Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 16 November 2018 Gr. 7 Eksamen begin

Vrydag, 16 Nov.-Dins.11 Des. 2018 Skool sluit 13:00 vir gr.1-3 en 13:15 vir Gr.4-7

Die 3de en 5de Des. is atletiekdae en tye sal aangepas word vir daardie twee dae.


Vrydag, 16 November 2018 Gr.1-3: Swemgala

Saterdag, 17 November 2018 Dapper Stappers: Chapman’s Peak

Sondag, 18 November 2018 Tamboerskloof Kerssangdiens

Maandag, 19 November 2018 Spesiale saalbyeenkoms

Dinsdag, 20 November 2018 Gr.4-6:Eksamen begin

Dinsdag, 20 November 2018 Geen saal

Dinsdag, 20 November 2018 Rache de Goede (Juffrou) verjaar

Woensdag, 21 November 2018 GEEN Liewe Aarde sivvies a.g.v. eksamen

Woensdag, 28 November 2018 Gr.1-3 PRYSUITDELING

Donderdag, 29 November 2018 Eksamen eindig

Vrydag, 30 November 2018 Sivvies

Vrydag, 30 November 2018 Nadia Stahmer (juffrou) verjaar



>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR



Swemgalas: Vrydag 9 +16 Nov.

Baie dankie aan alle ouers wie ons swemgala van verlede Vrydag bygewoon het. Ons glo dat vandag se gala ook goed bygewoon sal word. Ons sal eerskomende Maandagoggend om 10:30 die oorhandiging van bekers doen aan almal wat tydens hierdie twee galas goed presteer het.

Skooldrag en Sportdrag:

Ons personeel het opgelet dat ons leerders die afgelope tyd baie ‘bont’ geklee is en nie altyd ons skool se korrekte skool- en sportdrag dra nie. Plakkies (let wel, donkerblou) kan slegs saam met somersportdrag gedra word en nie saam met skoolklere nie… ook nie saam met ‘n langbroek nie.

Wanneer tekkies saam met somersportdrag gedra word, moet die leerder kort wit kouse daarmee saam dra en nie bont of grys skoolkouse nie.

Daar was ‘n versoek dat leerders gedurende die eerste en laaste kwartaal ook plakkies saam met hulle skooldrag mag dra, maar dit is deur die volle personeel en bestuurspan afgekeur. Die leerders kan steeds, soos in die verlede, op warm dae gedurende die eerste en laaste kwartale, hulle skoene en kouse gedurende die skooldag uittrek en dan net weer aantrek voordat hulle ons terrein verlaat.

Ons hoop dat u as ouers kan seker maak dat u kind/ers te alle tye die korrekte drag sal dra en altyd netjies en trots op hulle skool- en sportdrag sal wees.

OOV: 2019

Ons wil net baie dankie sê vir Esna Boshoff wat vir die afgelope twee jaar ons OOV se voorsitter was en uitstekende werk gelewer het! Ek dink nie almal besef hoeveel tyd en opofferinge sy gemaak het nie.

Esna het ook ingewillig om vanaf Januarie 2019 ons snoepwinkel namens die OOV te bestuur. Hiervoor is ons bitter dankbaar… ek is seker Esna gaan vir ekstra hulp op van u se “nommers druk”.

Dit is dan ook vir my aangenaam om te kan sê dat Ria Hertzog by Esna sal oorneem. Met Ria aan die stuur kan dit ook net goed gaan met die OOV… Baie dankie, Ria! Bogenoemde take word natuurlik sonder enige vergoeding gedoen, so ons is baie dankbaar dat hulle bereid is om hierdie opofferinge te maak!

ALGEMEEN

Baie geluk aan Leah Opperman in Gr 1 wat Jannie van die week is. Dankie dat jy so getrou herwin. Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys.



Het julle geweet dat daar klein hoeveelhede medikasie in ons kraanwater kan wees? Watersuiweringsprosesse haal nie alle chemikalieë uit die water nie. Raak dus ontslae van ongebruikte medikasie op ‘n verantwoordelike wyse deur dat na jou naaste Clicks apteek of Dischem apteek te neem (en nie by die drein af te gooi nie).

AKADEMIE

Geen biblioteekboeke sal van volgende Maandag af uitgeneem kan word nie.

Leerders sal steeds biblioteekboeke in die biblioteek kan lees & ook hul eie leesboek saambring vir leestyd.

Ons sukkel geweldig om uitstaande boeke terug te kry.ALLE boeke terug in die biblioteek teen 22 November.

karnallie

Wenner: Tara Janse van Rensburg (Gr. 4F)

Definisie: geslepe, skelm persoon of stouterige jong persoon van wie jy eintlik hou

Sin: Die stoute karnallie het skelmpies kougom op my stoel vasgeplak.

Top 3 prestasies is:

3. Zuletha Ferreira 1 820 punte

2. Delmar Benecke 3 260 punte

1. Ané Swanepoel 5 318 punte

Baie geluk Ané!

---

KULTUUR

Ons is so gelukkig dat daar van ons leerlinge deelneem by Kunstekaap (Artscape), volgende Vryday 16 Nov 2018 tydens die Performance Awards Amerikaanse Ballet New York.

Ons beoordelaar is Simon Kaplan, welbekende danskenner, woonagtig in New York en Direkteur van American Academy of Ballet New York. Almal is opgewonde en trots dat ons dansskool deelneem. Ons dansskool bied 4 dans genres aan: Moderne dans, Kontemporêr, Hip Hop en American Ballet Program.

Dansers is goed toegerus en slaag uitsonderlik goed met die Ballet uitvoerings; veral met hul persoonlikheid en energie. Ons jonger dansers het reeds in September hul slag getoon en baie goed gevaar.

Kaartjie vir Artscape: R60 Vowassenes en R40 kinders. Dit is baie bekostigbaar! Kom ondersteun hulle asseblief. Die funksie begin om 13:00 op VRYDAG 16 NOV en ons danskool tree op teen 15:45 tot 16.45 . Daarna volg ‘n kort medalje-uitdeling. Die volgende 14 dansers tree op:

LARA BASSON, JANA BRINK, JULIETTE VISSER, JEANETTE GROENEWALD, AMELIE VISSER, ELZE V ZYL, EMMA LIEBENBERG, MARIANNE NEL, LUMARIE FOURIE, JENNA SCOTT, ONELA ROXO, BETSY WILKE, SCARLETT VD MERWE en MIA VISSER.

AAB bied ook ‘n NEW YORK STARS produksie aan vanaf 15 – 18 November by Artscape. Internasionale dansers uit New York en Parys tree op saam met plaaslike Johannesburg Ballet , om ‘n wonderlike danservaring te bied. Ek stuur meer inligting aan JvR. As u van dans hou, moenie wegbly nie! Op die advertensie-afdeling, https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/advertensies/, van ons skool se webtuiste, is daar ‘n kleurvolle advertensie van hierdie geleentheid en onder die Moderne dans-afdeling is twee videos wat u gerus na kan kyk: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/kuns-kultuur/moderne-dans/

Groete Barbie

Ons twee kore vorm eerskomende Sondagaand 18 November ‘n lekker groot massakoor by Tamboerskloof N G Kerk se Kerssangdiens. Ons nooi graag almal uit om dit by te woon.

Koorlede moet om 18:45 by die kerk wees. Die diens begin om 19:00 en duur slegs ‘n uur.

Koorlede sit by hulle ouers.

Koordrag is WIT. Seuns kan ‘n denim en ‘n wit hemp aantrek. Dogters enigiets WIT … met ‘n bietjie Kersfees “bling”.

Daarmee sluit ons dan die jaar se kooraktiwiteite af. Dankie aan al die ouers vir julle ondersteuning.

SPORT

Swemgala Gr.4-7 Uitslae 2018

Volg asb die skakel na hierdie UITSLAE

Krieketuitslae: 0/9

Ons O/9 A en B spanne het hul laaste wedstryd Dinsdag, 13 November, teen Herzlia Weizmann gespeel. Die A span het 49 – 21 gewen en die B span het 44 – 31 gewen. Die manne was onoorwonne hierdie seisoen en het die seisoen met ‘n hoogtepunt afgesluit. Baie geluk manne!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

As jy wil leer hoe om te vlieg, moet jy so val, dat jy die grond mis.

-Anoniem

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209