Baie dankie aan elkeen wat ou skooldrag skool toe gestuur het. Ons geleentheid neem volgende week ‘n klomp klere na die skool aan wie ons die skenking maak. Dit wat ons nie hierdie jaar kan vervoer nie, stoor ons tot volgende jaar wanneer daar weer ‘n geleentheid sal wees. Ons sal dus iewers in die nuwe jaar weer ‘n insamelingsgeleentheid bied indien jy dalk hierdie een misgeloop het. Hou asb. alle ou skooldrag iewers veilig by die huis totdat ons weer ‘n geleentheid skep.