Stella en Neels het JvR baie mooi verteenwoordig by die Synergy Cup (WP / Boland / Noord-Kaap) vir die Cape Town WP A-span.

Die top 4 van die A-span se seuns en dogters van die WP-span het nie gespeel nie, so ons klomp het harde kompetisie gehad teen Boland. Die A-span het 2de geëindig en silwer gekry. Dit was regtig warm en lang dae, so ek is ongelooflik trots op die 2 wat na die Graad 7-kamp met so baie gees opgedaag het en so ‘n voorbeeld op die tennisbaan was. Julle kan baie trots wees!

Jeanne en Amelie het vir die B-span gespeel by ‘n ander klub. 

Ons is baie trots op julle!