Vrydag, 17 November, het ons deelgeneem aan ‘n individuele swemgala te Laerskool Kampsbaai.

Dit was ‘n wonderlike manier om die somerseisoen af te sluit en ons swemmers het fantasties gevaar. Daar was 6 skole wat teen mekaar deelgeneem het in 49 items. Die uitslae was as volg:

1ste: 14
2de: 14
3de: 16
4de: 2
5de: 3
6de: 0

Ons seunspan het vir die eerste keer die leeraflos gewen waar een swemmer per ouderdomsgroep vanaf o.7 – o.13 deelgeneem het. Ons het op die dag algeheel tweede geeïndig , slegs 11 punte agter Kampsbaai. Ons is trots op al ons swemmers!