Junior Swemgala: 1 Maart 2024

Ouers/voogde is welkom om die junior swemgala op 1 Maart by te woon. Tyd: 10:00 – 12:30 (leerders kan na die gala huis toe gaan) Moedig asb. jou kind(ers) aan om deel te neem. Leerders hoef nie in te skryf nie, ons moedig massa deelname aan. Alle leerders (deelnemers en toeskouers) kom met skoolklere skool toe. Deelnemers moet hul eie swemkeppie en skoolswembroek OF gewone donkerblou swembroek hê. Die uitslae sal gebruik word om leerders te identifiseer vir opkomende swemgalas. Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met ‘n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad. Aan die einde van ‘n item moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken (‘n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim. Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die item met beide hande raak. Volgorde vir individuele wisselslag: 1. Vlinderslag, 2. Rugslag, 3. Borsslag, 4. Vryslag Volgorde vir wisselslag AFLOS: 1. Rugslag, 2. Borsslag, 3. Vlinderslag, 4. Vryslag Die snoepie sal oop wees en daar sal ‘n koffiestalletjie wees. GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat. Pak asb. vir deelnemers droë onderklere, sonskerm en genoeg water in. Geen leerder mag voor die einde van die gala huis toe gaan nie. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2024/02/Junior-swemgala-2024.pdf" title="Junior-swemgala...

Beheerraadverkiesing: Nominasies

Liewe Ouers, Neem asseblief kennis dat julle vanaf Maandag, 26 Februarie, toegang sal kry tot benoemingsvorms (nominasies - Addendum B) om 'n ouer by die skool voor te stel wat bereid is om hom/haarself beskikbaar te stel vir die 2024 BR-Verkiesing. Benoemings sluit op Maandag, 04 Maart, om 13:00 en alle getekende benoemingvorms (nominasies) moet fisies dan by die adminkantoor (Jodene) ingehandig word. Ons sal die benoemingsvorms elektronies beskikbaar stel, maar dit is ook in harde kopie by die adminkantoor beskikbaar. Maak asseblief seker die benoemingsvorm is deur die volgende persone onderteken: Voorsteller Sekondant Kandidaat Volg gerus hierdie skakel vir die kennsigewing en benoemingsbekragtigingbrief. Baie dankie vir julle dringende aandag. Vriendelike groete Naas...

Geagte Ouers / Voogde – 23 Februarie 2024

Ons het week 5 van kwartaal 1 op ‘n hoë en ‘besige’ noot afgesluit met onder andere ‘n mini-kriekettoernooi te Laerskool Hugo Rust (Wellington) op Vrydagmiddag en -aand, ‘n swemgala Vrydagmiddag tuis met 8 skole uit ons onmiddellike omgewing wat deelgeneem het, ons o.13-rugbygroep het op Saterdag, 17 Februarie, aan die ‘Onder die Berg’-rugbytoernooi deelgeneem wat HS Jan van Riebeeck aangebied het, ‘n netbalkliniek is op Saterdag, 17 Februarie, tuis deur WPNA aangebied asook ons jaarlikse koorkamp wat op Vrydag, 16 en Saterdag, 17 Februarie, plaasgevind het. Dit is omtrent ‘n mondvol en julle kan dus aflei dat ons skoolprogram besig en propvol aktiwiteite is vir ons leerders om aan deel te neem. Laat my toe om weereens al ons toegewyde onderwysers en afrigters hartlik te bedank wat al die buitemuurse aktiwiteite vir ons Jannies moontlik maak. Die jaarlikse koorkamp onder leiding van juf. Rolene en mnr. Ben het vanjaar oor twee dae geskied, naamlik die Vrydagmiddag, 16 Februarie, en Saterdagoggend, 17 Februarie. Graag wil ek hulle hartlik gelukwens met die nuwe aanslag van koorafrigting asook die aanleer van nuwe en moderne liedjies waarmee ons leerders hulself kan vereenselwig. Ons koorleerders het die koorkamp terdeë geniet. Hulle het nie net gesing en nuwe liedjies geleer nie, maar ook aan ander pretaktiwiteite deelgeneem. Ons is saam met die koorleerders baie opgewonde en sien uit na al die kooroptredes wat die jaar op hulle wag. Op Dinsdag, 20 Februarie, om 12:15 het ons ‘n beplande ontruiming vir brand by die skool geoefen. Ons oefen een keer per kwartaal ‘n veiligheidsontruiming sodat ons leerders en personeel presies weet watter prosedure om te...

Wit en blou gholfers: raad vir uitwas van merke

Dit het onder ons aandag gekom dat ouers sukkel om kolle uit die skool-/sporthemde te kry. Hier volg raad vir die was van die hemde: Wanneer die hemp kolle op het, moet dit eers behandel word voor dit in die wasmasjien gegooi word. Meng 'n half koppie WITasyn en 'n half koppie water en maak die kolle daarmee nat voor jy dit in die wasmandjie gooi. Dit moet minstens 'n halfuur of verkieslik oornag so gelaat word voor dit gewas word. Daarna kan dit normaal gewas word. Vermy dit om versagmiddel te gebruik. Dit kan die kolle erger maak. Indien jy wasgoed wil versag, gooi WITasyn in plaas van versagmiddel in die versagmiddelgleuf van jou wasmasjien. Produkte wat goed werk vir kolle: Vanish "super bar" Boerseep Ons ondersoek die moontlikheid om 'n buisie vir kolle aan te hou, meer inligting sal later volg. Kolle wat al lank op die hemp is, sal dalk nie so maklik uitkom nie. Probeer om 'n merk so gou moontlik te behandel. Omdat dié hemde die leerder se sporthemp ook is, kon ons ongelukkig nie katoen gebruik...

Hoërskool Jan van Riebeeck-nuus

Ons bars weer van trots nadat ons Woensdag, 21 Februarie, die Kaapse Metro-Sentraaldistrik se prysuitdeling bygewoon het om die laaste erkenning aan ons matriekklas van 2023 te gee! Hoërskool Jan van Riebeeck ontvang die volgende toekennings: Beste presterende skool in Afrikaans Huistaal Beste vordering in Afrikaans Huistaalgemiddeldes Konsekwente jaarlikse prestasie in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe Jenna Kohler - beste presteerder in Afrikaans Huistaal Annabel de Jager - beste presteerder in Engels Eerste Addisionele Taal Adrian Huysamen - beste presteerder in Ekonomie en Ingenieursgrafika en -Ontwerp Nicole Prinsloo - beste presteerder in Toerisme en Besigheidstudies Zia Meintjies - beste presteerder in Gasvryheidstudies ... en die kersie op die koek: Jenna Kohler is die 8STE beste presteerder van alle leerders in die distrik! Baie geluk aan al ons onderwysers en ons puik Jan van Riebeeckers - ons hou jul toekoms met groot belangstelling...

Mini-Krieketuitslae: 20 en 22 Febr. 2024

20 Februarie 2024: o.9 A speel teen Llundudno o.9A JvR 41/0 - Llundudno 26/3 JvR wen met 15 lopies o.9 B speel teen Seepunt o.9 B JvR 37/3 - Seepunt 35/3 JvR wen met 2 lopies o.11A JvR speel teen Llundudno JvR kolf eerste en teken 77/7 aan na 16 beurte Llundudno 78/7/ na 15 beurte Llundudno wen met 3 paaltjies. Baie geluk aan Logan van Heerden met 'n boulsyfers van 4 beurte vir 4 paaltjies en het slegs 20 lopies afgestaan. 22 Februarie 2024: o.13 A speel teen Kampsbaai. JvR kolf eerste en teken 95 lopies aan. Kampsbaai kon slegs 28 lopies aanteken. JvR wen met 67 lopies. Welgedaan aan Jack Dawes met boulsyfers van 4 beurte 4 paaltjies vir 12...

Muzkanda Musiekprogram

Muzkanda Musiekprogram

Muzkanda Kids begin volgende kwartaal by Laerskool Jan van Riebeeck as ‘n buitemuurse aktiwiteit en ons kan nie wag om hulle by ons te verwelkom nie! Muzkanda Kids is ‘n unieke opvoedkundige musiekwaarderingsprogram wat fokus op die ontwikkeling van musikale vaardighede by jong kinders. Die program is spesifiek vir die moderne Suid-Afrikaanse musikale omgewing geskep met liedjies, stories, en speletjies wat by die wêreld pas waarin ons kinders grootword. Die program is ‘n wonderlike manier om jou kind aan musiek bloot te stel en dit is ‘n uitstekende grondslag vir die ontwikkeling van basiese musikale vaardighede. Kinders word ook bekendgestel aan al die verskillende musiekinstrumente, wat ‘n ideale inleiding is vir jou kind om later met gefokusde individuele musieklesse te begin. Vir meer inligting, besoek hul webblad: muzkanda.co.za of kontak gerus vir Rina by rinsch@rgjs.org.za. Koste: R900 per kwartaal Lesse: Donderdae, 14:30 (in groot...

Swemgala-uitslae: 16 Febr. 2023

Laerskool Jan van Riebeek het Vydag, 16 Februarie, 'n swemgala aangebied waaraan Herzlia, Camps Bay Pimary, Houtbay International, Sea Point Primary en Kronendal kom deelneem het. Ons swemmers het goed gevaar en het 'n derde plek uit die ses skole behaal. Die uitslae is as volg: Herzlia Camps bay JvR Kronendal Hout bay Sea point Welgedaan,...

Ou Skooldrag

Neem asb. kennis dat geen ou skooldrag wat nou skool toe gebring word, aanvaar sal word nie. Klere is reeds alles afgelewer soos vorige skrywes gemeld het. Dankie aan diegene wat so goed reageer het. Ons kon twee skole sommer ordentlik help!

Eisteddfod Inskrywings 2024

Die Eisteddfod inskrywings is oop en sal binnekort op Karri  vir betalings gelaai word. Die Eisteddfod sal einde Mei by ons skool plaasvind en beloop R100 per item. Vanjaar is Gr. R ook welkom on in te skryf vir voordrag (gedig). Gr. 1 en 2 kan aan voordrag (gedig) deelneem, gr. 3 aan voordrag en onvoorbereide lees en gr. 4-7 aan voordrag, onvoorbereide lees en prosa. Volg die skakel na 'n vorm wat ingevul moet word om in te skryf. Indien jy meer as een kind wil inskryf, vul asb. die vorm vir elke kind apart in: Eisteddfod Inskrywingsvorm Die inskrywings sluit 6 Maart en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Ek sal elke leerder met hul keuses en afrigting...

Konsert 2024

GROOOOOT opwinding!!!! Ons tema vir vanjaar se Skoolkonsert is SOMEWHERE OVER THE RAINBOW.... Dit beloof om 'n mallemeule van kleur, kostuums, toneelspel, pragtige danse en 'n opwindende storielyn te wees. Elke leerder gaan betrokke wees en ons sien alreeds baie uit wanneer die konsert in ons skoolsaal plaasvind die laaste twee weke voordat die skool vir die September-/Oktobervakansie sluit. Die finale datums sal binnekort bekend gemaak word. Graag versoek ons ouerbetrokkenheid met voorbereiding van kostuums, dekor, voorportaal en vele meer. Ons sal spoedig 'n vorm uitstuur waarop ouers kan aandui waarby elkeen graag betrokke wil raak. Duisende dankies, elke klein sandkorrel maak 'n baie groot...

Leer jou kind: Wat kan ek beheer en wat nie?

Wat is die dinge wat jou kind gespanne en ongelukkig maak? Leer hulle van jongs af om net te fokus op dit wat HULLE kan verander en leer hulle die onderskeid. Jy mag hulle dalk baie onnodige hartseer spaar. Sien die diagram hier onder wat wys wat jou kind kan beheer en wat nie. - Marike Badenhorst, Opvoedkundige Sielkundige  ...

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor