Hierdie jaar se Nippers-seisoen het in Oktober begin en daar is ‘n hele paar Jannies wat vir die eerste keer by Clifton Surf Lifesaving Club aangesluit het.

Sondag was die seisoen se eerste geleentheid om vir kompetisies te kwalifiseer. Kwalifikasie sluit ‘n swembad swemtoets, asook ‘n mondelinge eksamen oor waterveiligheid en noodhulp in en daarna ‘n hardloop/swem/hardloop aktiwiteit (tye en afstand volgens vlak).

Dit behels ‘n 300m swemtoets (onder 8 min) vir vlak 1 (onder 9 en 10), ‘n 400m swemtoets (onder 10 min) vir vlak 2 en ‘n 400m swemtoets (onder 9 min) vir vlak 3.

Die volgende leerders het Sondag nuut gekwalifiseer op nuwe vlakke (Lea en Lukas vir die eerste keer):
Vlak 1: Lukas Loubser
Vlak 2: Lea Loubser
Vlak 3: Dax Liversage, Delmar Benecke en Bailey Thomson.

Daar is ander Jannies wat ook steeds deelneem/oefen wat nog nie vir kompetisies gekwalifiseer het nie. Ons is baie trots om die uithouvermoë en spangees te sien wat alreeds met hierdie maand se betrokkenheid by hulle gekweek het. Sondag is die seisoen se eerste kompetisie teen ander klubs.

Nippers fokus ook op gemeenskapdiens (strandskoonmaak en lewensreddingvaardighede).

Sterkte aan al die Jannies wat deelneem!