Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Skool sluit elke dag om 13:00 vir Gr.1-3 en 13:15 vir Gr.4-7 . Bus vertrek 13:20.

Woensdag, 28 November 2018 Gr.1-3 Prysuitdelingsfunksie


Donderdag, 29 November 2018 Eksamen eindig

Vrydag, 30 November 2018 Nadia Stahmer (Juffrou) verjaar

Vrydag, 30 November 2018 Sivvies

Saterdag, 1 Desember 2018 Tweekamp Liga 4 DURBANVILLE

Saterdag, 1 Desember 2018 Tennis: Ouer & Kind-dubbelstoernooi

Sondag, 2 Desember 2018 Drieankerbaai Kerssangdiens

Maandag, 3 Desember 2018 ATLETIEK: Kleuresport Baanitems GR. R-7

Dinsdag, 4 Desember 2018 Gr.4-5 Prysuitdeling om 19:00 SKOOLSAAL

Woensdag, 5 Desember 2018 ATLETIEK: Kleuresport Velditems,slegs gr.3-7 leerders

Donderdag, 6 Desember 2018 Gr. 6-7 Prysuitdeling om 19:00 SKOOLSAAL

Vrydag, 7 Desember 2018 Spesiale saalbyeenkoms later in die dag

Maandag, 10 Desember 2018 Dramakonsert SKOOLSAAL

Maandag, 10 Desember 2018 Veronica Sheperd (Nasorg) verjaar

Dinsdag, 11 Desember 2018 Gr.7 Afskeid

Woensdag, 12 Desember 2018 Skool sluit vir die leerders om 10:30

Vrydag, 14 Desember 2018 Skool sluit vir die onderwysers

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Skool- en sportdrag

Ouers moet asseblief op ons skool se webtuiste kyk wat ons korrekte skool- en sportdrag is. ‘n Hele paar van ons leerders dra nie die korrekte drag nie en dit lyk nie goed nie.

Ons het ook ‘n duidelike Kleredragbeleid.

Skooltasse

Ons wil sterk aanbeveel dat indien u vir u kind/ers ‘n nuwe tas moet koop, dit die korrekte Laerskool Jan van Riebeeck tas is, wat in die klerebank te koop is. Ons wil nie hê dat die leerders die tasse met wieletjies moet gebruik nie aangesien dit ons nuwe vloeroppervlaktes en veral die trappe, baie beskadig. Dit is ook swaarder as die gewone tasse.

ALGEMEEN

Mieke Nel in Gr 2 is Jannie van die week. Baie geluk! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Die Stad Kaapstad genereer elke dag 700 ton afval. (Een ton afval is soveel as wat in ’n 2 x 3m kamer in jou huis kan pas). Liewe Aarde wil alle JvR gesinne uitdaag om hierdie Feestyd te probeer om jul rommel/afval te verminder. ‘n ‘Zero waste’ lewenstyl is moontlik.

Google dit gerus. Kyk hoe Bea Johnson, ’n Franse vrou wat tans in Kalifornie woon, wys hoe haar familie van vier se jaarlikse afval in een glasbottel pas. Die video is op ons Liewe Aarde blad. Kyk ook gerus na die video oor die melkbottel-projek.

Naam en van: Mira Botha

Graad: 5vdB

Waar bly jy?: Table View

Gunsteling vak: Aardrykskunde is vir my lekker, want ek geniet dit om van die omgewing te leer

Ek is ‘n trotse Jannie, want my skoolwerk is altyd netjies en dit help my om trots te wees op dit wat ek doen.

AKADEMIE

Prysuitdelings

28 Nov. Gr.1 om 08:30 in skoolsaal

28 Nov. Gr.2 om 10:00 in skoolsaal

28 Nov. Gr.3 om 11:30 in skoolsaal

4 Des Gr.4 en 5 om 19:00 in skoolsaal

6 Des. Gr.6 en 7 om 19:00 in skoolsaal

Ons het vandag die goeie nuus ontvang dat twee van ons leerders in die top 3 in Suid-Afrika is nadat alle Living Math- vraestelle ingedien is!!!

Jan Karsten, gr.4 en Dawid Adler, gr.6 het albei algeheel 3de geëindig in Suid-Afrika. Dit is ‘n ongelooflike prestasie en die twee manne het gewys dat niks te moeilik is vir hulle nie !! Daar was 167 234 leerders, vanaf graad R – 9, wat aan die olimpiade deelgeneem het. Ons almal by Jan van Riebeeck wens julle geluk met hierdie puik prestasie !!

---

KULTUUR

Baie geluk aan elf graad 7’s wat die ATKV se Junior Olimpiade (Graad 7 – 9 Afrikaanse vraestel) geskryf het. Ons was een van drie laerskole wat teen ‘n hele paar groot hoërskole in die Wes-Kaap deelgeneem het. Ons is baie trots op hierdie leerders wat bewys het dat ons met graad 8 en 9-leerders kan meeding:

Annabel de Jager, Benke Grobler, Daniël Grutter, Adrian Huysamen, Johann Jordaan, Lili Louw, Stef Mostert, Jan Murray, Benjamin Pienaar, Henry Potgieter en Chris Scott.Baie geluk aan julle almal !

SPORT

Ons wil graag vir Scarlett van der Merwe baie geluk sê met haar uitstekende prestasie wat sy Saterdag, 17 November, in haar heel eerste Parkrun behaal het. Sy het by die Bellvillepark aan die Parkrun deelgeneem. Sy het 36ste geeïndig uit 1212 deelnemers, sy was die 2de vrouedeelnemer om te eindig en 1ste in haar ouderdomsgroep!!

Baie geluk Scarlett … dis uitstekend! Ons kan sien dat jy al reeds hard werk vir volgende jaar se atletiekseisoen.

Vier van ons dogters (Heloise Strauss, Katrien Stimie, Chiara Roodt en Nina Badenhorst) het Donderdag, 15 November, teen vier dogters van St. Cyprians gespeel. Ons dogters het hul beste gegee, maar het ongelukkig steeds 1 – 5 verloor.

Baie dankie aan al ons ouers wat ons so pragtig ondersteun het op beide Gala’s. Ons wil graag die bekerwenners se name asook die spanwenners met julle deel:

*Lisa-Marié Marais-beker (Beste Junior Dogter): Stella Malan

*Marie-Louise Lubbe-beker (Beste Junior Seun): Alexander Benecke

*Hattingh-beker (Beste Senior Dogter): Mia Nortje

*Riëtte van Reenen-beker (Beste Senior Seun): Stef Mostert

Die finale puntetelling na die tweede gala is: BLOU 961 punte en ORANJE 1166 punte.

VOLLEDIGE UITSLAE

Laerskool Jan van Riebeeck bied Saterdag, 1 Desember, ‘n ouer en kind dubbelstoernooi aan vir enige leerders en ouers wat belangstel. Dis baie informeel en al het jy jare laas gespeel, nooi ons almal om te kom saam speel! Ons sal die pare in groepe verdeel volgens standaard en sodoende ‘n rondomtalie basis volg. Dis groot pret en ‘n baie lekker aktiwiteit om saam met die kinders te doen.

PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck tennisbane

TYD: 08:00 tot 12:00

SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS: 28 November

Elke kind moet saam met hul eie ouer speel, een ouer kan byvoorbeeld nie saam met twee verskillende kinders as ‘n paar speel nie. Voltooi die vorm indien u wil deelneem. Daar moet vir elke paar (ouer en kind) ‘n nuwe vorm voltooi word. Daar is nie ‘n snoepie vir die dag nie en ons moedig gesinne aan om ‘n piekniekmandjie te pak. Ons trek die braaidrom nader en julle is welkom om iets op die kole te gooi. Volg die skakel om in te skryf.

Dit is binnerkort weer tyd vir die Blou- en Oranjespanne om mekaar die stryd aan te sê op die atletiekveld. Hier is ‘n paar reëlings vir die dag:

1. Ouers moet leerders die oggend by die Hoërskool se sportveld aflaai, die buskinders wat soggens met die Steyntjie skool toe kom sal ook daar afgelaai word. Die hek sal teen 6:15 oop wees.

2. Die optog begin 7:30 en die dag maak ongeveer 14:00 met die aflosse klaar.

3. Indien leerders die dag deelneem, trek hulle ‘n t-hemp van hul kleurpgroep aan.

4. Leerders neem deel volgens hul ouderdomsgroepe vir 2019.

5. Leerders ontvang ‘n punt vir elke item waaraan hulle deelneem,ongeag waar hul eindig.

6. Daar sal ‘n snoepie en ander stalletjies op die dag beskikbaar wees.

7. Die bekerwenners en wenspan sal Vrydag, 7 Desember, tydens ‘n spesiale saalbyeenkoms, aangekondig word.

ATLETIEKPROGRAMME

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Have the courage to say no. Have the courage to face the truth. Do the right thing because it is right. These are the magic keys to living your life with integrity.

– W. Clement Stone

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209