Donderdag 6 September 2018 is ons jaarlikse Loslitdag!
Die tema hierdie jaar is: ‘Be an everyday hero’
Ons vra asb aan alle leerders om R10 skool toe te bring ten bate van die Paarl Ontwikkelingstigting. Leerders sal ‘n Loslitdag-plakker ontvang en kan dan op die 6de September aantrek soos hul gunsteling superheld, of soos hul gunsteling beroep van mense wat ons help (bv brandweerman), of in sivvies.