Alle koorlede ( Junior- en Seniorkoor) gaan Maandagmiddag 27 Augustus van 13:00 – 15:00 na die Kunstekaapteater vir ‘n oefening vir die aand se optrede by die Skole Musiekfees (Schools Arts Festival)
Alle leerders sal weer om 15:00 na die skool teruggebring word.
Koorlede moet dan weer om 18:00 by die teater aanmeld , netjies geklee in winterskooldrag , soos in vorige kommunikasie beskryf.
Die program behoort teen 21:30 klaar te wees. Eet asb voor die tyd. Geen kos word saamgebring nie, slegs ‘n boek om te lees.
Kaartjies is by Computicket te koop.