ATKV-Redenaars
Baie geluk aan die volgende drie leerders wat deurdring na ATKV-Redenaars se semifinale ronde. Hulle neem Woensdag, 14 Mei by Hoërskool Bellville deel. Ons wens hul sterkte toe en weereens, baie geluk! Antjie Samuel (Gr.5), Sabine Barnard (Gr.7) en Katryn Silvis...
Jan Kas spog met nuwe sysakkies!
Ons splinternuwe voorraad sysakkies met die nuwe embleem is nou beskikbaar in Jan Kas! Beskikbaar in winkel én aanlyn – koop maklik van waar jy ook al is! Koop HIER aanlyn.
Jannies blink uit by Nippers SA Lewensredding-kampioenskappe 2025
'n Groepie Jannies het verlede week aan die Nippers Surf Lewensredding SA-kampioenskappe in Gqeberha deelgeneem. Die spanlede was Alexander Weideman, Nils le Roux, Sebastian en Luc Zietsman, Lukas Loubser en Finley le Roux. Vir drie dae lank moes ons mannetjies hul staal wys in verskeie hardloop-, swem- en Malibu-reddingsborditems en -kombinasies. Lukas het ’n bronsmedalje in die langafstandstrandresies verower, terwyl Nils medaljes in strandnaellope, vlaggies, Taplin-aflos en strandaflos ingepalm het. Die Zietsmans, saam met Finley en Lukas, het die “Mad Dog”-toekenning ontvang deur aan álle items deel te neem. Lukas het dit selfs verder geneem deur vir nóg drie dae aan die volledige Stilwater Lewensredding-kompetisie deel te neem. Daar het hy sy persoonlike beste in die 100 m-swem met ses sekondes verbeter! Baie geluk aan hulle met hul vasberadenheid en indrukwekkende...
Gemak vir die sitvlak!
Binnekort beskikbaar: 'n gemaklike, spons-kussing – perfek vir langs die sportveld of enige skoolaktiwiteit. Sag, lig en dra maklik – jou ideale sitmaat vir ure se ondersteuning en warmte! Bestel nou op Karri!
GEORGE KOORTOER: 9 – 11 Augustus 2025
Rugbyuitslae: 18 April 2025
Sien die week se rugbyuitslae hier onder:
Netbaluitslae: 23 April 2025
Sien die week se netbaluitslae hier onder:
Netbaluitslae: 16 April 2025
Sien die netbaluistlae teen Kampsbaai hier onder:
Moedersdag Geskenkpakkies
Dit is weer tyd om ons moeders te bederf! Bestel nou 'n Moedersdag geskenkpakkie op Karri teen slegs R60. Bestellings sluit op 7 Mei om 10:00.
Jannies gee om: Kwartaal 2, 2025
Help ons om 'n verskil te maak – gee jou ou sporttoerusting 'n tweede lewe! Het jy dalk 'n bal, kolf of raket wat al ‘n rukkie stof staan en vergaar? Ons almal het daardie sporttoerusting wat net in ‘n kas weggebêre is — gaan loer gerus en kyk wat jy kan opspoor! Ons wil graag ons buurskool, wat tans deur moeilike tye gaan, help deur bruikbare sporttoerusting aan hulle te skenk. Wat soek ons? Ou, maar steeds bruikbare sporttoerusting soos balle, kolwe, rakkette – en enigiets anders wat nog in ‘n goeie toestand is. Waarheen? Bring jou donasie na Juffrou Michelle Compion se klaskamer. Wanneer? Ons versamel van Maandag 5 Mei tot Vrydag 13 Mei. Laat ons saamwerk en sport pret vir almal moontlik...
Peti Troskie kom inspireer ons Graad 4–7 leerders: 6 Mei 2025
Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat Peti Troskie op 6 Mei ons skool gaan besoek om met ons Graad 4 tot 7 leerders te gesels! Ons sien uit daarna om haar by ons skool te verwelkom!
Junior en Senior Kooroptrede: Hs JvR Reünie Kultuurkonsert
Ons junior- en seniorkore tree binnekort op by die Hoërskool Jan van Riebeeck se Reünie Kultuurkonsert. Hier volg die besonderhede: Datum en Tyd: 8 Mei om 18:30. Koorlede moet asseblief teen 18:15 by Hoërskool Jan van Riebeeck aanmeld. Die junior- en seniorkore sal na afsonderlike klaskamers geneem word, waar hulle sal opwarm en wag vir hul beurt om op te tree. Die konsert behoort teen die uiterste teen 20:30 klaar te wees. Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck Kleredrag: Formele somer skooldrag Die konsert is gratis, en ons nooi almal hartlik uit om dit by te woon en die musiek saam met ons te geniet. Kontak gerus vir Juffrou Rolene met enige verdere navrae....
Geagte Ouers / Voogde – 25 April 2025
Ek glo dat almal ‘n heerlike en geseënde tyd saam met familie en vriende oor die afgelope Paasnaweek geniet het. Ek is baie dankbaar dat almal veilig terug is na die Paasnaweek, veral gegewe die feit dat die paaie gedurende dié tyd van die jaar buitengewoon besig is en tragies genoeg dikwels kosbare lewens eis as gevolg van motorongelukke. Ek wil graag vir Hoërskool Jan van Riebeeck se ‘Paashase’ bedank wat verlede week op Donderdag, 17 April, vir die Grondslagfase-leerders paaseiers kom uitdeel het. Ons graad 1-leerders was in ekstase om die sogenaamde Paashase in ‘lewende lywe’ te ontmoet en vir hulle drukkies te kon gee. Baie dankie aan die leerderraad van die hoërskool vir die wonderlike bederf – ons waardeer dit opreg! Neem asseblief kennis dat volgende week (Week 4: 28 April – 2 Mei) ‘n volledige week van skoolvakansie is. Hierdie welkome blaaskans sluit twee openbare vakansiedae en drie skoolvakansiedae in. Dit is belangrik dat ons nie die betekenis van die twee openbare vakansiedae miskyk nie. Op 27 April vier ons jaarliks Vryheidsdag in Suid-Afrika – ‘n baie belangrike dag in ons land se geskiedenis. Dit is ‘n geleentheid om ons leerders bewus te maak van die waarde van hierdie dag. Vryheidsdag is ingestel om die eerste post-apartheidverkiesings te herdenk – ‘n mylpaal op 27 April 1994, toe alle Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 18, ongeag ras, vir die eerste keer kon stem. Dit was ‘n waterskeidingsmoment in die geskiedenis van ons reënboognasie. Verder vier ons jaarliks op 1 Mei Werkersdag, ‘n openbare vakansiedag ter ere van die harde werk van ons land se werkers, asook hul...
Kinders en Slimfone: Besluit met insig
Op watter ouderdom kan my kind ‘n slimfoon kry?
Wat is die effek van slimfoongebruik op kinders en wat is die voor- en nadele daarvan om ‘n foon op ‘n jong ouderdom te hê?
In hierdie DInK-slim artikel verken ons die voor- en nadele daarvan om kinders met slimfone toe te rus en bied ons nuttige wenke sodat ouers ingeligte besluite oor hierdie belangrike kwessie kan neem.
Geagte Ouers / Voogde – 17 April 2025
Ons Kaperjolle het darem nét sy eie sjarme en nie eens gure weer kon op die dag die kosbare samesyn van ons skoolgemeenskap demper nie. Die heerlike kuier en samesyn is nog steeds op almal se lippe. Hierdie jaarlikse en gewilde pretdag het op Saterdag, 12 April, plaasgevind en is onomwonde die hoogtepunt op die skoolgemeenskap se sosiale kalender, veral vir ons leerders. Kaperjolle bied soveel aktiwiteite en pret vir oud en jonk. Die leerders het hulle gate uit geniet en hulle glad nie aan die reënbuie gesteur nie. Volgens die leerders was die besoek aan die spookhuis die gewildste aktiwiteit om te doen. Nie eers ’n skrikwekkende foto van die skoolhoof of gerugte dat spoke in die gange rondloop, het die leerders afgeskrik nie. Volgens die leerders was my ‘gedramatiseerder’ foto blykbaar nie vreesaanjaend genoeg nie en daarom was hulle dus nie bang nie. Leerders het in lang rye tougestaan om die opwinding te ervaar, veral as daar ’n kans is dat ’n sogenaamde spook aan jou been kan vat. Ek glo dat die spookhuis se gewildheid sal nooit oor die jare taan nie en sal vir geslagte nog, ons leerders en selfs volwassenes, fasineer. Baie geluk en ook groot dankie aan ons ouers wat die smaaklikste disse by hul onderskeie stalletjies opgedis het vir ieder en elk om te proe. Die fraai versierde kosstalletjies het die geleentheid perfek afgerond. Die verskeidenheid disse om te proe was hemels en die kompetisie was baie sterk. Baie geluk aan René (stalletjie nr. 6) se span wat op die dag met die louere weggestap het. Die van julle wat my goed...
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027