Ons is so bevoorreg om binne ‘n skoolgemeenskap te funksioneer wat diversiteit in ras, geslag, kultuur en taal omarm. Die diversiteit in leerders se breine en die manier waarop hulle in sekere situasies optree, is soms moeiliker om te verstaan as byvoorbeeld iemand met ‘n fisiese gestemdheid of uitdaging. Neurodiversiteit is ‘n term wat al hoe meer in ons skool gebruik word aangesien ons poog om ons leerders so goed moontlik volgens hul unieke behoeftes akkommodeer. 

Hierdie week het ons besluit om ‘n video te plaas wat op ‘n praktiese manier uitbeeld hoe leerders wat op die outistiese spektrum gediagnoseer is, funksioneer.  Kyk gerus hierna. Wys en bespreek gerus hierdie video met jou kind(ers) sodat hulle moontlik hul maats en/of hulself beter kan verstaan. Die opvoeding berus by ons om ons kind(ers) te lei hoe om teenoor ander op te tree wat van ons verskil.  

Kliek op die skakel om die video te kyk: Amazing things happen!