Dit het onder ons aandag gekom dat ouers sukkel om kolle uit die skool-/sporthemde te kry. Hier volg raad vir die was van die hemde:

  • Wanneer die hemp kolle op het, moet dit eers behandel word voor dit in die wasmasjien gegooi word.
  • Meng ‘n half koppie WITasyn en ‘n half koppie water en maak die kolle daarmee nat voor jy dit in die wasmandjie gooi. Dit moet minstens ‘n halfuur of verkieslik oornag so gelaat word voor dit gewas word.
  • Daarna kan dit normaal gewas word.
  • Vermy dit om versagmiddel te gebruik. Dit kan die kolle erger maak. Indien jy wasgoed wil versag, gooi WITasyn in plaas van versagmiddel in die versagmiddelgleuf van jou wasmasjien.
  • Produkte wat goed werk vir kolle:
    • Vanish “super bar”
    • Boerseep
    • Ons ondersoek die moontlikheid om ‘n buisie vir kolle aan te hou, meer inligting sal later volg.
  • Kolle wat al lank op die hemp is, sal dalk nie so maklik uitkom nie. Probeer om ‘n merk so gou moontlik te behandel.

Omdat dié hemde die leerder se sporthemp ook is, kon ons ongelukkig nie katoen gebruik nie.