Skooldasse

Indien daar ouers is wat ekstra skooldasse het, sal ons dit baie waardeer as julle dit vir die kleredepot sal skenk of leen tot die nuwe dasse gearriveer het. Heelwat van ons nuwe ouers het laat weet dat hul kind/ers nie dasse vir die winter het nie en dat daar tans geen dasse in voorraad is nie. Eda is nie seker presies wanneer die dasse wat sy bestel het, hier sal wees nie. Ons hoop julle kan...

Nuusbrief van 1 Maart 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 1 Maart 2019 Tennis: Table View Dubbelstoernooi, WEG Vrydag, 1 Maart 2019 Gr.4-7 Swemgala Vrydag, 1 Maart 2019 Skaak: Inter-distrik proewe (Hoërskool Brackenfell High School, Rogland St, Brackenfell) Saterdag, 2 Maart 2019 Atletiek: Wes-Kaap byeenkoms, WEG (Dal Josafat Athletics Stadium, Groenheuwel, Paarl) Sondag, 3 Maart 2019 Eliam Kaunda (Terrein) verjaar Maandag, 4 Maart 2019 Beheerraadsvergadering Maandag, 4 Maart 2019 Fanie Viljoen skrywersbesoek Gr.7's 11:30 Maandag, 4 Maart 2019 Interne redenaarskompetisie Gr.3 Dinsdag, 5 Maart 2019 Interne Redenaarskompetisie Gr.4-5 Woensdag, 6 Maart 2019 Fotodag: Klas en Individueel Woensdag, 6 Maart 2019 Interne redenaarskompetisie Gr.6-7 Vrydag, 8 Maart 2019 Somersokkie Gr.5 - 7 Vrydag, 8 Maart 2019 NG Groote Kerk Kamp Gr.3 - 7 Vrydag, 8 Maart 2019 Gr.1 Uitstappie 08:00 - 11:00 Vrydag, 8 Maart 2019 Atletiek: SA kampioenskappe, WEG Saterdag, 9 Maart 2019 Marike Badenhorst (Sielkundige) verjaar Maandag, 11 Maart 2019 Gr.6 Lead4Life Conradieveld Maandag, 11 Maart 2019 Gr.7 Ek, Ons, Wêreld Dinsdag, 12 Maart 2019 Gr.6 Ek, Ons, Wêreld Dinsdag, 12 Maart 2019 Musiekkonsert Gr.1-3 08:15 Donderdag, 14 Maart 2019 Gratis sivvies Donderdag, 14 Maart 2019 Markdag vanaf 11:45 - 12:30 Donderdag, 14 Maart 2019 Skool sluit 12:45 Gr.1 - 3, 13:00 Gr.4 - 7 Vrydag, 15 Maart 2019 Skool sluit Vrydag, 15 Maart 2019 Gratis sivvies >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Verryking en blootstelling Ons het die jaar entoesiasties en geesdriftig met nog ‘n doel voor oë aangepak: Om die leerders van Laerskool Jan van Riebeeck bloot te stel aan meer diverse mense, kulture, ervarings, ens. Ons het die jaar begin...

Tweekamp WP-kampioenskappe en die pad vorentoe

Woensdagaand, 27 Februarie, het 14 van ons atlete deelgeneem aan die Tweekamp-Kampioenskappe by Parow atletiekklub. Dit was die groot prys vir atlete na baie oefening en opoffering tydens die seisoen. Ons atlete het ons naam baie hoog gehou en het fantasties presteer. Hier volg die uitslae: Adriaan Wessels (4de), Delmar Benecke (5de), Ruald Naudé (5de), Jana Olivier (3de), Ane Swanepoel (5de), Alexander Benecke (4de), Lourens van der Walt (7de), Albert Griesel (17de), Sophia Liebenberg (8ste), Cara Swanepoel (10de), Mari Swanepoel (7de), Isabella van der Walt (9de), Stephan Griesel (10de), John Willcox (6de) en Stef Mostert (1ste). Jana Olivier het 3de geeïndig en het 'n brons medalje ontvang. Mia Nortjé het 3de geeïndig en het 'n brons medalje ontvang. Stef Mostert was eerste en was gekroon as die WP-kampioen. Baie geluk aan Stef, Mia en Alexander wat almal hulle WP-kleure verower het. Dit was 'n uitstekende aand en almal het hulle beste tye gehardloop of geswem wat ongelooflik was om te sien. Die volgende byeenkoms is 29-30 Maart in Port Elizabeth waar ons leerders aan die SA's gaan deelneem. Ons wens vir hulle almal baie sterkte...

Verlore goedere

Het jou 7-8 jarige ‘n swart K-Way donsbaadjie met ‘n blou ritssluiter? Hoe seker is jy dit is in die kas by die huis? Of het pa dalk ‘n blou Woolies trui of grys First Ascent moulose baadjie by ‘n skoolfunksie vergeet? Hierdie is die tipe items wat al vier weke lank op die verlore goedere sigblad is en nog nie opgeëis is nie. Benewens hope sivvies is daar ook reeds 29 waterbottels, 28 kosblikke, 15 swemhanddoeke en 61 ongemerkte skoolklere items en dit groei weekliks. Items wat vir die eerste maal op 4 Februarie verskyn het, verskyn slegs tot Vrydag, 8 Maart, op die sigblad. Alles wat dan steeds nie opgeëis is nie, sal aan die tweedehandse klerebank of liefdadigheid geskenk word. Kliek asseblief op die SKAKEL of op die Verlore Goedere skakel op die skool se tuisblad en dui asseblief aan wat aan jou kind behoort. Die flukse graad sesse sal Woensdae en Donderdae oggende geïdentifiseerde items aan die leerders terugbesorg. Vir enige navrae stuur gerus ‘n e-pos aan...

Buitemuurse program vir 4 -12 Maart

Leerders het Donderdag 'n pienk bladsy met die buitemuurseprogram vir die laaste 2 weke van skool ontvang. Ons gebruik hierdie 2 weke om die leerders te leer ken vir die onderskeie sportkodes. Daar sal in die laaste week vir die rugby en hokkiespelers 'n kliniek gedurende die toegekende ure plaasvind. Die netbalkliniek sal eers later plaasvind. Leerders sal 'n volledige buitemuurse program ,asook die sportdatums vir kwartaal 2 & 3 in hul rapporte ontvang. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019-Buitemuurseprogram-4-12-Maart.pdf" title="2019-Buitemuurseprogram 4-12...

Krieketuitslae, 26 Februarie

Op Dinsdag, 26 Februarie, het ons O/9 A en B krieketspanne teen Reddam House gespeel. Die A-span het met 2 lopies verloor en die B-span met 8 lopies. Dankie vir 'n wonderlike seisoen manne, ons maak weer so in die 4de kwartaal.

O/11 Krieketwedstryd, 26 Feb

0/11 A Krieketspan het Woensdag, 26 Februarie, teen Laerskool Kampsbaai gespeel. Hulle kies om eerste te kolf en teken 95 in 20 boulbeurte aan. Taniel Webber neem 2 paaltjies vir sles 6 lopies. Ons slaan toe 87 in ons 20 beurte. Sebastian Maree teken 13 aan. Ons verloor ongelukkig die wedstryd met 9...

Kampsbaai Swemgala, 22 Feb

Ons swemspan het Vrydag, 22 Februarie, aan die Kampsbaai Swemgala deelgeneem. Hierdie gala is 'n aflosgala, dit beteken dat alle items wat plaasvind 'n aflos formaat aanneem. Hulle het nie hierdie jaar 'n algehele wenskool aangekondig nie, maar ons het 9 van die 28 items gewen. Die uitslae is aan ons in 'n PDF formaat gestuur sonder enige posisies wat toegeken is, daarom is dit na die tyd ingeskryf: [pdf-embedder...

Inter-Metro Skaakproewe, 1 & 2 Maart

Ons skool is bevoorreg om 8 leerders te hê wat aan die Inter-Metro Skaakproewe by Hoërskool Brackenfell gaan deelneem. Hulle sal die naweek vir hul WP klere kompeteer. Baie geluk en sterkte aan die volgende spelers: Emma Snijders, Melandi du Plooy, Louis Bosman, Petrus Bosman, Jan Karsten, Liezel Snijders, Bernard Lombaard en Keegan...

Tennistoernooi, 8 & 9 Maart

Yurich Daniels en sy span gaan op 8 en 9 Maart 'n tennistoernooi by ons skool aanbied. Almal wat belangstel kan na die ADVERTENSIE gaan vir meer besonderhede en hulle kontak.

WP atletiekkampioenskappe, 23 Feb

Dertien van ons atlete het Saterdag, 23 Februarie, aan die WP kampioenskappe by Coetzenburg deelgeneem. Dit het goed gegaan met die meeste van ons atlete, maar nie almal het dit gemaak om onder die top 3 te eindig en so vir hul WP kleure te kwalifiseer nie. Ons is baie trots op Danny Newton en Sophia Liebenberg wat beide vir verspring 3de geëindig het en so hul WP klere verwerf het. Hulle neem Saterdag in die Paarl deel an die Wes-Kaap byeenkoms. Ons wens hulle alles van die beste toe! Vir die volledige uitslae van die WP Kampioenskappe, volg die...

Tenniswedstryde, 27 Feb

Twee van ons tennisspanne het Woensdag, 27 Februarie, wedstryde gespeel. Die Gemengde A-span (Sebastian Boshoff, Katrien Stimie, Chiara Roodt en Darren Cloete) het hulle wedstryd teen Parklands Prep met 6 - 0 gewen. Die Gemengde B-span (Marcel Eygenberger, Daniel van Reenen, Neena Lonte en Luca Zulch) het ook 'n goeie middag gehad teen Elkanah House en met 5-1 gewen. Baie geluk julle! Ons het drie gemengde dubbelsspanne wat Vrydag, 1 Maart by Laerskool Table View aan 'n toernooi deelneem. Baie sterkte en geniet...

Verryking en blootstelling

Ons het die jaar entoesiasties en geesdriftig met nog ‘n doel voor oë aangepak: Om die leerders van Laerskool Jan van Riebeeck bloot te stel aan meer diverse mense, kulture, ervarings, ens. Ons het die jaar begin deur te fokus op Mense van Kaapstad wat op hul unieke manier 'n verskil in hul eie lewe, maar ook die lewens van ander mense maak. Mense wat hul uniekheid in die rede vir hul sukses omskep het. Hierdeur wil ons ons leerders bemagtig deur die nodige toerusting aan hulle te gee sodat ons goed gemanierde, sterk individue vorm wat eendag as volwassenes vir Suid-Afrika en die wêreld iets kan terug gee. Tydens kwartaal 1 het die aktrise Quanita Adams en entrepreneur Vusi Vokwana ons tydens saalbyeenkomste kom toespreek. Die iMadiba-gespreksruimte wat deur Erhardt Thiel ontwerp is en deur Zelda la Grange en Tom Moses geopen is, vorm nou 'n perfekte plek waar heelparty konfliksituasies en sienings reeds tussen leerders aangespreek is. Leerders moet geleer en gelei word om verskille te leer hanteer, want dit is tog 'n proses wat lewenslank neem om te bemeester. Verder het ons pasklaar programme deur ervare sielkundiges laat saamstel om aan ons graad 6 & 7-leerders tydens verskeie sessies aan te bied om verdere verryking en bemagtiging te verseker. Hierdie onderskeie programme strek vanaf kwartaal 1 tot kwartaal 3. Dit sluit perfek by die PSW/Lewensoriëntering-kurrikulum aan. Dit is vir ons werklik baie belangrik dat ons skool se waardes deur die hele skoolgemeenskap uitgeleef moet word en daarvandaan die program Ek, Ons, Wêreld. Aan die einde van kwartaal 2 kan ons trots terug kyk en sê dat...

Fotodag Woensdag, 6 Maart

Neem asseblief kennis van die volgende foto's wat op 6 Maart geneem sal word: 1) Alle individuele foto's 2) klasfoto's 3) Familie foto's 4) Seniorkoor foto 5) Juniorkoor foto 6) Suidoosterredaksie 7) Leerderraad 8) Graad 7 foto 9) Skolierpatrollie Algemene reëlings vir die dag: Maak asseblief seker u dogter/seun lyk netjies. Indien 'n leerders afwesig is, mis hy/sy dit ongelukkig. ALLE leerders kom met somer skoolklere skool toe, geen sportklere (pak dit in). Indien u seun/dogter 'n foto moet neem met 'n familielid, stel die juffrou en u kind ook in kennis. Geen leerders gaan gesoek word nie, ons is gedruk vir...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor