Ons junior- en seniorkore tree binnekort op by die Hoërskool Jan van Riebeeck se Reünie Kultuurkonsert. Hier volg die besonderhede:

Datum en Tyd: 8 Mei om 18:30.
Koorlede moet asseblief teen 18:15 by Hoërskool Jan van Riebeeck aanmeld. Die junior- en seniorkore sal na afsonderlike klaskamers geneem word, waar hulle sal opwarm en wag vir hul beurt om op te tree. Die konsert behoort teen die uiterste teen 20:30 klaar te wees.

Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck

Kleredrag: Formele somer skooldrag

Die konsert is gratis, en ons nooi almal hartlik uit om dit by te woon en die musiek saam met ons te geniet.

Kontak gerus vir Juffrou Rolene met enige verdere navrae.
rolene@jvrprim.co.za