarom kondig ons graag die volgende reëlings t.o.v. kommunikasie vir 2024 aan: Met die volledige implementering van Teams by die skool en die uitbreiding van funksionaliteit in WhatsApp, is besluit om die gebruik van Skooler aan die einde van 2023 op te skort. Die skool het reeds ons eie WhatsApp Community, Ls JvR, geskep. Dié WhatsApp Community, tesame met ‘n aantal WhatsApp-groepe, sal vanaf 11 Desember as amptelike kommunikasiekanaal gebruik word om aankondigings, dringende kennisgewings en reëlings t.o.v. sportoefeninge, wedstryde, optredes e.d.m. aan ouers te kommunikeer. Skooler sal steeds tot einde van die kwartaal gebruik word terwyl ouers kans het om by die WhatsApp Community aan te sluit. Moet asb. nog nie Skooler van jou selfoon af verwyder nie. Om by die skool se WhatsApp Community-groepe aan te sluit, volg asb. hierdie stappe:  Gaan in op Skooler en volg die WhatsApp Community-skakel wat later vandag in die Algemeengroep beskikbaar gaan wees. Sluit aan by die skool se Community. Jy sal outomaties deel wees van die Announcement-groep waarop ons algemene afkondigings sal maak. Niemand sal jou selfoonnommer in hierdie groep kan sien nie. Jy gaan 'n lys van groepe sien waarby jy ook kan aansluit. Kies die relevante groepe en kies die opsie "request to join". Jou versoek sal met tyd aanvaar word, wees asb. geduldig indien jy nie onmiddellik tot die groep toegelaat word nie. Neem kennis dat jou selfoonnommer wel vir ander ouers sigbaar sal wees in die groepe waarby jy aansluit. Wanneer jy by groepe in die Community aansluit, gee...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor