Loslitdag

Donderdag 6 September 2018 is ons jaarlikse Loslitdag! Die tema hierdie jaar is: ‘Be an everyday hero' Ons vra asb aan alle leerders om R10 skool toe te bring ten bate van die Paarl Ontwikkelingstigting. Leerders sal ‘n Loslitdag-plakker ontvang en kan dan op die 6de September aantrek soos hul gunsteling superheld, of soos hul gunsteling beroep van mense wat ons help (bv brandweerman), of in sivvies.  ...

Leerderprofiele opdateer

Ons word deur die onderwysdepartement verplig om volledige inligting rakende u mediese fonds besonderhede in te win, sou daar dalk 'n voorval by die skool gebeur waar mediese besonderhede benodig word. Volg asb. hierdie skakel en voltooi die Google Form sodat die skool die leerderprofiele volledig kan invul. Let wel: Slegs een ouer hoef die vorm in te vul. Indien u meer as een kind in die skool het, vul asb. vir elke kind 'n aparte vorm in. Om twee of meer vorms in te vul, voltooi een en volg dan weer die skakel om nog een te voltooi. https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLScjtXQ2qS7F2E6HqjVv51xnhKt4URr_Mr88SO-MnUrN-fGmXw/viewform?usp=sf_link...

Lentedag, Vrydag 31 Aug.

Dis Lentedag eerskomende Vrydag 31 Augustus by Laerskool Jan van Riebeeck! Bring blomme en blarekransies uit jou tuin of omgewing om die aanbreek van Lente in jou sivvies te kom vier! Ons vra ‘n R5 bydrae vir ‘n muntlegging tydens 1ste pouse in die vierkant wat aangewend sal word vir die opknapping van die Graad 7’s se speelgrondarea. Dorette Potgieter se Filmklublede kan nie wag vir Lentedag...

Engelse boekverkoping

Ons Engelse boekverkoping vir die jaar, is op 12 & 13 September in die biblioteek. Spaar solank julle sente vir hierdie bielie van ‘n boekverkoping met fiksie- en feiteboeke in elke kind se smaak.  

Dapper Stappers uitgestel

Volgens verskeie bronne gaan dit Saterdag in die Paarl omgewing reën. Ons wil nie kanse waag en ons veiligheid in gedrang bring nie en daarom gaan ons liewer die stap wat Saterdag sou plaasvind, uitstel. Ons sal binnekort 'n nuwe datum bevestig.

Koste van Akademiese Spele

Die kostes van die AKADEMIESE SPELE week (17 - 21 September 2018) wat op Sportwetenskappe fokus, beloop R50 per leerder. Allerhande aktiwiteite word gedurende hierdie week aangebied wat nader aan die tyd in die nuusbrief gekommunikeer sal word. Ons wil geen leerders uitsluit nie. Betaling kan deur middel van kontant, per EFT (verwysing: AK-spele + u kind se naam; stuur bewys na registeronderwyser) of per Karri-app gemaak word. 'n Boodskap sal aan u gestuur word om Karri-app te bevestig. Datum van betaling: 24 Augustus - 17 September...

Skrywersbesoek

Ingrid Mennen, skrywer van die boek INK, besoek die Graad 1’s op Vrydag, 14 September in die biblioteek.

Somer buitemuurse-program

Die Winter buitemuurse-program eindig op 31 Augustus vir almal en vir die O/11 en O/13 rugbyspelers eindig dit 1 September met die Sewes Toernooi. Die Somer Buitemuurse-program begin dan op Maandag, 3 September tot 14 September. Ons hou dit net vir twee weke, want die Akademiese spele is vanaf 17 - 21 September en daardie week sal ons 'n spesiale program volg. Die jongste en enigste leerders sal elkeen volgende week 'n harde kopie van die Somerprogam ontvang en dit sal ook op die webwerf beskikbaar...

Dirkie Uys Interskole, 18 Aug

Wat 'n wonderlike dag was dit nie! Die weer was pragtig en ons kon spog met die berg as agtergrond skildery. Die plattelanders was in vervoering. Vir baie van ons ouers was dit ook die eerste keer dat hulle op die Hoërskool se gronde gekom het. Almal was baie beïndruk met die pragtige tuine en gebou van die Welgemeendsentrum. Dit was vir ons as skool en personeel ook baie lekker om hierdie geleentheid saam met die Hoërskool aan te bied. Ons glo dat daar in die toekoms nog baie sulke geleenthede gaan wees. Die laerskoolkinders kon ook die geleentheid kry om die atmosfeer en passie van 'n Interskole te beleef. Al ons spelers het met passie en hart gespeel, maar ongelukkig kon nie almal op die dag wen nie. By die netbal sê ons baie geluk aan die O/8 A span wat die enigste span was wat die dag hul wedstryd gewen het. Vir die O/10 A span was dit 'n moeilike dag omdat dit hul eerste verloor vir die jaar was. By die rugby het dit heelwat beter gegaan, die O/8 en O/11 spanne het gemaklik gewen. Die O/13 span het verloor, maar elke toeskouer en afrigter was so trots op die spelers, omdat hulle met soveel passie gespeel het.Die 0/7,o/9 en o/13 spanne het elk met net 1 drie verloor ! Hulle het meer as 100% vir die wedstryd gegee. Baie dankie aan almal wat ons op die dag met 'n diensbeurt gehelp...

Rugbyuitslae teen Table View, 22 Aug

Al het ons busse bietjie laat by die skool weggekom, het almal dit darem gemaak tot by Table View en lekker rugby gespeel. Die uitslae vir die wedstryde was soos volg: O/7 verloor O/8 wen 2 - 1 O/9 gelyk 3 - 3 O/11 wen 12 - 0 Die O/13 span het nie gespeel nie, want hulle vetrek Donderdag, 23 Augustus, op 'n toer na...

Ekstra rakette wat rondlê

Indien enigiemand ou rakette het wat by die huis in die pad is, kan julle dit enige tyd vir mnr. Pieterse stuur om tydens die LO periodes te gebruik.

Klerebankinligting

JvR skoolklere kan nou ook aanlyn gekoop word: Hou ‘Ctrl’ knoppie in, en klik op onderstaande www adres: http://www.treadleclothing.co.za/shop/ Klik op verlangde item, grootte en ‘add to cart’ Om nog ‘n item te kies, klik op ‘Show all’ regs bo Klik op die mandjie links onder om te sien watter items reeds geselekteer is. Indien nodig, maak veranderinge aan die lys en ‘update cart’ Klik op ‘Local pickup @ Jvr klerebank’ Klik ‘proceed to checkout’ Vul in ‘billing address’ vir die faktuur met u kind se naam Adres: tik maar net ‘n letter in op elke lyntjie, wanneer dit nie by u huisadres afgelewer word nie. Klik op verlangde betaalmetode : ‘direct bank transfer’ OF ‘Snapscan’ ‘PLACE ORDER’ Maak dan die betaling en gebruik asseblief faktuurnommer as verwysing. Die klerebank is vier maal per week oop vir snapscan en kontant-aankope. Bedryfsure vir aanpas en kontant/snapscan-aankope Vanaf Tot ongeveer Maandae en Woensdae 07:20 08:00 Dinsdae en Donderdae 13:30 14:20 Onthou: Grootmaatbestellings word deur die klerebank geplaas in Julie/Augustus vir Somerklere, en in Januarie/Februarie vir Winterklere. Bestel asseblief voor ‘n nuwe seisoen begin om teleurstellings te voorkom. Items kan onbeplan uit voorraad wees en sekere items kan tot twee maande neem om aan te vul. Die prys mag dalk ook hoër wees. Die doel van addisionele items in die klerebank gedurende die jaar, is om nuwe leerlinge vanaf ander skole te help, kinders wat uit hul klere groei gedurende ‘n kwartaal, sowel as verlore items te kan vervang. Moet asseblief nie wag tot Januarie nie. MERK alle items met u kind se volle naam en van, insluitende items wat hulle op...

Liewe Aarde Nuus van 24 Aug

Baie geluk aan Bernardo en Katarina Oosthuizen wat Jannies van die week is! Dankie dat julle so getrou herwin. Lekker eet by Col’Cacchios! Die Liewe Aarde komitee het nuwe lede nodig. Stuur asb ‘n epos aan suna.karsten@gmail.com as jy betrokke wil raak. Maak seker jy herwin reg – gaan na die skakel om meer inligting te kry: http://www.capetowngreenmap.co.za/go-green/recycle Ons wil julle aandag daarop vestig dat hondekossakke nie herwinbaar is nie. Daar is egter sekere veeartse wat hierdie sakke insamel vir vroue wat handsakke daaruit maak. Kyk na die fotos – oulik nê?...

Laer-en Hoërskool hou Sportdag saam

Saterdag se interskole teen die twee skole van Moorreesburg was ‘n reuse-sukses! Dit was ‘n vreeslike gesellige dag en die samewerking tussen die laer- en hoërskool was uitstekend en sommer baie lekker. Die heerlike atmosfeer wat by al die sportvelde en -bane geheers het, is grootliks te danke aan die feit dat die laerskole ook betrek is. Baie dankie aan Laerskool Jan van Riebeeck se personeel en ouers wat hard gewerk het om die dag onvergeetlik te maak. Ons glo dis die begin van ‘n lang tradisie!...

Kooroptrede by Kunstekaapteater

Alle koorlede ( Junior- en Seniorkoor) gaan Maandagmiddag 27 Augustus van 13:00 - 15:00 na die Kunstekaapteater vir 'n oefening vir die aand se optrede by die Skole Musiekfees (Schools Arts Festival) Alle leerders sal weer om 15:00 na die skool teruggebring word. Koorlede moet dan weer om 18:00 by die teater aanmeld , netjies geklee in winterskooldrag , soos in vorige kommunikasie beskryf. Die program behoort teen 21:30 klaar te wees. Eet asb voor die tyd. Geen kos word saamgebring nie, slegs 'n boek om te lees. Kaartjies is by Computicket te...

Belangrike Datums

augustus 2026

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde Gr.4 ,6 & 7

07aug00:0023:59World Robot Olympiad Kompetisie (Kodering en Robotika)

07aug08:0008:30TOETS: NWT Gr.5

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

11aug08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Hokkie: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

14aug00:0023:59TOETS: Wiskunde Gr.5

14aug08:0008:30TOETS: NWT Gr.4, 6 & 7

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

16aug15:0015:00Senior Kooroptrede: Tygerberg Children's Choir: In Harmony

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (TUIS) - Almal

19aug(aug 19)00:0020(aug 20)23:59Boekverkope: Exclusive Books

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

25aug08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Trinity Musiekeksamens by Beau Soleil Musieksenstrum (Kenilworth)

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor