Nini, ’n oulike twee maande oue Fox Terrier-hondjie, is op soek na ’n liefdevolle vir altyd-huis. Sy word tans met groot sorg ge’foster’ deur die gesin van Annabel Brink (Graad 5).
Sy is regtig ’n oulike hondjie – speels, vol liefde, en altyd lus vir geselskap! Nini is ’n uitstekende stap- en drafmaat, maar verkies ’n skoot wanneer sy nie speel nie. Sy is mal oor mense en sal met haar sagte persoonlikheid enige hart vinnig steel.
As jy of iemand wat jy ken vir Nini ’n warm, veilige huis kan bied, kontak asseblief Deane Brink by brinkdeane@gmail.com of 0764558002.
Help ons om hierdie spesiale hondjie haar perfekte tuiste te gee! 🐶💛