Oudleerling Katja presteer in raakrugby

Een van ons oudskoliere, Katja de Villiers (tans Graad 11 in Hoër Meisieskool Bloemhof) speel tans vir WP se o/17 en o/21 raakrugby (“touch rugby”) spanne. Sy is onlangs as “Touch Bok” gekies om Suid-Afrika by die “Atlantic Youth Touch Cup” in Limerick, Ierland te verteenwoordig. Die toernooi vind vanaf 31 Julie tot 3 Augustus 2025 plaas waar sy vir die o/18 span gaan uitdraf. Poppy Frames is besig met ‘n promosie op blokmontering (sien meegaande advertensie) ten bate van Katja se fondsinsameling om in Ierland te...

Jan Kas gesluit vir voorraadopname: 20 – 23 Mei 2025

Liewe ouers, Jan Kas moet ongelukkig dringend 'n voorraadopname doen en sal dus volgende week gesluit wees. Geen items sal tydens hierdie paar dae aanlyn, of in die winkel, gekoop kan word nie. Maak asseblief seker dat jou kind alle nodige sport en winterklere het voor Dinsdag. Die laaste bestellings vir die week sal Dinsdagoggend afgelewer word. Voorraadopname vind plaas: Dinsdag, 20 Mei @ 08:00 - Vrydag, 23 Mei @ 10:00 Ons vra omverskoning vir enige ongerief. Groete, Jan Kas...

Geagte Ouers / Voogde – 16 Mei 2025

Dit is twee weke na die lekker meevallertjie van ’n ekstra vakansieweek en alles by die skool en Huppelland loop alweer klopdisselboom. Die tempo het egter drasties toegeneem met skoolwerk, kultuur en sport wat spreekwoordelik hul pond vleis eis. Vir seker is besige kinders nie ’n nuwe tendens nie. Vir generasies neem kinders aan verskeie aktiwiteite deel. Ek glo waar daar geleenthede deur ’n skool vir sy leerders geskep word, sal daar altyd ’n groepie leerders wees wat elke moontlike geleentheid aangryp. In ons geval laat ’n Jannie nie sommer toe om enige geleentheid by die skool mis te loop nie. Dit is vir my ’n riem onder die hart, want nie net ondersteun hulle hul skool nie, maar ek weet dat leerders wat konstruktief met skoolaktiwiteite besig gehou word, waardevolle vaardighede aanleer wat hulle nie altyd tussen die vier mure van ’n klaskamer geleer kan word nie. Die voordele van emosionele en fisiese ontwikkeling wat daarmee gepaardgaan, is ook kardinaal. Dus sien ek buitemuurse aktiwiteite as verrykingsgeleenthede. Dit moedig leerders aan om onafhanklik te dink. Ouers/voogde moet dus self besluit wat die balans vir jou spesifieke kind/ers is, m.a.w. aan hoeveel van die aktiwiteite jou kind/ers moet/kan deelneem. As skool gaan ons voort om geleenthede vir ons leerders te ondersoek en te skep, sodat hul potensiaal ontsluit kan word. Op Vrydag, 09 Mei, was ons as onderwysers baie bevoorreg dat een van ons ma’s, naamlik Marianne Styan, ons oor die tema “mindfulness” of bewuswording as deel van ons groei-ingesteldheid kom toespreek het. Bewuswording in ’n neutedop beteken om bewus te wees van wat huidiglik om jou plaasvind met...

Zen Den-gesels: SKERMTYD: RIGLYNE VAN DIE PSIGIATRIESE VEREENIGING VAN SUID-AFRIKA 

Skermtyd en die effek daarvan op ons kinders bly ‘n onderwerp wat oor en oor ter sprake kom en waaroor daar vele opinies is. Soos alles wat ouerskap betref, moet ons as ouers saam met ons kinders oor skermreëls  besluit:  Kan ons saam-saam ‘n eie ritme en balans vind wat vir ons as gesin werk en waarmee almal binne die gesin gemaklik is?  

Kristi Snyman presteer in hoogspring

Kristi Perez-Snyman het onlangs ’n merkwaardige mylpaal in haar hoogspringloopbaan bereik. Tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe het sy die vroue-hoogspringtitel verower met ’n sprong van 1.88 meter – haar persoonlike beste én ’n nuwe skoolrekord. Haar deurlopende verbetering en onlangse nasionale titel getuig van haar toewyding en talent in hoogspring. Baie geluk aan Kristi Perez-Snyman met hierdie uitstaande prestasie!   Foto uit:...

Nini soek ’n verewig huis!

Nini, ’n oulike twee maande oue Fox Terrier-hondjie, is op soek na ’n liefdevolle vir altyd-huis. Sy word tans met groot sorg ge'foster' deur die gesin van Annabel Brink (Graad 5). Sy is regtig ’n oulike hondjie – speels, vol liefde, en altyd lus vir geselskap! Nini is ’n uitstekende stap- en drafmaat, maar verkies ’n skoot wanneer sy nie speel nie. Sy is mal oor mense en sal met haar sagte persoonlikheid enige hart vinnig steel. As jy of iemand wat jy ken vir Nini ’n warm, veilige huis kan bied, kontak asseblief Deane Brink by brinkdeane@gmail.com of 0764558002. Help ons om hierdie spesiale hondjie haar perfekte tuiste te gee!...

Trofees terugbring

Ons is tans besig om al die trofees wat die leerders verlede jaar tydens die prysuitdeling ontvang het, te dokumenteer. Indien u kind verlede jaar ’n trofee ontvang het, stuur dit asseblief na die Mediasentrum, aan Juffrou Marecia van Zyl. Baie dankie vir u hulp hiermee. Groete, Juffrou...

Lawwe Lappe: JVR se Naaldwerkklub

Tydens verlede week se vakansie het tien ywerige dogters skool toe gekom om te leer hoe om op ’n naaldwerkmasjien te stik. Gedurende hierdie vierdag-kursus het elke leerder geleer hoe om lap te kies, te meet en te knip, en dan ook hoe om haar eie masjien te ryg en te gebruik. Die leerders het vinnig besef dat naaldwerk nie net kreatiwiteit verg nie, maar ook veerkragtigheid en hope geduld. Na die vier dae kon hulle spog met unieke lapprodukte wat hulle weer en weer sal kan maak – linte-'scrunchies', groot vloerkussings, pennesakkies en rygsakke ('string bags'). Oor die jare het al 28 Jannies hierdie beginnerskursus bygewoon. My onderwyserhart bars van trots wanneer ek foto’s ontvang van ons leerders wat steeds tuis aanhou bou aan hulle naaldwerkvaardighede. My wens is dat hulle hierdie talent nog vir baie jare sal koester. Naaldwerkgroete Juf. Marianne...

Geagte Ouers / Voogde – 09 Mei 2025

Ek glo dat almal die meevallertjie van ‘n ekstra vakansieweek (week 4 van kwartaal 2) terdeë geniet het en almal is slaggereed dat ons weer na ‘n normale skoolprogram en –roetine kan terugkeer. Na al die vakansiedae het week 5 skielik weer 5 volle werksdae, propvol aktiwiteite. Dus het die afgelope week vanaf Maandag, 05 Mei op ‘n hoë noot afgeskop met sportwedstryde (05 & 06 Mei) teen Curro Durbanville, netbal (05 & 09 Mei)- en rugbyproewe (06 & 08 Mei), grondslagfase besoek Kunstekaap (5 – 7 Mei) vir die Woordedief-produksie, netbalwedstryde teen Laerskool St. George (07 Mei) en die kore wat gisteraand by Hoërskool Jan van Riebeeck se musiekkonsert opgetree het as deel van hul Massa-Reünienaweek die komende naweek. April-maand was beslis vreemd en rustig, maar vanaf Mei gaan ons spreekwoordelik van 0 – 100 km/h binne 5 sekondes. Dus moet jy seker maak jou kwartaalgordel is styf vasgegespe vir die opwindende en besige kwartaal wat voorlê. Die kunsgrasprojek agter op die mini-sportveld loop volgens plan en gedurende die vakansieweek het die meeste grond- en siviele werk plaasgevind. Gerhard Conradie se span het heelwat grond uitgegrawe, nuwe grond en spesiale gruis is aangery, gegooi sodat daar ‘n behoorlike onderbasis vir die nuwe veeldoelige oppervlakte gelê kan word. Ek sal julle op hoogte hou rakende die vordering van die projek. Op Maandagoggend, 05 Mei vanaf 06:30, het heelwat van ons ouers/voogde, leerders en personeel kom hand bysit om 1 500 toebroodjies vir behoeftige leerders te smeer. Hierdie is deel van ons kwartaalikse welwillenheidsprojek om uit te reik en te help waar nood verkeer. Dit was werklik ‘n riem onder...

ATKV-Redenaars

Baie geluk aan die volgende drie leerders wat deurdring na ATKV-Redenaars se semifinale ronde. Hulle neem Woensdag, 14 Mei by Hoërskool Bellville deel. Ons wens hul sterkte toe en weereens, baie geluk! Antjie Samuel (Gr.5), Sabine Barnard (Gr.7) en Katryn Silvis...

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor