Dit is amper weer tyd om musiekkonsert te hou! In Maart kry elke leerder wie ‘n musiekinstrument speel, ‘n geleentheid om die kwartaal se harde werk op die verhoog ten toon te stel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik. Alhoewel musiekleerders baie tyd alleen spandeer om te oefen, is musiek ‘n uitvoerende kuns en daarom bedoel om ook met ander gedeel te word.
Die konserte sal in klas- of graadverband gedurende skooltyd plaasvind. Vra asb jou kind se musiekonderwyser indien daar onsekerheid is oor tye, veral die Graad 4H klas wat in twee sessies optree. Sien asseblief die datums en tye vir elke graadgroep:
Ons nooi alle ouers, familie, en vriende uit om te kom luister en saam met ons die kinders se harde werk en vondering te vier.
Indien daar leerders is wat buite die skool musiekles ontvang en graag wil deelneem, kontak my gerus.
Groete,
Rolene van Zyl