Een van ons oudskoliere, Katja de Villiers (tans Graad 11 in Hoër Meisieskool Bloemhof) speel tans vir WP se o/17 en o/21 raakrugby (“touch rugby”) spanne. Sy is onlangs as “Touch Bok”
gekies om Suid-Afrika by die “Atlantic Youth Touch Cup” in Limerick, Ierland te verteenwoordig. Die toernooi vind vanaf 31 Julie tot 3 Augustus 2025 plaas waar sy vir die o/18 span gaan uitdraf.
Poppy Frames is besig met ‘n promosie op blokmontering (sien meegaande advertensie) ten bate van Katja se fondsinsameling om in Ierland te toer.