Nuusbrief van 23 November 2018
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Skool sluit elke dag om 13:00 vir Gr.1-3 en 13:15 vir Gr.4-7 . Bus vertrek 13:20. Woensdag, 28 November 2018 Gr.1-3 Prysuitdelingsfunksie Donderdag, 29 November 2018 Eksamen eindig Vrydag, 30 November 2018 Nadia Stahmer (Juffrou) verjaar Vrydag, 30 November 2018 Sivvies Saterdag, 1 Desember 2018 Tweekamp Liga 4 DURBANVILLE Saterdag, 1 Desember 2018 Tennis: Ouer & Kind-dubbelstoernooi Sondag, 2 Desember 2018 Drieankerbaai Kerssangdiens Maandag, 3 Desember 2018 ATLETIEK: Kleuresport Baanitems GR. R-7 Dinsdag, 4 Desember 2018 Gr.4-5 Prysuitdeling om 19:00 SKOOLSAAL Woensdag, 5 Desember 2018 ATLETIEK: Kleuresport Velditems,slegs gr.3-7 leerders Donderdag, 6 Desember 2018 Gr. 6-7 Prysuitdeling om 19:00 SKOOLSAAL Vrydag, 7 Desember 2018 Spesiale saalbyeenkoms later in die dag Maandag, 10 Desember 2018 Dramakonsert SKOOLSAAL Maandag, 10 Desember 2018 Veronica Sheperd (Nasorg) verjaar Dinsdag, 11 Desember 2018 Gr.7 Afskeid Woensdag, 12 Desember 2018 Skool sluit vir die leerders om 10:30 Vrydag, 14 Desember 2018 Skool sluit vir die onderwysers >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Skool- en sportdrag Ouers moet asseblief op ons skool se webtuiste kyk wat ons korrekte skool- en sportdrag is. 'n Hele paar van ons leerders dra nie die korrekte drag nie en dit lyk nie goed nie. Ons het ook 'n duidelike Kleredragbeleid. Skooltasse Ons wil sterk aanbeveel dat indien u vir u kind/ers 'n nuwe tas moet koop, dit die korrekte Laerskool Jan van Riebeeck tas is, wat in die klerebank te koop is. Ons wil nie hê dat die leerders die tasse met wieletjies moet gebruik nie aangesien dit ons nuwe vloeroppervlaktes en veral die trappe, baie...
Kleuresport Atletiek, 3 Desember
Dit is binnerkort weer tyd vir die Blou- en Oranjespanne om mekaar die stryd aan te sê op die atletiekveld. Hier is 'n paar reëlings vir die dag: 1. Ouers moet leerders die oggend by die Hoërskool se sportveld aflaai, die buskinders wat soggens met die Steyntjie skool toe kom sal ook daar afgelaai word. Die hek sal teen 6:15 oop wees. 2. Die optog begin 7:30 en die dag maak ongeveer 14:00 met die aflosse klaar. 3. Indien leerders die dag deelneem, trek hulle 'n t-hemp van hul kleurpgroep aan. 4. Leerders neem deel volgens hul ouderdomsgroepe vir 2019. 5. Leerders ontvang 'n punt vir elke item waaraan hulle deelneem,ongeag waar hul eindig. 6. Daar sal 'n snoepie en ander stalletjies op die dag beskikbaar wees. 7. Die bekerwenners en wenspan sal Vrydag, 7 Desember, tydens 'n spesiale saalbyeenkoms, aangekondig word. [pdf-embedder...
Living Maths se Top presteerders
Ons het vandag die goeie nuus ontvang dat twee van ons leerders in die top 3 in Suid-Afrika is nadat alle Living Math- vraestelle ingedien is!!! Jan Karsten, gr.4 en Dawid Adler, gr.6 het albei algeheel 3de geëindig in Suid-Afrika. Dit is 'n ongelooflike prestasie en die twee manne het gewys dat niks te moeilik is vir hulle nie !! Daar was 167 234 leerders, vanaf graad R - 9, wat aan die olimpiade deelgeneem het. Ons almal by Jan van Riebeeck wens julle geluk met hierdie puik prestasie...
Ouer en kind dubbelstoernooi, 1 Desember
Laerskool Jan van Riebeeck bied Saterdag, 1 Desember, 'n ouer en kind dubbelstoernooi aan vir enige leerders en ouers wat belangstel. Dis baie informeel en al het jy jare laas gespeel, nooi ons almal om te kom saam speel! Ons sal die pare in groepe verdeel volgens standaard en sodoende 'n rondomtalie basis volg. Dis groot pret en 'n baie lekker aktiwiteit om saam met die kinders te doen. PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck tennisbane TYD: 08:00 tot 12:00 SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS: 28 November Elke kind moet saam met hul eie ouer speel, een ouer kan byvoorbeeld nie saam met twee verskillende kinders as 'n paar speel nie. Voltooi die vorm indien u wil deelneem. Daar moet vir elke paar (ouer en kind) 'n nuwe vorm voltooi word. Daar is nie 'n snoepie vir die dag nie en ons moedig gesinne aan om 'n piekniekmandjie te pak. Ons trek die braaidrom nader en julle is welkom om iets op die kole te gooi. Volg die skakel om in te...
Trotse Jannie van die week
Naam en van: Mira Botha Graad: 5vdB Waar bly jy?: Table View Gunsteling vak: Aardrykskunde is vir my lekker, want ek geniet dit om van die omgewing te leer Ek is ‘n trotse Jannie, want my skoolwerk is altyd netjies en dit help my om trots te wees op dit wat ek...
Liewe Aarde nuus, 23 November
Mieke Nel in Gr 2 is Jannie van die week. Baie geluk! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Die Stad Kaapstad genereer elke dag 700 ton afval. (Een ton afval is soveel as wat in ’n 2 x 3m kamer in jou huis kan pas). Liewe Aarde wil alle JvR gesinne uitdaag om hierdie Feestyd te probeer om jul rommel/afval te verminder. ‘n ‘Zero waste’ lewenstyl is moontlik. Google dit gerus. Kyk hoe Bea Johnson, ’n Franse vrou wat tans in Kalifornie woon, wys hoe haar familie van vier se jaarlikse afval in een glasbottel pas. Die video is op ons Liewe Aarde blad. Kyk ook gerus na die video oor die...
Swemgala Gr.1-3 Uitslae 2018
Tenniswedstryde, 15 Nov
Vier van ons dogters (Heloise Strauss, Katrien Stimie, Chiara Roodt en Nina Badenhorst) het Donderdag, 15 November, teen vier dogters van St. Cyprians gespeel. Ons dogters het hul beste gegee, maar het ongelukkig steeds 1 - 5 verloor.
Finale swemgala uitslae
Baie dankie aan al ons ouers wat ons so pragtig ondersteun het op beide Gala's. Ons wil graag die bekerwenners se name asook die spanwenners met julle deel: Lisa-Marié Marais-beker (Beste Junior Dogter): Stella MalanMarie-Louise Lubbe-beker (Beste Junior Seun): Alexander Benecke Hattingh-beker (Beste Senior Dogter): Mia Nortje Riëtte van Reenen-beker (Beste Senior Seun): Stef Mostert Die finale puntetelling na die tweede gala is: BLOU 961 punte en ORANJE 1166...
Scarlett van der Merwe presteer by Bellville Parkrun
Ons wil graag vir Scarlett van der Merwe baie geluk sê met haar uitstekende prestasie wat sy Saterdag, 17 November, in haar heel eerste Parkrun behaal het. Sy het by die Bellvillepark aan die Parkrun deelgeneem. Sy het 36ste geeïndig uit 1212 deelnemers, sy was die 2de vrouedeelnemer om te eindig en 1ste in haar ouderdomsgroep!! Baie geluk Scarlett ... dis uitstekend! Ons kan sien dat jy al reeds hard werk vir volgende jaar se...
ATKV – Junior Olimpiade (Graad 7 – 9) Uitslae
Baie geluk aan elf graad 7's wat die ATKV se Junior Olimpiade (Graad 7 - 9 Afrikaanse vraestel) geskryf het. Ons was een van drie laerskole wat teen 'n hele paar groot hoërskole in die Wes-Kaap deelgeneem het. Ons is baie trots op hierdie leerders wat bewys het dat ons met graad 8 en 9-leerders kan meeding: Annabel de Jager, Benke Grobler, Daniël Grutter, Adrian Huysamen, Johann Jordaan, Lili Louw, Stef Mostert, Jan Murray, Benjamin Pienaar, Henry Potgieter en Chris Scott.Baie geluk aan julle almal...
Nuusbrief van 16 November 2018
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 16 November 2018 Gr. 7 Eksamen begin Vrydag, 16 Nov.-Dins.11 Des. 2018 Skool sluit 13:00 vir gr.1-3 en 13:15 vir Gr.4-7 Die 3de en 5de Des. is atletiekdae en tye sal aangepas word vir daardie twee dae. Vrydag, 16 November 2018 Gr.1-3: Swemgala Saterdag, 17 November 2018 Dapper Stappers: Chapman's Peak Sondag, 18 November 2018 Tamboerskloof Kerssangdiens Maandag, 19 November 2018 Spesiale saalbyeenkoms Dinsdag, 20 November 2018 Gr.4-6:Eksamen begin Dinsdag, 20 November 2018 Geen saal Dinsdag, 20 November 2018 Rache de Goede (Juffrou) verjaar Woensdag, 21 November 2018 GEEN Liewe Aarde sivvies a.g.v. eksamen Woensdag, 28 November 2018 Gr.1-3 PRYSUITDELING Donderdag, 29 November 2018 Eksamen eindig Vrydag, 30 November 2018 Sivvies Vrydag, 30 November 2018 Nadia Stahmer (juffrou) verjaar >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Swemgalas: Vrydag 9 +16 Nov. Baie dankie aan alle ouers wie ons swemgala van verlede Vrydag bygewoon het. Ons glo dat vandag se gala ook goed bygewoon sal word. Ons sal eerskomende Maandagoggend om 10:30 die oorhandiging van bekers doen aan almal wat tydens hierdie twee galas goed presteer het. Skooldrag en Sportdrag: Ons personeel het opgelet dat ons leerders die afgelope tyd baie 'bont' geklee is en nie altyd ons skool se korrekte skool- en sportdrag dra nie. Plakkies (let wel, donkerblou) kan slegs saam met somersportdrag gedra word en nie saam met skoolklere nie... ook nie saam met 'n langbroek nie. Wanneer tekkies saam met somersportdrag gedra word, moet die leerder kort wit kouse daarmee saam dra en nie bont of grys skoolkouse nie. Daar was 'n...
Krieketuitslae: 0/9 A en B
Ons O/9 A en B spanne het hul laaste wedstryd Dinsdag, 13 November, teen Herzlia Weizmann gespeel. Die A span het 49 - 21 gewen en die B span het 44 - 31 gewen. Die manne was onoorwonne hierdie seisoen en het die seisoen met 'n hoogtepunt afgesluit. Baie geluk manne!!!
Woord van die week nr. 75
karnallie Wenner: Tara Janse van Rensburg (Gr. 4F) Definisie: geslepe, skelm persoon of stouterige jong persoon van wie jy eintlik hou Sin: Die stoute karnallie het skelmpies kougom op my stoel vasgeplak.
Mathlete van die week
Top 3 prestasies is: 3. Zuletha Ferreira 1 820 punte 2. Delmar Benecke 3 260 punte 1. Ané Swanepoel 5 318 punte Baie geluk Ané!
Belangrike Datums
augustus 2026