Ons bars weer van trots nadat ons Woensdag, 21 Februarie, die Kaapse Metro-Sentraaldistrik se prysuitdeling bygewoon het om die laaste erkenning aan ons matriekklas van 2023 te gee!

Hoërskool Jan van Riebeeck ontvang die volgende toekennings:

  1. Beste presterende skool in Afrikaans Huistaal
  2. Beste vordering in Afrikaans Huistaalgemiddeldes
  3. Konsekwente jaarlikse prestasie in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe
  4. Jenna Kohler – beste presteerder in Afrikaans Huistaal
  5. Annabel de Jager – beste presteerder in Engels Eerste Addisionele Taal
  6. Adrian Huysamen – beste presteerder in Ekonomie en Ingenieursgrafika en -Ontwerp
  7. Nicole Prinsloo – beste presteerder in Toerisme en Besigheidstudies
  8. Zia Meintjies – beste presteerder in Gasvryheidstudies

… en die kersie op die koek: Jenna Kohler is die 8STE beste presteerder van alle leerders in die distrik!

Baie geluk aan al ons onderwysers en ons puik Jan van Riebeeckers – ons hou jul toekoms met groot belangstelling dop!