GROOOOOT opwinding!!!! Ons tema vir vanjaar se Skoolkonsert is SOMEWHERE OVER THE RAINBOW….

Dit beloof om ‘n mallemeule van kleur, kostuums, toneelspel, pragtige danse en ‘n opwindende storielyn te wees. Elke leerder gaan betrokke wees en ons sien alreeds baie uit wanneer die konsert in ons skoolsaal plaasvind die laaste twee weke voordat die skool vir die September-/Oktobervakansie sluit. Die finale datums sal binnekort bekend gemaak word.

Graag versoek ons ouerbetrokkenheid met voorbereiding van kostuums, dekor, voorportaal en vele meer. Ons sal spoedig ‘n vorm uitstuur waarop ouers kan aandui waarby elkeen graag betrokke wil raak.

Duisende dankies, elke klein sandkorrel maak ‘n baie groot woestyn.