Laerskool Jan van Riebeeck bied Saterdag, 1 Desember, ‘n ouer en kind dubbelstoernooi aan vir enige leerders en ouers wat belangstel. Dis baie informeel en al het jy jare laas gespeel, nooi ons almal om te kom saam speel! Ons sal die pare in groepe verdeel volgens standaard en sodoende ‘n rondomtalie basis volg. Dis groot pret en ‘n baie lekker aktiwiteit om saam met die kinders te doen.

PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck tennisbane
TYD: 08:00 tot 12:00
SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS: 28 November

Elke kind moet saam met hul eie ouer speel, een ouer kan byvoorbeeld nie saam met twee verskillende kinders as ‘n paar speel nie. Voltooi die vorm indien u wil deelneem. Daar moet vir elke paar (ouer en kind) ‘n nuwe vorm voltooi word. Daar is nie ‘n snoepie vir die dag nie en ons moedig gesinne aan om ‘n piekniekmandjie te pak. Ons trek die braaidrom nader en julle is welkom om iets op die kole te gooi. Volg die skakel om in te skryf.