Wat ‘n wonderlike dag was dit nie! Die weer was pragtig en ons kon spog met die berg as agtergrond skildery. Die plattelanders was in vervoering. Vir baie van ons ouers was dit ook die eerste keer dat hulle op die Hoërskool se gronde gekom het. Almal was baie beïndruk met die pragtige tuine en gebou van die Welgemeendsentrum.
Dit was vir ons as skool en personeel ook baie lekker om hierdie geleentheid saam met die Hoërskool aan te bied. Ons glo dat daar in die toekoms nog baie sulke geleenthede gaan wees.
Die laerskoolkinders kon ook die geleentheid kry om die atmosfeer en passie van ‘n Interskole te beleef. Al ons spelers het met passie en hart gespeel, maar ongelukkig kon nie almal op die dag wen nie.
By die netbal sê ons baie geluk aan die O/8 A span wat die enigste span was wat die dag hul wedstryd gewen het. Vir die O/10 A span was dit ‘n moeilike dag omdat dit hul eerste verloor vir die jaar was.
By die rugby het dit heelwat beter gegaan, die O/8 en O/11 spanne het gemaklik gewen. Die O/13 span het verloor, maar elke toeskouer en afrigter was so trots op die spelers, omdat hulle met soveel passie gespeel het.Die 0/7,o/9 en o/13 spanne het elk met net 1 drie verloor ! Hulle het meer as 100% vir die wedstryd gegee.
Baie dankie aan almal wat ons op die dag met ‘n diensbeurt gehelp het.