Die wonderwêreld van disleksie
Vir die brein om letters in die korrekte volgorde te sien, te prosesseer en dan te verseker dat dit geïnterpreteer word om ‘n woord korrek te lees, uit te spreek en te skryf, is vir sommige mense ‘n ontsettende uitdaging. Om ‘n kind(ers) met disleksie groot te maak in ‘n wêreld waar daar aangeneem word dat almal ewe goed kan lees, skryf en praat is ‘n moeilike berg om uit te klim. Hierdie diagnose kan jou alleen en moedeloos laat voel totdat jy besef dat daar vreeslik baie ouers is wat in dieselfde bootjie sit. Die idee dat jou kind(ers) nie alleen hierdie reis hoef aan te pak nie, is ‘n gerusstellende gedagte. Kennis en kundigheid word daagliks oor disleksie ingewin en uitgebrei aangesien ons hier by LS JvR besef dat hier heelwat Jannies met disleksie gediagnoseer word. Dis ‘n lewenslange reis wat by ons as skoolgemeenskap begin om ons kinders op te voed om met hulself en hul maats wat moontlik disleksie het, grasie en begrip te hê. Hierdie diagnose (disleksie), net soos soveel ander, lyk by elke leerder anders. Dis dus baie moeilik om soms agter te kom dat jou kind moontlik simptome van disleksie het. Die brein is ongelooflik en vind maniere om hierdie simptome te omseil en weg te steek daarom blyk dit nie by almal so ooglopend te wees nie. Indien ‘n onderwyser op ‘n dag ‘n assessering by ‘n opvoedkundige sielkundige mag aanbeveel, is dit om jou as ouer, maar meer belangrik die leerder te ondersteun en te lei. Ons probeer so goed moontlik ‘n leeromgewing vir die leerders skep waarbinne hulle ook...
WP Tennis – Synergy Cup 2025
Stella en Neels het JvR baie mooi verteenwoordig by die Synergy Cup (WP / Boland / Noord-Kaap) vir die Cape Town WP A-span. Die top 4 van die A-span se seuns en dogters van die WP-span het nie gespeel nie, so ons klomp het harde kompetisie gehad teen Boland. Die A-span het 2de geëindig en silwer gekry. Dit was regtig warm en lang dae, so ek is ongelooflik trots op die 2 wat na die Graad 7-kamp met so baie gees opgedaag het en so ‘n voorbeeld op die tennisbaan was. Julle kan baie trots wees! Jeanne en Amelie het vir die B-span gespeel by 'n ander klub. Ons is baie trots op...
Veilingsdinee: 7 Junie 2025
Ons nooi julle graag na hierdie jaar se opvoedingstrust veilingsdinee fondsinsameling. Die veiling vind plaas op 7 Junie by die Mount Nelson Hotel. Daar is beperkte kaartjies so rsvp asb. by die onderstaande skakel om teleurstelling te vermy: https://forms.gle/mtH1mY7RqxdsFTYL7 Vriendelike groete, Die 2025...
Interne Redenaarskompetisie 2025
Ons leerders het tydens Woensdag en Donderdag se interne redenaarskompetisie net weereens bewys dat ons Jannies kán redeneer, maar met behulp van argumente wat ondersteun word deur navorsing. Graad 1 tot 7 het ons omtrent van verskeie onderwerpe oortuig; onder ander, dat kougom kou in die klaskamer voordelig vir ons leerders is, rekenaarspeletjies help met leer, is 'n top 10 in laerskole regtig nodig? En selfs dat ritmes in die lewe jou help met breinontwikkeling! Daar was nog vele meer insiggewende onderwerpe wat deur ons 23 deelnemers argumenteer is. Graad 6 en 7 leerders het onvoorbereide toesprake sowel as voorbereide toesprake gelewer. Hulle moes redeneer of kunsmatige intelligensie 'n voordelige hulpmiddel in die klaskamer is. Daar is albei dae van eksterne ATKV-beoordelaars gebruik gemaak en ons sprekers kon van hul repliek ook soveel waarde wegneem. Ons sal binnekort die leerders wat ons skool by ATKV se eerste ronde gaan verteenwoordig, bekendmaak. Welgedaan aan al die sprekers! N.S. 'n paar van ons leerders moes van die geleentheid gebruik maak om Mnr. Beets ook van 'n paar dinge te oortuig... en hy het mooi na elkeen se argumente...
Digitale Geletterdheid: Wat het ons in kwartaal 1 geleer?
Hierdie kwartaal in Digitale Geletterdheid het ons oor 'n paar interessante aspekte van rekenaars en digitale toestelle gepraat. Een van die temas wat die meeste uitgestaan het, was die Graad 5's se gebruike van die internet. Hier het die leerders geleer wat die voordele van die internet is, hoe om veilig te wees wanneer jy aanlyn werk en ook wat die gevare van aanlyn speletjies en toepassings is. Ons het nie net teorie geleer nie, maar ook prakties op die tablette gewerk. Een van die lesse wat uitgestaan het, was toe die Graad 3's 'n tikvaardigheid-aktiwiteit gedoen het. Dit was so mooi om te sien hoe hulle mekaar gehelp het, as een sukkel om 'n spesifieke letter te vind. Hulle het baie hard gekonsentreer om op die sleutelbord te tik en seker te maak hul tik met die regte vingers op die regte knoppies. Ons sien uit na nog 'n klomp lekker temas vir Kwartaal 2 in Digitale Geletterdheid....
Lion’s Club Paaseierskenkings
Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lion’s Club help om paaseiers vir minderbevoorregte kinders in te samel. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Vrydag, 11 April, skool toe gebring word (neem asb. kennis van die veranderde...
Geagte Ouers / Voogde – 07 Maart 2025
Vandag is die eerste Vrydag van Maart en dit beteken dat die skole oor drie weke vir ‘n kort en welverdiende vakansie sluit, voordat ‘n besige kwartaal 2 afskop. Die seisoen is ook besig om te draai, met die son wat soggens later opkom en vroeër ondergaan, terwyl volmaan op 14 Maart gaan aanbreek, wanneer die aarde direk tussen die son en die maan gaan wees. Maart word ook gekenmerk deur Ramadan en ons wens vir al ons Moslem-ouers en -vriende ‘n geseënde Ramandan Mubarak toe. Ons skool was vanaf Maandag weer voltallig met die terugkeer van die gr. 5– en 7-leerders vanaf hul onderskeie skoolkampe. Ek het met van die ‘kampers’ gepraat en hulle was almal eens dat hulle die skoolkampe terdeë geniet het. Natuurlik was hulle Vrydag by terugkeer doodmoeg van die min slaap, die uitdagings van die onbekende avontuur en al die opwinding. Tydens die kampe kon ons stadsjapies heerlik die natuur verken, terwyl hulle in spanne moes saamwerk. Skoolkampe bou beslis karakter, verbeter kommunikasievaardighede, vereis deursettingsvermoë en ontwikkel leiersvaardighede. Ons leerders het oorgenoeg te ete en te drinke ontvang, maar het verseker hul ouers/voogde se tuisgemaakte kos, asook die gemak van hul ouerhuise, gemis. Ek glo hulle waardeer sommer weer van vooraf hul ouerhuise en is dankbaar vir al die wonderlike voorregte wat hulle baie keer as vanselfsprekend aanvaar. Verlede Vrydag het ons jaarlikse Junior Swemgala plaasgevind en ons grondslagfase-swemmers was spreekwoordelik soos visse in die water, terwyl hulle luidkeels deur hul ouers/voogde, grootouers en maats aangemoedig is. Die junior swemgala bly maar altyd vir my ‘n hoogtepunt. Dit is baie opwindend, veral omdat die...
‘n Akteur in ons midde: Gerhard Conradie
Gerhard Conradie en sy suster het saam 'n kortfilm geskiet, Alma Oppad, wat by die Silwerskerm-filmfees vertoon gaan word! Dit sal later vanjaar op kykNET wees. Chrystal vertolk die rol van Alma, Gerhard speel haar broer, Laudo Liebenberg is die pa, en Amalia Uys die ma. Welgedaan Gerhard! Jy maak ons...
Die towerkrag van ‘n diverse brein
Ons is so bevoorreg om binne 'n skoolgemeenskap te funksioneer wat diversiteit in ras, geslag, kultuur en taal omarm. Die diversiteit in leerders se breine en die manier waarop hulle in sekere situasies optree, is soms moeiliker om te verstaan as byvoorbeeld iemand met 'n fisiese gestemdheid of uitdaging. Neurodiversiteit is 'n term wat al hoe meer in ons skool gebruik word aangesien ons poog om ons leerders so goed moontlik volgens hul unieke behoeftes akkommodeer. Hierdie week het ons besluit om 'n video te plaas wat op 'n praktiese manier uitbeeld hoe leerders wat op die outistiese spektrum gediagnoseer is, funksioneer. Kyk gerus hierna. Wys en bespreek gerus hierdie video met jou kind(ers) sodat hulle moontlik hul maats en/of hulself beter kan verstaan. Die opvoeding berus by ons om ons kind(ers) te lei hoe om teenoor ander op te tree wat van ons verskil. Kliek op die skakel om die video te kyk: Amazing things...
Swemuitslae: 21 Februarie 2025
Sien die week se swemuitslae hier onder:
Tennisuitslae: 26 Februarie 2025
Sien die week se tennisuitslae hier onder:
Musiekkonserte: Kwartaal 1
Dit is amper weer tyd om musiekkonsert te hou! In Maart kry elke leerder wie ‘n musiekinstrument speel, ‘n geleentheid om die kwartaal se harde werk op die verhoog ten toon te stel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik. Alhoewel musiekleerders baie tyd alleen spandeer om te oefen, is musiek ‘n uitvoerende kuns en daarom bedoel om ook met ander gedeel te word. Die konserte sal in klas- of graadverband gedurende skooltyd plaasvind. Vra asb jou kind se musiekonderwyser indien daar onsekerheid is oor tye, veral die Graad 4H klas wat in twee sessies optree. Sien asseblief die datums en tye vir elke graadgroep: Ons nooi alle ouers, familie, en vriende uit om te kom luister en saam met ons die kinders se harde werk en vondering te vier. Indien daar leerders is wat buite die skool musiekles ontvang en graag wil deelneem, kontak my gerus. Groete, Rolene van...
Waterbuffel – Burgerfees: 14 Maart 2025
Kom beleef die Waterbuffel - Burgerfees – 'n dag van lekker kos, musiek, samesyn en pret! Sluit by ons aan vir 'n wonderlike middag vol smullekker burgers, musiek en 'n fantastiese atmosfeer! Kom probeer die nuwe gesondheids-rooivleis van Babylonstoren in 'n smaaklike burger. Die Waterbuffel - Burgerfees beloof die lekkerste burgers, wyn en 'n paar verrassings vir die hele gesin. Jy kan 'n wegneemete bestel of saamkom kuier op die mini-sportveld agter die skool vanaf 16:00. Danksy die ruim skenking van Babylonstoren kos die burgers slegs R50 elk! Gevriesde patties ook te koop: Indien jy die aand bywoon gaan jy eerste kans kry om gevriesde patties te koop. ???? Datum: 14 Maart 2025 ⏰ Tyd: Wegneemetes: 11:45 - 12:30 (kom haal jou burger by die skool) Aandete: 16:00 - 20:00 ???? Ligging: Mini-sportveld by Laerskool Jan van Riebeeck Wat kan jy verwag? Heerlike burgers met gesondheids-rooivleis van Babylonstoren Gelukkige trekking: Vir elke burger wat jy koop, kry jy 'n kans om 'n prys te wen! SnapScan-kroeg vir maklike betalings Snoepie wat oop sal wees vir die kinders Fantastiese samesyn saam met die skoolgemeenskap Ons soek nog hulp met voorbereiding en by die fees. Vul asb. jou naam in by 'n tydsgleuf op die diensbeurtlys indien jy bereid is om te help : VUL HIER IN Vriendelike Burgerfees-groete, Susan Derksen OOV...
Zone-atletiekkampioenskap en WP-proewe 2025
Op Saterdag, 22 Februarie, het 18 van ons leerders aan die Zone-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Ons atlete het baie goed presteer en die volgende uitslae behaal: Louis Hofmeyer het eerste plek behaal in die seuns o.10 verspring. Matteo Pereira het eerste plek behaal in die seuns o.10 hoogspring. Leah Jacobsz het eerste plek behaal in die dogters o.11 1200m. Carter Schoeman het eerste plek in die seuns o.13 gewigstoot en tweede plek in diskus behaal. Anabella Boshoff het tweede plek behaal in die dogters o.12 spiesgooi. Jack Dawes het tweede plek behaal in die seuns o.13 spiesgooi. Stef Nel het derde plek behaal in die seuns o.11 verspring. Nils le Roux het vierde plek behaal in die seuns o.13 200m hekkies. Ynes Samba Kabassidi het vierde plek behaal in die dogters o.13 1500m en 200m hekkies. Hierdie atlete het gekwalifiseer vir die WP-proewe wat op 27 Februarie by Groenpunt plaasgevind het. Dit was 'n dag vol puik prestasies, en ons atlete het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Hoewel daar vierde, vyfde en sesde plekke behaal is, het ons atlete ongelukkig net-net die top 3 gemis om hul WP-klere te verower. Baie geluk aan elke atleet wat hierdie seisoen alles gegee het en waardevolle ondervinding in die proses opgedoen het. Ons is uiters trots op elkeen van julle!...
Eisteddfod inskrywings 2025
Liewe JvR en Huppelland-ouers Die Eisteddfod inskrywings is oop en sal binnekort op Karri gelaai word vir betalings. Die Eisteddfod sal einde Mei by ons skool plaasvind en beloop R110 per item. Gr. R is ook welkom on in te skryf vir voordrag (gedig). Gr.1 en 2 kan aan voordrag (gedig) deelneem, gr. 3 aan voordrag en onvoorbereide lees en gr. 4-7 aan voordrag, onvoorbereide lees en prosa. Ek stuur 'n skakel na 'n vorm wat ingevul moet word hier onder. Indien jy meer as een kind wil inskryf, vul asb. die vorm vir elke kind apart in: https://forms.office.com/r/Y4uegnWchU Die inskrywings sluit 4 Maart en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Ek sal elke leerder met hul keuses en afrigting help. Lekker dag! Groete,...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026