Ons het vandag die goeie nuus ontvang dat twee van ons leerders in die top 3 in Suid-Afrika is nadat alle Living Math- vraestelle ingedien is!!!

Jan Karsten, gr.4 en Dawid Adler, gr.6 het albei algeheel 3de geëindig in Suid-Afrika. Dit is ‘n ongelooflike prestasie en die twee manne het gewys dat niks te moeilik is vir hulle nie !!
Daar was 167 234 leerders, vanaf graad R – 9, wat aan die olimpiade deelgeneem het.
Ons almal by Jan van Riebeeck wens julle geluk met hierdie puik prestasie !!