Onthou asb. van ons laaste kooroptrede hierdie Sondagaand, 3 Desember, om 19:00 by Drieankerbaai NG Kerk (Hoofweg, Drieankerbaai).

  • Albei kore tree op.
  • Wees so 18:45 daar.
  • Koorlede dra weer WIT en sit by hul ouers.

Verlede week was pragtig, kom ons maak weer so!

Dit is my laaste kooroptrede by Laerskool Jan van Riebeeck na 41 jaar, nogal ‘n hartseer gedagte vir my! Dankie vir julle getroue ondersteuning al die jare.

Helecia Groenewald